English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 220
topics: 11 375
replies: 136 304
views: 39 261 394
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beter brandstof pryse binnekort ?

replies: 43
views: 501
28 Feb 2020 @ 22:51:29 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Tans is Brent ru olie op sy laagste prys vlak die jaar. Glo baie te doen met die Corona virus / epidemie

Gaan ons binnekort beter brandstof pryse sien en wanneer. Ook moet ons ingedagte hou dat met Tito se begroting toespraak het hy gese die brandstof heffing word verhoog.

Waar Los dit ons, wat gaan ons kry. Amper soos gee met die linkerhand en vat met die regterhand.

Wat dink julle ? Goedkoper brandstof Los n beter begroting vir n weg breek

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 06:43:03 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

ZAR - USD is tans swak....mik al vir R16 teenoor dollar wat weer negatiewe invloed gaan hê

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 08:37:46 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek glo nie ons gaan wesenlike bewegings in die brandstofprys sien nie.

Soos Geert bo noem, die Rand se wisselkoers is nie goed nie en met vooruitskattings beweeg hy negatief teen die $, € & £.

Enige voordeel in 'n verlaagde olieprys gaan hierdeur negeer word.

Ons kan dalk effe sterker Rand teen die £ sien soos die onsekerheid oor brexit toeneem. Maar ons koop olie in $.

Die 25c heffing op brandstof was 'n groot verassing aangesien ekonome 50c+ voorspel het. Maar steeds is die heffing 'n R20.50 duurder vir brandstof  per vol tenk. (82 liter tenk) Hierdie heffing gaan nie weggaan nie.

Ons gaan vorentoe ook weer derdeparty apart betaal. So ons gaan twee keer vir derdepartyversekering betaal. Die koste van derdepartyversekering was tyd gelede mos in die brandstofprys as heffing ingebring en aparte derdeparty betaling afgeskaf. Dit gaan jou vervoerkoste nog verder verhoog.

Solank as wat dieselfde skelms in beheer is, gaan ons op verskillende maniere al swaarder belas word en die brandstofheffings is die maklikste plek om baie addissionele inkomste te genereer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 09:04:09 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3103
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Die AA voorspel daling van 19c per lt petrol en 55c per lt diesel.

Maar ja, daar is ander magte hierby betrokke so ons moet maar wag en sien wat gebeur

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 12:44:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek glo nie ons gaan wesenlike bewegings in die brandstofprys sien nie.

Soos Geert bo noem, die Rand se wisselkoers is nie goed nie en met vooruitskattings beweeg hy negatief teen die $, € & £.

Enige voordeel in 'n verlaagde olieprys gaan hierdeur negeer word.

Ons kan dalk effe sterker Rand teen die £ sien soos die onsekerheid oor brexit toeneem. Maar ons koop olie in $.

Die 25c heffing op brandstof was 'n groot verassing aangesien ekonome 50c+ voorspel het. Maar steeds is die heffing 'n R20.50 duurder vir brandstof  per vol tenk. (82 liter tenk) Hierdie heffing gaan nie weggaan nie.

Ons gaan vorentoe ook weer derdeparty apart betaal. So ons gaan twee keer vir derdepartyversekering betaal. Die koste van derdepartyversekering was tyd gelede mos in die brandstofprys as heffing ingebring en aparte derdeparty betaling afgeskaf. Dit gaan jou vervoerkoste nog verder verhoog.

Solank as wat dieselfde skelms in beheer is, gaan ons op verskillende maniere al swaarder belas word en die brandstofheffings is die maklikste plek om baie addissionele inkomste te genereer.

Daar is altyd n vang plek. 

Die AA voorspel daling van 19c per lt petrol en 55c per lt diesel.

Maar ja, daar is ander magte hierby betrokke so ons moet maar wag en sien wat gebeur

Hier is die wortel.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 13:24:44 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

As ek reg is gaan fuel levy op met 25c op begin April 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 13:51:38 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ja. Ons moet die Maart pryse geniet. Van April is dit die wet van Transvaal.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 14:00:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As die Corona virus lank met ons gaan bly, gaan die aard van die ekonomie- ons s'n en die res van die wêreld, so drasties verander dat ons ons nie nou dit kan indink nie.  Dan gaan brandstofpryse, as ons dit kan kry, van baie minder belang wees as die beskikbaarheid van voedsel.  Ek is geen deskundige nie, maar ek hoop maar en ek verwag dat dit nie te lank sal aanhou nie, en dan kan ons weer na redelik normaal terugkeer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 22:26:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wel vir nou kan ons die daling kry wat die AA van praat. Die Rand het egter gister op 'n kol @ R15.80 verhandel waar dit die laaste 2 weke van Des 2019 tussen 14.00 en 14.40 verhandel het. Die grootste deel v d daling die laaste week is weer net 'n aanpassing nadat dit redelik gestyg het tussen 11 Feb en 21 Feb soos hier gesien kan word.

Die verlangsaming v d wereld ekonomie kan maak dat die olieprys verder daal. Die Rand kan dalk nog verder verswak. Dit gaan dus afhang watter 1 v d 2 beweeg die meeste. Ek glo daar sal met versigtigheid opgetree word as die Rand aanhou verswak.

Beweging v d Rand olieprys van Brent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 11:49:09 am
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 18 Sep 2019

Ek sê altyd vir petrol joggie maak vol. Ek wil al die duur brandstof uit ry dat dit weer moet goedkoop raak. Ek het nou spoed gekry dat my plan lyk my werk. Maar daar werk my plan nie as ek sien wat vir April maand voorspel wordlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 12:30:18 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Met die voorlopige verlaging in die dieselprys van +/-55c beteken dit dat die prys omtrent dieselfde sal wees as 04-2019 asook 06-2018. Dis die 2 maande wat diesel tot omtrent R14.60 gedaal het waar ek ingegooi het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 14:03:49 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Sjoe Danie. Ek hoop nie jy hou so boek van ons sondes hier op die forum nie. 😲

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 15:05:25 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe Danie. Ek hoop nie jy hou so boek van ons sondes hier op die forum nie. 😲

John nee geen boek word gehou nie. Ek kry maar 3000 finansiele instrumente se pryse elke dag. Dis ongelukkig nie soos DSTV wat ek kan kies wat ek wil he en net daarvoor betaal nie.

coolcool John weet jy van sondes wat jy hier pleeg? coolcool Ek praat nou nie v d Toy / Ford sondes nie coolcool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 16:49:07 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1545
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Die gewone verbruiker het niks te se nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 17:14:50 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

John nee geen boek word gehou nie. Ek kry maar 3000 finansiele instrumente se pryse elke dag. Dis ongelukkig nie soos DSTV wat ek kan kies wat ek wil he en net daarvoor betaal nie.

coolcool John weet jy van sondes wat jy hier pleeg? coolcool Ek praat nou nie v d Toy / Ford sondes nie coolcool

 

Danie. Ek wens baie meer mense op die forum plaas goeie inligting op die forum soos jy hier gedoen het 👍

En sonnes oppie forum ? Nei, nooitie, eks n soet outjie, vra ma almal. Genoeg pak gekry vroeer jare.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 17:58:53 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

verstaan nog nie die storie mooi nie

 

rand = dollar

Vatjie olie = X l [petrol / diesel]

 

so as R10 = $1

@ $45 pervat

= vat R450 = petrol prys van R10/ l

Nou hoekom is

R15 = $1

@ R30 pervat

=Vat R450  = Pertol prys van R11/ l

 

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 19:49:47 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Moet eerder nie probeer verstaan nie. Te veel ander syfers wat dit beinvloed soos o.a. die koste van verskeping wat dan nou baie meer kos as toe die R14.40=$1.

Wat wel van belang is is dat die prys van brandstof wel die rigting volg v d Rand olieprys.

Hoe verder mens terug gaan in die verlede hoe meer is die Rand olieprys en petrol prys glad nie in stap nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 19:52:01 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Petrol en Diesel moet gegooi word die regering soek geld melk petrol

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 05:28:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

verstaan nog nie die storie mooi nie

 

rand = dollar

Vatjie olie = X l [petrol / diesel]

 

so as R10 = $1

@ $45 pervat

= vat R450 = petrol prys van R10/ l

Nou hoekom is

R15 = $1

@ R30 pervat

=Vat R450  = Pertol prys van R11/ l

 

 

Kan hierdie een ook nooit onder die knie kry nie.....seker maar soustrein fondse?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 06:36:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek hoor ook nou geruime tyd op die radio dat olie se prys aan die daal is.  Sal maar net wag en sien om te kyk wat maak die petrol prys.

Dit is voorwaar 'n riem onder die hart as mens sien hoe swak beslissings in ons land oor die algemeen 'n invloed het aan die Rand /Dollar verhouding.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 13:04:33 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ongelukkig is dit van minder belang wat in SA aangaan. Die rede vir die Rand is suiwer die risiko wat mense loop met hul geld. Geld stroom nou in die Dollar in en riskante geldeenhede word vermy weens die virus. Dis weens die onsekerheid dat geld eerder 'n veilige hawe soek.

Dus die verswakking v d Rand word gedryf deur faktore dwarsdeur die wereld. Ons sal sien dat alle opkomende lande se geldeenhede verswak teenoor die $.

Hier is bv die voorspelling alreeds die begin van Januarie dat dit 'n slegte jaar gaan wees vir meeste opkomende lande.

Sixteen of the 20 emerging market currencies polled Jan. 3-9 were forecast to weaken versus the dollar in 2020 after having taken a beating for the better part of the previous two years.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 16:59:38 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Hoor vandag oor die RSG nuus dat die dieselprys Woensdag 4 Maart daal met 54c per liter.

Kommentatore reken daar het reeds onderverhaling ontstaan sedert die berekening gedoen is einde Februarie, met die olieprys wat reeds 'n styging begin toon die afgelope drie dae. Die R/$ verhandeling gaan, naas die brandstofheffing, die grootste impak op April se prys wees.

Danie se inligting oor die geldmarkte verhandeling vooruitskattings ondersteun hierdie siening.

Maar as ons sleep, dan sleep ons!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 19:06:08 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Net om so bietjie meer inligting te toon rondom my vorige plasing. Ons is so geneig om afleidings te maak rondom die kleiner prentjie van wat om ons gebeur met redes wat ons kan sien. Ons weet mos hoe sleg dit gaan. Natuurlik help die media ook nie om die kap agter die byl te sien nie want hulle is ook skuldig om nie artikels te skryf wat op feite gebaseer is nie. Dit verkoop mos goed.

Sou ons na die groter prentjie kyk sien ons dinge in 'n heel ander lig. Alle syfers gemeet teenoor die $. As ons bv ZA vergelyk met so paar ander opkomende lande sien ons dat slegs Sjina se geldeenheid minder gedaal het as die Rand se 11.5% met 10%. Met Aus se daling op 17%, Chile met 29% en Indie waar hul ekonomie baie goed doen met 12%.  Die US waar die meeste los geld beskikbaar is gee nie regtig om vir waarde en kan instrumente vinnig opjaag en laat daal as daar risiko is.

Die daling in die olieprys word ook grootliks beinvloed deur die sterkte v d US$ alhoewel sou die virus 'n resessie veroorsaak kan ons dalk olie onder die $40 per vat sien. 10-2018 was olie nog $85

Ons is maar net 'n klein tandjie in die wereldrat en word meegesleur.

So paar prentjies wat bogenoemde syfers aandui.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 08:43:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het 'n vermoede dat olieproduserende lande soos die Emirate dalk naas die Sjinese, die swaarste gaan kry as die viruskwessie lank aanhou.  Dubai se emir moes reeds 'n ruk gelede geld by sy buur-emiraat, wat ook sy neef is, leen toe oliepryse gedaal het.  En as Danie se voorspelling waar kom, wat ek dink goed moontlik is, gaan hulle nog swaarder kry. Benewens olie is toerisme ook 'n belangrike bron van inkomste vir die emirate.  As dié sektor dus ook minder oplewer, sal dit met hulle werklik sleg gaan.  Dit kan dalk die groot rederye, Emirates en Etihad negatief tref(hoewel Emirates nie aan die staat behoort nie) wat weer kan beteken lugreise gaan regoor die wêreld duurder word as hierdie twee rederye se kompetisie verdwyn.  Daar is 'n Sjinese vloek wat jy jou vyand toewens: "mag jy in interessante tye leef".  Voorwaar interessante tye vir ons almal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 20:19:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Fred hulle het darem luukse winkel sentrum. Vermaak ens en hulle het baie lank terug al besef olie gaan nie altyd geld inbring nie. 'n Baie goeie voorbeeld van ry die golf terwyl hy daar is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 06:24:19 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

En daar val die Brent oliepryse oor die naweek tot $32.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 08:36:41 am
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

And the R = $ falls as well to R16.27 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 08:45:41 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Of hulle speel Monopoly of ek moet terug skool toe om die ding bat ding te kan verstaan. 

Lewe hanteer ek met die "law of averages" sover moontlik. Hier lyk my hulle vat dit soos dit kom. 

As die miskiete die vorige aand pla affekteer dit wereld ekonomie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 09:32:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So sal ons as die verbruiker glad nie wen nie.  Altyd iets wat ons te na kom.  Wonder of die rand nou geval het weens die swak olie prys of omdat ander gevalle van die Corna virus in SA aangemeld is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 09:42:48 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5803
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Hulle verlaag die prys om die skok van die heffings minder te maak.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 10:59:46 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hulle verlaag die prys om die skok van die heffings minder te maak.

En daarna pryse n ekstra stap na bo

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 11:13:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die brandstof prys in SA sal nie sommer daal nie want die inkomste met die goedkoper olie prys al is die wissel koers 'n probleem is steeds baie hoog.

Sal maar sien wat gebeur in die toekoms.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 20:30:13 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Hulle verlaag die prys om die skok van die heffings minder te maak.

Opec het die prys verlaag en Rand het minder verswak as wat olie gedaal het so dis alles eksterne dinge weens die virus. Ons gaan maar net saam. Dis egter jammer dat pensioengeld ook erg af is weens aandele wat daal wêreldwyd 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:46:19 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek lees vanoggend die Sentrale Energiefonds sê die oorverhaling op petrol is nou 102 sent per liter en diesel 115 sent.  Die Brent olieprys het egter weer sedert sy laagtepunt gisteroggend met sowat 20% gestyg na $36.22.  Maar die Rand het ook weer sedert gister ietwat verbeter.  Dis nog vroeg en dinge kan nog baie gedurende die maand verander, maar veronderstel syfers lyk aan die einde van die maand soos nou, dan kan ons inderdaad groot verminderings in die pomppryse verwag ten spyte van die 25 send per liter verhogong in die brandstofheffing.  

Ek dink nie 'hulle' verander die pryse om politieke redes nie- dis maar 'n kwessie van die toepassing van formules en vooruitkattings. As dit die geval sou wees, sou dit ook tog logies gewees het dat die prys verlaag sou word in April wanneer die heffings inskop en nie 'n maand voorheen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2020 @ 13:58:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

The AA is predicting an increase of R1,20 in the petrol price, 22-25 cents in diesel for June 2020. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 08:18:18 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1453
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Three days to fill your tanks at this never to be repeated give-away price!

Thee AA has warned that the prices will get back to pre-lockdown levels over the coming months.

Good thing I filled the cruiser yesterday and saved nearly R 240.00 if I had waited till Wednesday.

 

Now the parks must just open up.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 20:13:33 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 385
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

This is Great,

We have had fantastic fuel prices  while we couldn't travel and now a lot of us can------- The prices go up again !!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 21:26:59 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 10 Mar 2015

This is Great,

We have had fantastic fuel prices  while we couldn't travel and now a lot of us can------- The prices go up again !!!

Very frustrating but that`s the result of supply and demand at its best!

I am still working and do benefit from the low fuel price, even the predicted 22-25 c/l increase for diesel is still acceptable for me.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2020 @ 19:03:11 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 624
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Die petrolprys verhoog met R1,18 en diesel met 21c en 22c.

Gas se prys styg met R1,98.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 13:43:25 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Terwyl ek gistermiddag gery het om die lisensies te hernu het ek besluit om sommer ook die gasbottels vol te maak en dan ook die kar vol te maak. Het laas in Maart diesel in gegooi.

Terwyl ek huis toe ry kom die lied van Laurika Rauch in my gedagtes. "Stuur Groete Aan Mannetjies Roux". 

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien ........

Nou wonder ek hoe lank gaan die vol tenk my hou.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 21:16:27 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Terwyl ek gistermiddag gery het om die lisensies te hernu het ek besluit om sommer ook die gasbottels vol te maak en dan ook die kar vol te maak. Het laas in Maart diesel in gegooi.

Terwyl ek huis toe ry kom die lied van Laurika Rauch in my gedagtes. "Stuur Groete Aan Mannetjies Roux". 

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien ........

Nou wonder ek hoe lank gaan die vol tenk my hou.

 

Hendrick,

Ek praat nou uit ervaring uit.

'n Vol tenk diesel hou gewoonlik tot hy klaar is. Hoe lank dit gaan wees, kan ek maar net saam met jou wonder.

Myne hou gewoonlik tot net na 'n prysverhoging.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 21:31:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hendrick,

Ek praat nou uit ervaring uit.

'n Vol tenk diesel hou gewoonlik tot hy klaar is. Hoe lank dit gaan wees, kan ek maar net saam met jou wonder.

Myne hou gewoonlik tot net na 'n prysverhoging.

Moenie alleen voel nie...ek sien my kar wys vanaand 70km cruise range oor. Dis nou van die tank volgegooi voor lockdown....gedurende Maart, so ek het ook nie eintlik voordeel getrek uit die goedkoper prys niewink

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 14:07:53 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 624
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Prysstyging van brandstof is as volg….

93 oktaan  R1,63

95 oktaan  R1,72

 Diesel

0,05 R1,73

0,005 R1,69

Gas R4,48 per kgg

Sorg maar dat julle voertuie vol is voor vannag 12 uur.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 18:38:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Prysstyging van brandstof is as volg….

93 oktaan  R1,63

95 oktaan  R1,72

 Diesel

0,05 R1,73

0,005 R1,69

Gas R4,48 per kgg

Sorg maar dat julle voertuie vol is voor vannag 12 uur.

Ek het gister 80l gegooi....darem R140 "besparing"

Gas is ook maar n rowwe verhoging

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za