We are resident in Pretoria and will be camping in August at Punda Maria in die KNP.
Which of the following routes would be best to get there?
Ek is meer bekommered oor die veiligheidsaspek as die padtoestand.
Roete 1: Polokwane, Phalaborwa hek - slaap oor by Forever Karavaanpark Phalaborwa, afstand buite Park 485km, afstand volgende dag binne Park na Punda 201km.
Roete 2: Polokwane, Giyani,Punda hek, afstand buite Park 490km, afstand binne Park 9km.
Roete 3: Louis Trichardt, Thohoyandou, Punda hek, afstand buite Park 496km, afstand binne Park 9km.
Roete 4: Louis Trichardt, Tshipise, Pafurihek, slaap oor by Forever Tshipise, afstand 450km na Tshipise,volgende dag 100km na Pafurihek, en 70km binne park na Punda Maria.
Enige advies is welkom.
Hi Rob we have only done route 4 twice 2018, 2019 and left on a Sunday from Alberton.
Road is in good condition and no protests but you PAY toll fees. Stayed a few days at Tshipise and moved on to P Maria and the rest of the park( 4 rest camps) exited at Crocodile bridge and Malelane .
I f you do go this route stop and alight at the Luvuhu bridge in terms of tranquility its the best place in the park.
Enjoy your trip
Ek sal Roete 4 neem....
Ek ook.
Met opsie een het jy 'n lang pad deur die wildtuin - tensy jy oorweeg om oor te slaap in bv Shingwedzi (wat ons al twee keer gedoen het).
Opsies 2 & 3 het ons ook al gery - maar nie weer nie.
Ek moes noodwendig verlede jaar in Louis Trichardt kom toe ons in Punda gekamp het. Ons is by Punda-hek uit - waar ons gewaarsku is om nie met Thohoyandou terug te keer nie a.g.v. protes-aksie. Die oggend was hulle nog nie aan die gang nie omdat ons hek-oopmaaktyd gery het. Ons kon oral die getuienis van absolute vernielsugtige optrede die vorige dag sien - bome, klippe en sandwalle oor die pad en selfs 'n sloot wat oor die breedte van die pad gegrawe was.
Ons is aangeraai om met die terugkeer via Pafuri-hek te ry. Watter lekker en mooi roete.
Oproer kan enige plek enige tyd in die land voorkom, dit weet ons mos almal, so vind maar uit wat die posisie is so kort as moontlik voor jy vertrek. Onthou ook dat 'n lang rit in die wildtuin nie noodwendig negatief is nie. Jy is immers in die widtuin besig met 'n besigtigingstoer. Dit begin tog nie eers as jy nou karavaan staangemaak het nie.
Ek hoor presies wat jy sê Fred t.o.v. oproer wat ter eniger tyd op enige plek kan voorkom. Maar hoekom sal ek die risiko neem om 'n berugte pad te gebruik. En bowendien kan omstandighede baie vinnig verander - ten spyte van jou navraag, wat nie altyd maklik is tydens jou vakansie nie.
En wat 'n lang afstand in die wildtuin aanbetref - jy kan nie 'n rustige besigtigingstoer geniet as jy gedruk is vir tyd om jou volgende bestemming te bereik nie. En verder hiertoe - poog om so vroeg as moontlik by jou kamp aan te kom ten einde 'n beter kans te staan om 'n lekker staanplek te kry.
As jy teen 50 kpu ry met jou karavaan, is jou kanse baie goed dat jy wonderlike "sightings" gaan mis. En om met 'n karavaan te "reverse" om iets wat jy skrams in jou oog gesien, beter te sien, is maar 'n moeilike situasie.
Gevolglik is my beleid om afstande kort te hou ten einde rustig te kan ry en steeds relatief vroeg by my volgende kamp aan te kom.
Maar soos voorheen gesê - elke ou soen sy vrou op sy manier.
Jou eniste keuse is dus om by die Pundahek in te gaan. Jy kan daar kom oor Thohoyando of Giyani. In beide gavalle ry jy lang afstande deur baie plattelandse gebied met heelwat verkeer en bestuurders wat nie noodwendig baie versigtig ry nie. Beide ggebiede het ook al onluste ervaar so as jy dit wil vermy, sal beide seker nie vir jou aanvaarbaar wees nie.ok naby Phalaborwa is die padtoestand maar dieselfde en daar was ook al onluste. Oor Tsipise is die pad ook ver deur plsttelandse gebied. Ek is nie bewus dat daar al onluste op die pad was nie , maar ek kan dit nieas n feit beweer nie. Ek is bevrees jy het nie n aanvaarbare manier om by Punda uit te kom nie. My gevoel is dat ons in n land woon waar periodieke onrus gebeur maar ons moet daarmee saamleef en in gedagte hou dat dit nie altyddie geval is nie. As ons in vrees leef, is die lewe net nie meer die moeite werd nie.
Geniet oom Paul se tuin ja die roetes soentoe nie altyd maklik om te kies nie
Ons het in January by Phalaborwa in gegaan en by Shingwedzi oornag. Het goed gewerk.
Ek ry teen maksimum 25 kpu in die wildtuin. Omdat ek rekord hou sedert 1987 weet ek dat my gemiddelde spoed net meer as 17 kpu is (besigtigings-stoppe ingesluit). Gevolglik het ek vir myself 'n aller-maksimum afstand van 125 km tussen kampe en of hekke vasgestel. As 'n reël gebruik ek die naaste hek aan die kamp waarnatoe ek op pad is.
Met my "issues" romdom die roetes na Punda Maria-hek, hetsy via Thohoyandou of Giyani, gebruik ek eerder Phalaborwa-hek. Tydens my laaste twee lang-kuiers in die wildtuin het ek beide kere in die noorde by Punda Maria my kuiers begin. Maar ek het beide kere een aand elk in Letaba en Shingwedzi oorgeslaap voordat my ware kuier in Punda begin het. Daarvandaan suidwaarts tot Shingwedzi vir my volgende kuier, dan Tsendze. Omdat ek nie 'n groot aanhanger van die Letaba-omgewing is nie (alhoewel ek dink dit is een van die mooiste kampe in die wildtuin), bly ons gewoonlik slegs 1 aand oor in Letaba op pad Satara toe waar ons weer ons kuier voortsit - want die afstand tussen Tsendze en Satara is vir my standaarde te lank.
Opsieq1. Meer tyd in die wildtuin en baia veiliger