English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 925
topics: 418
replies: 4 067
views: 1 484 463
Talk about the current road conditions throughout the country

Beste roete na Punda Maria

replies: 12
views: 1054
16 Jan 2020 @ 20:21:21 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 54 years
Naandsê, beste wense aan almal vir 2020.
As ek reg gekyk het is die onderwerp laas middel 2019 bespreek dus vra ek asb vir terugvoer van die van julle wat meer onlangs die roete/pad gery het. Ons sleep oor paar maande (buite seisoen) ons Sensation van Jhb na Punda Maria. Alle Krugerpark besprekings is in plek. Wil onderweg iewers oorslaap vir n nag en vroegtydig daar bespreek as dit nodig is. 
So wat is beste roete op noorde toe tot by Punda Maria asook aanbevole oornagplek met veiligheid, rygerief padtoestande, ens in ag genome? Dankie by voorbaat
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 05:44:57 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ons beplan om in April in BelaBela en dan via Louis Trichardt by Tshipise te oornag. Dan is ons lekker vroeg by Punda Maria. As jy van Johannesburg of Pretoria ry dan kan jy seker direk Tshipise toe. Zvakanaka by Louis Trichrdt is ook baie lekker, maar dit is ‘n entjie van Punda Maria af.

Ek verneem ook graag of daar ‘n beter roete of blyplek is.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 07:09:51 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 712
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

Dup, al wat ek kan se is Punda is 'n juweel.  Ek dink wel jou Sensation gaan baie knap inpas.  Maar as hy staan gemaak is gaan julle 'n awesome tyd he. Punda voel rerig asof jy die enigste mense in die wereld is en nie asof daar nog 'n hele wildtuin verder aan is nie.  Ons het dit baie geniet.  Julle moet dit baie geniet.  Die loop om die kamp is baie mooi. Ons het deurgery, 12:20 die aand en het net na 6 die oggend daar gestop.  So het baie vroeg opgeslaan. 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 08:16:09 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Dup, ons het all all die roetes gevolg, deur Giyani, Thohoyandou, Elim/Kahasane en dit bly n' gevaarlike stuk van die roete. Die beste/veiligste is Phalaborwa, oornag by Phalaborwa Safari Park en dan deur die park en Shingedzi.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 09:42:36 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Op na Tshipise waar jy oorslaap en volgende oggend kan jy maklik teen 08hoo by Punda Maria wees...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 11:41:20 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years

Ek het albei roetes soos hierbo genoem gedoen, ek persoonlik verkies om Phalaborwa oor te slaap Safari park dis by die hek,vroeg op te ry na Punda, baie rustiger.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 18:33:54 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 127
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 25 years

David

Al wat ek kan sê is, moenie die roete oor Elim - Vuwani ry nie.

As ek weer direk Punda toe gaan sal ek die R 524 vanaf Louis Trichardt vat.

Anders 'n paar aande by Tsipise en dan via Pafuri hek.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 21:59:11 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek kies nie meer Punda as my eerste kamp nie vanweë die beperkte roetes om vroeg by die kamp uit te kom.  Maar as dit moet, sal ek ook op die N1 ry tot by Louis Trichardt en vandaar reguit Pund-hek toe.  Baie spoedbeperkings en die rit verloop nie vining nie.  Jy kan wel by Bandelierskop (35km anderkant Pietersburg) oorslaap by Lalapanzi Hotel wat oor 'n klompie karavaan staanplekke beskik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2020 @ 08:16:33 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1302
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Om vanaf Phalaborwa tot Punda te ry is 'n hengse stywe trek teen wildtuinspoed. Alle roetes se "pro's & cons" in ag genome, bly my voorkeur om by Tshipise te oornag en die volgende oggend by Pafuri-hek in te gaan. Laasgenoemde is jou veiligste opsie t.o.v. vermyding van talle klein gehuggies, spoedbeperkings, spoedwalle en ontwrigting van verkeer a.g.v. "riots".

Die laaste keer wat ek direk tot Punda gery het, was soos Len hierbo voorstel (vanaf Louis Trichardt direk na Punda-hek), maar dit is 'n frustrerend-stadige roete - met redelik gereelde betogings.

Verlede jaar het ons ook by Phalaborwa ingegaan, maar eers een nag elk in Letaba en Shingwedzi oornag voordat ons vir 8 nagte in Punda gekamp het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2020 @ 11:34:44 am
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 54 years

Baie dankie vir al die insette.

Ons het al die Phalaborwa opsie gedoen op verskeie maniere o.a oorslaap by hek en by Letaba en/of Shingwedzi onderweg na Punda Maria. Selfs paar dae vroeër by huis weg en eers by Die Eiland gestaan om by Phalaborwa in te gaan.

Ons het al kuier kuier van onder uit wildtuin af op gery boontoe en weer uit in suide.

Nog nooit egter via die provinsiale paaie in noorde na Punda gery nie en gedink ons wil dit tog n slag doen.

So aan die hand van al die insette en veral die laaste een van Chris het ons besluit om by Tshipise te oornag en by Pafuri-hek in te gaan. 

Mooiloop, mooiry en lekker kamp almal!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2020 @ 14:10:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Lekker kamp en veilig ry.

Baie dankie vir al die insette.

Ons het al die Phalaborwa opsie gedoen op verskeie maniere o.a oorslaap by hek en by Letaba en/of Shingwedzi onderweg na Punda Maria. Selfs paar dae vroeër by huis weg en eers by Die Eiland gestaan om by Phalaborwa in te gaan.

Ons het al kuier kuier van onder uit wildtuin af op gery boontoe en weer uit in suide.

Nog nooit egter via die provinsiale paaie in noorde na Punda gery nie en gedink ons wil dit tog n slag doen.

So aan die hand van al die insette en veral die laaste een van Chris het ons besluit om by Tshipise te oornag en by Pafuri-hek in te gaan. 

Mooiloop, mooiry en lekker kamp almal!

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb 2020 @ 12:42:11 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 54 years

Dagsê.

Ek het nog n vraag veral vir die van julle wat onlangs nog by Tshipise oorgestaan het.

Hoe is die fasiliteite en algemene staandaard van infrastruktuur by die oord? Is dit moeitewerd om paar dae daar oor te staan oppad na Pafurihek?

Ons was nog nie voorheen by Tshipise nie.

Ons het paar dae tot ons beskikking voor ons by Punda Maria moet inklok en gedink om meer as een nag op Tshipise oor te staan maar weet nie wat om daar te verwag nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb 2020 @ 14:21:11 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hi David, Ons het laas jaar in Junie vir n' week in Tshipise gekamp. Die faciliteite is goed en ek dink die plek is goed bedryf. Dit was baia besig in die winter vakansie en dit het geweemel van kinders. Ons het daarheen gegaan omdat ons klein kind saam was en die plek is perfek ingerig vir die kleingoed.

Ek sal nie somer weer vir n' vakansie daarheen gaan nie en definitief nie tussen September en April nie. Vir een of twee nagte kan ek dit aanbeveel.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za