Ek het al baie gewonder wat aanleiding gee tot die soms snaakse houdings van mense agter die stuurwiel. Kyk gerus hierna:
https://www.littlethings.com/driving-style-personality-quiz/5
Daar is twee wat uitgelaat is en waaroor ek nogal graag sou kommentaar hoor. Die eerste is die minibustaxi styl- die een waar die bestuurder die dak vashou asof dit gaan wegwaai en dan met sy linkerhand bestuur. 'n Variasie hiervan is om die regterhand bloot buite die deur te laat sak.
Die tweede een is waar die regterpols bo op die stuurwiel gehou word met die hand wat voor afhang. Soms moet die bestuurder selfs amper met sy rug teen die deur sit om dit te kan regkry.
Beide die twee style dra nie juis by tot veilige bestuur nie en lyk vir my gladnie gemaklik nie, so en verstaan nie hoekom dit so gedoen word nie.
Elkeen van ons het mos maar ons maniertjies, soos jy tereg opgemerk het.
Fred nog n styl wat vir my baie ongemaklik lyk is waneer die bestuurder se ruglening ver agter toe gestel word en die bestuurder aan die stuurwiel so te sê "hang" om te sien of indien hulle terug sit net-net oor die instrument paneel kan sien. Ongelukkig besef van die ander mororiste nie dat hulle aksies kan lei tot skade of selfs erger vir hulle mede pad gebruikers nie.
En wat van die wat 20Km/h ry met die neus teen die windscreen?
Het `n Mahindra gery en die ding het my amper die styl van elmboog by die venster geleer. Sukkel nou nog om dit af teleer.
As daar halfpad by die venster uithang word want sy aircon werk nie of iemand ry saam met stink voete en n omgekrapte maag.
Ek vermoed die dak-vashou styl by taxi-bestuurders het daarmee te make dat nog twee passasiers op die voorste sitplek ingedruk word, dus drie mense op die voorste bank. Die bestuurder het dus nie eintlik plek vir sy linkerarm nie en gebruik dus maar hierdie arm om mee te bestuur ! Dis ook hoekom die bestuurder dilwels met sy rug teen die deur sit
We notice more and more what may not really be a driving style, but more driving attitudes.
Driving while talking on a cellphone is very common, but driving with a cellphone wedged between your ear ( left or right will do ) and the matching shoulder is becoming very common. It also seems to be a very popular with drivers of very high priced cars. ???
Another is one I just can't seem to get used to,......and is practiced by all population groups, Old and young, male and female on bikes, small cars, big cars, SUV"s Trucks, Busses, YES !!! you are correct, It is the practiced skill of never stopping at a stop sign, and accelerating upto an Orange light.
Fred dan is daar die getatoeerde en behaarde arm van n roker met n vest aan wat by die venster uithang asof niemand dit sien nid en sy toppie by die verkeerslig laat val. Gewoonlik ook n oor-vet ou met spat-are op sy drank-bederfte neus.
Oor selfone voel ek ook sterk. Is dit regtig nodig om deurentyd te klets en as jy dan wil of moet, waarom het jy nie 'n handvrye stel nie? Dit is in elkgeval nog steeds onveilig. Om met jou vrou in die motor te praat en met iemand op 'n selfoon is twee verskillende dinge, so sê die kenners en so het ek ook self uitgevind. Jy konsentreer baie harder op die selfoongesprek. Ons was oppad na Klein Kariba toe my baas bel, so 'n klompie jaar gelede. Ek het 'n handvrye stelsel in die Kombi gehad. Toe ry ek verby die afdraai omdat ek op die oproep konsentreer. Dis maar een van baie gevaarlike dinge wat mense aanvang op die pad.
Ek dink ook ons moet eerder na bestuurshouding as bestuurstyl verwys soos Badger sê Goeie een Bak Oor!
Ek het al baie gewonder wat aanleiding gee tot die soms snaakse houdings van mense agter die stuurwiel. Kyk gerus hierna:
https://www.littlethings.com/driving-style-personality-quiz/5
Daar is twee wat uitgelaat is en waaroor ek nogal graag sou kommentaar hoor. Die eerste is die minibustaxi styl- die een waar die bestuurder die dak vashou asof dit gaan wegwaai en dan met sy linkerhand bestuur. 'n Variasie hiervan is om die regterhand bloot buite die deur te laat sak.
Die tweede een is waar die regterpols bo op die stuurwiel gehou word met die hand wat voor afhang. Soms moet die bestuurder selfs amper met sy rug teen die deur sit om dit te kan regkry.
Beide die twee style dra nie juis by tot veilige bestuur nie en lyk vir my gladnie gemaklik nie, so en verstaan nie hoekom dit so gedoen word nie.
Hou maar by my 10 oor 10 hande op stuurwiel.

Fred, ek dink dit gaan maar oor die "immage", ...Laat die poepolle seker maar belangrik voel.
Ek het alles van die bestuur style al gesien.
Is maar seker die een of ander gewoontetjie wat hy by Pa geleer het.