English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 505
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 450
topics: 781
replies: 12 387
views: 4 934 275
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Bietjie raad oor die keuse van 'n sleepvoertu

replies: 7
views: 13290
01 Apr 2008 @ 06:55:13 am
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008
Dit het tyd geword dat ek my 3000L Pajero vervang. Ek het 'n keuse tussen 'n Nissan Hardbody 3000D of 2.4 Petrol en ook 'n Ford of Mazda 2.5D. Ek het 'n Sprite Supreme karavaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2008 @ 13:16:09 pm
Willem
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 01 Jan 2007
Wynand koop jy tweedehands of nuut? Die 2.4 Hardbody val in dieselfde kategorie as die 2.6 Mazda, baie lui en uiters dors. Die 3liter petrol weergawe van die Hardbody se verbruik is beter as die 2.4 s'n. Doe 3lieter diesel Hardbody is ook heel skaflik Die 2.5 Mazda/Ford is 'n lieflike voertuig, maar jy gaan die krag van die Pajero mis. Miskien kan jy kyk na die 3lieter diesel Mazda/Ford, afhangende van die begroting Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2008 @ 14:11:20 pm
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008
Willem ek koop tweedehands, ek dink in die rigting van die Nissan 3000TD, my wa is groterig. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2008 @ 22:52:16 pm
Talla
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 28 Jan 2008
Experience: 17 years
Hi wynand. Het so pas vir my 'n Mazda drifter BT50 3000DCI aangeskaf tweedans en moet se het paas naweek saam vriende gesleep see toe met twee pentas en 'n Mazda 2.5TD. altwee het baie goed gesleep. die BT50 het net baie meer Nm wat help met die opdraandes. My antwoord is altwee puik net prysverskil. hoop dit help frans
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2008 @ 08:58:40 am
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008
Dankie Frans. Ek sal graag van iemand wil hoor wat ook met 'n Hardbody 3000TD al gesleep het. Groete Wynand
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2008 @ 14:05:51 pm
Hans
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 02 May 2007
Ek het 'n 2002 4X4 2.5TD Ford Ranger met 'n Dastec intercooler. Dis 'n ouer generasie 2.5 en lewer 242Nm. Die nuwer generasie het standaard 257Nm. Ek sleep elke naweek woonwaens uit die aard van my klein besigheid. Ek sleep groot en klein oor kort en lang afstande. Die Fordjie gee 6,5km/l as hy hard moet werk in die berge maar gaan tot 8,5km/l met 'n gelaaide Penta op die oop pad. Fantastiese voertuig, jy kan dit gerus oorweeg. Na 2 nuwe Colts wat in 6 jaar noot reg was nie is dit'n lekker ervaring om met krag en betroubaarheid te ry. Ek kan die Mazda en Ford 2.5 sterk aanbeveel. As jy naby Centurion bly kan jy gerus 'n draai kom maak dan ry ons 'n draai sodat jy kan sien waarvan ek praat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2008 @ 13:55:18 pm
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008
Ja nee Hans ek het nou van vele mense gehoor wat kla oor die Colt, en dis nes jy daar noem, betroubaarheid is tog die belangrikste punt. Mens wil nie teespoed oppad of van vakansie af optel nie. Ek dink ek sal van jou aanbod gebruik maak voordat ek 'n ander ryding aanskaf. Groete Wynand
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2008 @ 08:13:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
As ek jou kan raad gee sal jy nie fout maak deur die 2.5 Mazda of Ford te koop nie. Dit is 'n voertuig wat nie net genoeg krag het om meer as gemaklik karavaan te sleep nie die rat verhouding is van so aard dat jy met gemak jou spoed of momentum kan hou teen 'n opdraande uit. My onder vinding met die Nissan 3000TD is dat hy goed sleep as dit koelerig is soos bv in die oggend maar as die dag in ure aanstap en dit warmer word stoei die bakkie maar met 'n karavaan op sy stert en dan raak hy nogal dors vir diesel. Het nie self met hom gesleep nie maar 'n maat het gereeld saam gekamp met een. My Mazda het elke keer stof in sy oe geskop. Ek het opgegradeer na 'n Navara 2.5 Diesel en moet se dat die Nissan baie beter is as die Nissan 3000TD en die 2.5 Mazda of Ford. Ek sien jy noem elke keer die Nissan 3000TD en wil dus se dat jy al jou keuse gemaak het. Voor dat jy hom koop gaan ry die Ford of Mazda en as dit moontlik is Sleep jou wa in die dag waneer dit warm is dan gaan jy twee keer dink. Die Sprite Supreme is ligter as die Penta en my Mazda het die Penta gesleep asof hy 'n Venter waentjie was. Sterkte met die keuse. Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required