English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 981
Total Views: 83 205 492
topics: 4 494
replies: 30 775
views: 17 435 779
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 178
replies: 182
views: 15 884
topics: 5
replies: 27
views: 8 108
Nahoon Municipal Caravan Park
Eastern Cape, East London
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Besoek aan Oos-Londen

replies: 10
views: 915
08 Jan 2020 @ 15:37:48 pm
HennievL
Bronze Member
44% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 14 Jan 2019

Ek beoog om in Februarie 2020 die eerste keer Oos-Londen te besoek.  Graag verneem ek welke van die volgende 3 kampe julle sal aanbeveel:

1  Nahoon Munisipale karavaanpark

2  Gonubie Vakansieoord

3  Nature's Rest

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 16:30:29 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Welkom op die Forum...

Yellow Sands Karavaan Park, alhoewel dit nie op jou lys voorkom nie.

Die ander genoemde plekke het al verskillende probleme ondervind.

Waar het jy die inligting van die drie plekke gekry, en waarom is hul gekies ? 

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 17:25:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9708
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

Was nog net daar in n B&B en dit vir werk.

Sal nog eendag daar met die wa uitkom.

Edge ek sal jou vorentoe kontak as ek vergeet van die plek daar.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 17:31:28 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Hennie, ek was so 4 jaar gelede by Gonubie, maar daar is geen sekuriteit nie. Die "mense" het sommer deur die park geloop sonder dat hulle gekeer word. Trouens toe ons met laagwater in die rivier op stap was daar 3 plakkers hutte langs die park op die rivier se wal. Ek sal ook eerder Yellow Sands aanbeveel.

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
09 Jan 2020 @ 07:17:29 am
HennievL
Bronze Member
44% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 14 Jan 2019

Baie dankie manne vir jul kommentaar.  Ek het maar die plekke op die internet gekry.  Ek is bewus van Yellow Sands maar dit is verder weg van Oos-Londen.  Volgens kommentaar op Google lyk dit nie of daar juis probleme by Nature's Rest is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 12:22:57 pm
227rev
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 09 Oct 2013
Experience: 20 years

Yellow Sand is wel bietjie uit die stad maar by verre die beste. Ek het nog nooit by Gonubie gekamp nie maar elke keer wanneer ons daar inloer (en ek loer gereeld daar in - laaste keer Junie ‘19) lyk dit maar aardig.

Ek mag verkeerd wees maar ek dink ek het al van misdaad probleme gehoor my Natures Rest. Wat my persoonlike pla is die feit dat hulle redelik naby is aan ‘n besige pad en naby ‘n area wat baie besighede het. Die ontvangs dame het ‘n klompie jare gelede vir my oor die foon gesê die strand daar het al misdaad probleme gehad.

Glo my ry maar bietjie verder en gaan na Yellow Sands, jy sal nie spyt wees nie. In my mening seker die top oord in die land. Ander opsie is Palm Springs. Het 2017 laas daar gekamp en was nie te sleg nie. 

Suid-Vrystaat groete. 

Stefan. 

Revelation 22:7
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 13:48:51 pm
HennievL
Bronze Member
44% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 14 Jan 2019

baie dankie Stefan.  Ek waardeer jou kommenaar en oorweeg Yellow Sands nou streng.

 

Gauteng Groete

Hennie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 15:16:54 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2231
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons het verlede jaar April vir 3nagte by Gornubie gestaan sonder enige probleme. Daar was bouwerk deur die dag vir nuwe kantoor en swembad maar saans was dit stil. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 16:09:44 pm
HennievL
Bronze Member
44% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 14 Jan 2019

Dankie Jan

Groete

Hennie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 20:14:40 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Soos hierbo genoem, is die strand 'n probleem by Natures Rest en Securiteit by alby Gonubie en Nahoon. By albei, moet jy ook die strand deel met ander mense. Dit is nie privaat strande, vir die verskillende oorde nie. Natures Rest is net so ver van die Winkels, as wat Yellow Sands is.

Yellow Sands is Privaat strand en het ook Rivier, indien jy boot wil gebruik. Veiligheid is ook van die beste in die land, en ek het nog nooit gehoor van goed wat daar vermis geraak het. Daar is goeie Spar, Tops en Slaghuis naby Yellow Sands - omtrent 7 km, sowel as plekke om uit-te-eet.

Jou besluit...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 06:07:27 am
HennievL
Bronze Member
44% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 14 Jan 2019

Baie dankie.  Ek waardeer jou kommentaar en aanbevelings.  Yellow Sands hier kom ons.

Groete

Hennie

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za