Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22147 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17887 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6350 |
Bostoe | 5513 |
BrianB | 5441 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2761 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2156 |
Chris Boucher | 2025 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1878 |
Nico | 1777 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1694 |
Dansan | 1533 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1352 |
George | 1281 |
Louvan | 1261 |
RichardJ | 1199 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 867 |
JohanMarais | 825 |
Piet Ford | 738 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 667 |
Benkie | 595 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
1Pierre2 | 450 |
Platinum Member | 250 + |
Harv | 424 |
Rare Breed | 423 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 280 |
Meerkat | 272 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 233 |
Bushbaby | 208 |
Trev1 | 201 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 187 |
elkerlyc | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Beveiliging van coolerbox teen ape...
More
Ek deel net vinnig iests wat ek gedoen het om ons cooler box teen ape te beveilig. Hulle was April hierdie jaar n groot hoofpyn vir almal toe ons by Berg en Dal gekamp het.
Ons sit eintlik alles in die karavaan, sak die dak maar los maar altyd die coolerbox net buite die deur met redelike dik rekke om, om teen die ape te beskerm. Hulle het ons gelukkig nog nie skade aan gedoen nie maar gesien hoe hulle n dame en haar man geteister het terwyl hulle wou kamp opslaan. Hulle kar deure was oop en hulle was langs die kar met die tent besig maar kon niks doen tot hulle later eers die deure toemaak nie.
Elkgeval, die rekke is vir my net n beslommernis en eendag sal ta se kind hom inelkgeval seker oopkry... daar is net ys, n paar biere, sap en dalk n bottel wit wyn in, maar hulle lyk my is net te nuskuurig om dinge uit te los.
Ek het by Chaimberlains van die staal clips gekry en een aan elke kant ge-rivet wat kan sluit of mens kan self clips deur sit en sodoende die boks met gemak beveilig.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Andries dis 'n chapperige idee. Lyk ook netjies!
Maar ek dink dis 'n kwessie van tyd dan gaan hulle daai een ook oopmaak. Die karnalies leer vreeslik vinnig. Ons het by Devoetpadkloof gesien hoe slim is die bobbejane al om goed oop te maak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Andries dankie vir deel verseker sal dit werk ja die flippen ape
Haak daai wa kamp bly koning
In Berg en Dal my camp fridge was raided by honey badgers (ratels)
They/it opened the velcro cover, unclipped the latch, removed the lid (precise angel required) and bit and stole a corner (quarter) of my frozen lamb pack.
When exiting the caravan that morning I noticed the fridge was open and lid missing (hanging by its cord out of sight )....
They also raid the park's dustbins jump in and make a hellava noise....
If there is a threat of monkeys, baboons or ratels, i tie rope around the lid ... so far that has worked.
Living the dream

Ja nee, ek het ook slottjies vir daai knippe gekoop, het my les geleer toe ek nog in my tent gekamp het, het ek 2 ratels in Maroela ontmoet. Dis eintlik n lang storie maar die verkorte weergawe is hulle het in my kombuisie ingekom my plastiek kruideniereskas oopgemaak, al my eiers op ge-eet, hap in die mielie pap sak gevat en elke sap boksie n hap gevat. Dan het hulle ook die clips van my National Loona oopgemaak maar gellukig nie die vrieskas oop gemaak nie. Ek het toe kombuis skoon gemaak en al die kruideniersware by Satara vervang in in my trailer gestoor. Eers het ek gedog ek het dalk net die yskas oopgelos en nie op knipgesit nie. Volgende aand maak ek seker hy is op knip, daai nag kom hulle weer en wragies knip hom oop maar gelukkig geen skade nie. Koop toe klein slotjies by Satara vir die yskas. Aand 3 kuier ek by mense so paar karavane verder, toe ek by my tent kom is my tent se zip so 3 cm oop gezip, dog weer dis net ek, toe ek oopmaak sien ek daar is piepie op die vloer, my klere is uit my sak en hulle het my laaste 2 blokkies sjokelade wat ek heel onder in my klere sak gebere het gekry en geeet. Toe ook my was-sakkie en medisyne sakkie is netjies oop gezip, nie geskeur nie, daar het hulle n hap in my tandepaste gevat en al my choleterol pille opgeeet.
So as julle in Maroela 2 ratels raakloop met wit tande en n lekker gesonde hartklop kan julle maar weet dit is my twee vriende. Hulle is ongelooflik slim. Van toe af sluit ek my tent as ek weg is en as ek slaap.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Wit tande en 'n goeie hardklop se jy. Ek sal op die uitkyk wees.
Goeie een daai.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek het al gesien dat die ou Rubber Slang metode op die dak werk ook nie meer vir hulle nie.
"DIE TEGONOLGIE" is te bevorderd volgens hulle.
By Weesgerus het ons die probleem gehad met Meerkatjies.
Hulle skuil agter die "Pad Barrier Blokke" terwyl jy kos maak, loer hulle so nou en dan om die blokke en sodra jy weg beweeg neem hulle oor as jy gaan stort.
Ons het op n tyd by die Oog gestaan wat n Nagmerrie was:-
Terwyl jy braai kom Bobbejane nader en dwing jou tot in jou Herberg met Braaier en al.
Ek braai nooit op n oord se braaier nie, slegs my eie.
Die laaste plek waar ons was het ons geensins probleme gehad nie, sekerlik van te veel slange in die omgewing.
Ek het 2x Boskatte aangeneem, gelok vanaf die Waterberg wat ons "Hans" groot gemaak het en het elke aand onder die karavaan geslaap.
Ons het nooit weer n probleem gehad van Bobbejane, Rotale en Slange nie.
Met onttrekking het Bure hulle voortaan gevoed, soggens en saans.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Goldengate het weer n Jakkals probleem. Hulle stap tot reg teen jou terwyl jy braai. As jy hulle jaag draf hulle net so 5 - 10 tree dan kom hulle weer. As ju by ablusie blok uitkom staan hulle op die drumpel van die ingang... Regtig nie n lekker ervaring nie. Ek was op n stadium bang hulle het honddollheid oor hulle so mak en arrogant was.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Die boskatte is wat hulle noem, 'n biologiese oplossing. Oulik!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek weet nie wat hulle kruising was nie, maar Rooikat bloed was definitief teenwoordig, naamlik hulle geigte, tande, ore en been hoogte.
Die een was feitlik n replika van n Rooikat volgens Pels kleur.
Die ander een swart/grys van kleur.
Alhoewel hulle hans grootgemaak is was ons maar versigtig om hulle te 'Cuddle'.
Voed soggens en agter middag was genoegsaam vir hulle en was werklik n bonus gewees om hulle by ons te gehad het.
Hulle het ook nooit probeer om binne die sytent in te sluip nie.
As ons kos in hulle bakke gesit het, het hulle slegs tot by die sytent se deur gekom en daar sit en wag vir hulle voedsel bediening.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Hyena trying to eat my braai grid in Shumba camp site in Hwange Zimbabwe.

Groete,
Paul
Ons hou maar alles wat eetbaar is binne in die woonwa. Vir kamp gebruik ons staal trommels en straps om die amo boxe.
Groete,
Paul
