English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 567
Total Views: 83 541 588
topics: 438
replies: 4 226
views: 1 489 132
Talk about the current road conditions throughout the country

Beste roete vanaf Phalaborwa na Polokwane

replies: 12
views: 162
20 Jul 2021 @ 16:03:05 pm
Blaar
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 30 Aug 2018
Middag almal. Ek beplan 'n karavaanvakansie in die Kruger. My plan is om bo by Punda Maria in te gaan en by Phalaborwa hek uit te gaan. Wat sal die aanbevole roete wees tot in Polokwane? 
Ek sleep 'n Jurgens Classique en kan dus nie sommer net uitswaai vir slegte padoppervlakke nie.
Julle insette sal waardeer word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 16:35:06 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Die pad vanaf Phalaborwa tot Polokwane 

Phalaborwa - Gravalotte  R71

Gravalotte T junction Turn Right  to Tzaneen  R36

Tzaneen - Polokwane choise off 3 roads

Via Duiwelskloof  R36  left on R526

Via Magoebas kloof  R71 bergpass  (my keuse)

Via  R523  left on R71 at Haernsburg

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 16:49:58 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek sal ook soos Swanie so ry tensy jou sleepvoertuig baie swak is.  Die Duivelskloof (nou Modjadji's Kloof) is die minste steil maar loop deur 'n gebied waardeur ek nie graag ry nie. Swaar vragmotors gebruik dit gewoonlik.  Mogoebaskloof is die steilste maar ek het dit verskeie kere met 'n 2.1L Kombi met 'n Sprite Supersport uitgery, wel groot ente in eerste rat.  Die R325 is die sogenaamde George's Valley pad en ietwat makliker as Magoebaskloof maar die deel deur die kloof waar verbygaan baie moeilik is, is heelwat langer en swaar vragmotors maak ook van hom gebruik.  Op Magoebaskloof kry jy nie juis vragmotors nie. Ek het nie onlangs enige van die paaie gery nie, so ek kan nie sê hoe die oppervlaktes is nie, maar Magoebaskloof minstens is gewoonlik in 'n goeie toestand.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 17:10:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wag vir Chris Boucher, Hy is tans by Die Eiland, en sy kinders het nou die pad terug gery.

Len kan dalk ook help hulle is terug by die huis.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 17:11:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Die pad vanaf Phalaborwa tot Polokwane 

Phalaborwa - Gravalotte  R71

Gravalotte T junction Turn Right  to Tzaneen  R36

Tzaneen - Polokwane choise off 3 roads

Via Duiwelskloof  R36  left on R526

Via Magoebas kloof  R71 bergpass  (my keuse)

Via  R523  left on R71 at Haernsburg

My aanbeveling ook.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 17:29:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ons het April Magoebaskloof gery....hier en daar kort pad aandag, maar niks ernstigs nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2021 @ 19:04:42 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek verkies Magoebaskloof. Die pad is in die algemeen in 'n uitstekende toestand. Ek het dit op 21 & 22 Junie gery toe ek my dogter moes lughawe toe neem in Johannesburg.

My seun het afgelope Vrydag hier vanaf Eiland Spa vertrek met sy Penta (sleepvoertuig is Hilux 2.8 Auto) en het gevind die pad ry heerlik.

Ek het op 30 Apr die Modjadjiskloof-roete vanaf Polokwane afgekom. Dit is nie so steil nie, maar a.g.v. padwerke sal ek dit nie weer oorweeg nie. Twee jaar gelede het ons dieselfde roete gery en moes by Munnik wegdraai op 'n lang ompad via Soekmekaar a.g.v. protes-optrede op die pad.

Oordink ook maar jou toegang na Punda indien jy oorweeg om Punda-hek te gebruik. Dit is ook 'n pad wat gereeld deur protes-optrede onbegaanbaar is. Ons moes in Mei via Pafuri-hek terugkeer Punda toe nadat ons noodwendig in Louis Trichardt moes kom. Ons kon die oggend nog die pad tussen Punda-hek en Louis Trichardt ry, maar dit is later gesluit. Die Pafuri-hek roete via Tshipise is 'n goeie alternatief.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 08:58:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16584
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Die pad vanaf Phalaborwa tot Polokwane 

Phalaborwa - Gravalotte  R71

Gravalotte T junction Turn Right  to Tzaneen  R36

Tzaneen - Polokwane choise off 3 roads

Via Duiwelskloof  R36  left on R526

Via Magoebas kloof  R71 bergpass  (my keuse)

Via  R523  left on R71 at Haernsburg

In Gravelote 100m voor die T- aansluiting is 'n slaghuis aan die regter kant.

BESTE BILTONG IN DIE LAND is hulle advertensie.

Moenie daar veby ry nie.  Hulle chilli-bites is fantasties! ! ! ! !

Verder die roete wat ek aanbeveel is via Magoebas kloof.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 09:06:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

In Gravelote 100m voor die T- aansluiting is 'n slaghuis aan die regter kant.

BESTE BILTONG IN DIE LAND is hulle advertensie.

Moenie daar veby ry nie.  Hulle chilli-bites is fantasties! ! ! ! !

Verder die roete wat ek aanbeveel is via Magoebas kloof.  

Ek het uitgekyk vir hulle....gedink dis in Mica.....ek het hulle ongelukkig misgekyk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:25:07 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Leon ek stem hulle biltong lekke paar keer gekoop as ek my ma in Phallas opgetel het en dan ATKV Eiland toe gaan hulle tbone steak loop soos stroop

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 11:25:45 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Ek vergeet probeer hulle woere wors gerus hy loop

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 15:33:19 pm
Blaar
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 30 Aug 2018

Dankie aan almal vir julle bydraes. Dit help beslis. Ek het 'n paar jaar (so 14jaar) gelede die R523 gebruik en toe was dit darem nog nie so besig nie. Sal beslis die Magoebaskloof opsie vat. En ja, Leon, ek maak 'n nota van die biltong. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 15:37:26 pm
Blaar
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 30 Aug 2018

Dankie Chris, ek gaan hoeka Tshipise toe voor ek Punda toe gaan. Ek sal maar bel en uitvind voor ek vertrek van Tshipise af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za