Hallo al die kampers.
Ek wil beplan om Des maand van die Kaap bietjie in Natal te gaan kamp. Ek kyk na Salt Rock, Rocky Bay en of Scottburgh of selfs TO strand? Wat sal julle voorstel wees. Ek het 2 kinders van 10 en 11 om besig te hou. Hoeveel reen kan mens verwag? Wie het ervaring van hierdie oorde.
Dink julle dis wys om te bespreek met Covid? Die oorde by die kus raak nou duur.
Groetnis
Dewald
Die oorde wat jy noem is almal baie mooi, maar December in Natal is gewoonlik nat.
Ons gaan elke Desember / Januarie vir ten minste 3 weke Natalse kus toe. Daar was jare wat ons net 1 dag reen gehad het....ander jare bietjie meer. Ons is tans 2 weke by die see en het 2 volle dae reen gehad. Wind is soms n groter irritasie....maar verskil ook van jaar tot jaar....so dis moeilik om vooruit te voorspel, maar oor die algemeen is ver oormeerderheid dae strand vriendelik.
Met kinders hang dit af of hulle besig gehou moet word of sal hulle hulself geniet met strand alleen....noordkus oorde soos Dolphin en Salt Rock reel niks vir kinders nie, maar kinders geniet dit vreeslik. Oorde soos ATKV Natalia, Karridene, Villa Spa, Happy Wanderers ensovoort het volle program vir kinders. Al gesien dat kinders so graag aan alle oord programme wil deel neem, dat hul nie eers strand toe wil gaan nie. So....daai een is elkeen se eie besluit hoe hulle hulself wil laat vermaak en daarvolgens kies.
Ek glo die COVID sal dan oor wees.
vra hulle wat as COVID nog gevaar is hoe hulle die bespreeking sal hanteer
Dit lyk my die Suidkusstrande is mooier en meer geskik vir swem as die op die Noordkus. Scottburgh is na my smaak bietjie oop en onveilig. TO Strand is puik. Ek het nie persoonlike ondervind van die kampgeriewe in die twee noordelike oorde wat jy noem nie.
Ons het toe die kinders nog in die huis was elke Desember Dolphin to gegaan, ons het dit vreeslik geniet en die kinder wou na geen ander plek toe gaan nie. On is ook vir einde Feb bespreek in Dolphin, hoop die strande sal oop wees.
Nog gladnie by die see gekamp nie.
For kids of 10 and 11 Bazely beach Mac Nicols resort is fantastic to keep the kids entertained in the day and many evenings, you will hardly see them other than to eat. The resort is on a lagoon, there is a trampoline, volley ball rink añd a games room and 2 swimming pools and there is a tractor with trailer ride every day to a lovely beach. Ian Mac Nicol and his son organise daily activities themselves. It is a very safe resort and has gaurds patrolling the camp at night.
Salt Rock and Rocky bay are very picturesque sites but dont have kid entertainment
Plekke soos TO, Happy Wanderers, Karridene, Natalia, Villa Spa is goeie opsies oor Desembers.....hulle strande word nie so oorgeneem deur locals op publieke vakansie dae nie.
Dewald, indien ek in jou skoene was sou ek nie eers twee keer gedink het nie. Ek sou plek by TO Strand bespreek het.
Jy het nou wel nie 'n see uitsig nie, maar dit is 'n paradys vir kinders sowel as volwassenes. Hulle het student wat die kinders besig hou.
Ander fasiliteite is: 2 swembaddens, Putt Putt, Volley bal, Tennisbane, speletjieskamer, speelpark vir kinders asook 'n ontspanningssaal.
Daar is geen strate of treinspore om oor te steek om by die strand te kom nie.
Die oord is baie netjies en veilig. Hou net in gedagte dat hul slegs blokbesprekings gedurende Desember aanvaar.
Sterkte met jou besluit wat jy moet neem.
My drie meisiekinders almal nou getroud het net ATKV Natalia op hulle lysie gehad oor April Mei vakansies hulle was soms so besig met die pret program dat hulle nie eers strand toe was nie nie