English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 285
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 080
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Beskerm jou Steadies so.

replies: 12
views: 3073
24 Nov 2016 @ 14:07:50 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek lees vroeer oor die rol skaats wielietjies wat op die steadies (bene) gesit word om dit te beskerm. Ek het juis my steadies laas week vervang en die onderwerp het my laat dink wat ek dalk moet doen.

Na ek mooi na dit gekyk het is daar twee dinge by my wat krap met rollertjies

1. Daardie rollertjies gaan in modder of sagte grond weg sink.

2. Sit jy n plaat of hout onder dit sal jou karavaan nie stil staan buiten as jy dit net agter doen op jou wa. 

Ek sal eerder dink dat jy jou steadies oorspronklik moet hou vir goei vastrap en stabiliteit wanner jy kamp. 

Dus is my idee soos volg wat ek hier onder met n skets wil verduidelik en aandui om daai bene agter te beskerm in beweging. Monteer die rollers langs die bene op die agterste x member en versterk die x member agter soos wat jy sal doen as jy n ligte tow bar aan sit. Maak seker die rollers is nader aan die grond as wanneer die bene opgedraai is.

Sal jul terugvoering wardeer ?

 

 

 

 

 

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 14:38:57 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Lyk goed op die skets John.
Ek DINK die idee van die wielitjies, is om hul onder te sit, sodat as die steadies afgedraai word, dat hul voorentoe wys en nie op die grond is nie. Hul sal dus nie onstabiliteit veroorsaak nie, maar indien hul grond raak terwyl hul op is, sal die wielitjies rol vir minder wrywing teen die hindernis.
Ek het myne heeltemal afgehaal en bre hulle in die "nosecone".
Hul is dus heeltemal uit die pad uit.
Hul word afgeklip as ek wil ry en dan weer opgeklip as ek die wa wil parkeer vir kamp.
Ek het die "Heavy Duty" tipe wat vir herwinning gebruik kan word, of die omruil van 'n pap wiel.
By ges, my wa is van die "Off-Road" tipe.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 15:09:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Jou idee klink vir my baie goed!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 15:26:46 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1039
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

My Sprite SC Off-Road karavaan se "voetjies" is heel uit die pad uit - geensins nodig om dit te verander in 'n Checkers trollie nie!!!!foot-in-mouth

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 16:49:50 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

John

Daar is nie al die karavane wat hierdie probleem het nie.

Die probleem lê by die onderstel, die steadies is onder daai agterste balke en as jy die rollers nie onder dit sit nie gaan jy probleme kry volgens my.

stress-analysis.jpg

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 17:27:51 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Soos dit vir my lyk na hierdie gesprek is dat dit dalk net die waens is waarvan die afstand vanaf die wiele na die agterkant groot is soos byvoorbeeld die exclusives en elegances.. en waarvan die chassis so is dat die stert gedeelte laag is.
Die lang sensation waens, sou hulle ook di probleem he.????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 17:32:49 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
John ek hou nogal van jou idee. Wat ek oor wonder is as die wa nou agter op die rollers druk, moet die chassis sterk genoeg wees om dit te akkommodeer. Anders druk die wiele op die grond of wal, lig die wa nou op om die counter te akkommodeer. ?
Wat s julle. ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 17:59:14 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

John, Ek dink jou idee het meriete.  Op Johan (oom Koos) se twyfel: Ek dink as die pote die grond tref, oefen dit waarskynlik krag uit op dieselfde plekke as wat John se rollers sit en jy loop dan ook die gevaar om jou onderstel te buig of die pote af te skeur. Die rollers sal egter die skade beperk omdat dit rol en nie weerstand bied anders as die pote wat afgeskeur kan word.   As jy stadig die bult oor ry, behoort die skade in elkgeval minimaal te wees indien enigsins op die balk waar die rollers gemonteer is.

John, Laat weet as jy dit implementeer en stuur fotos. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 18:12:42 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sou dit dalk help as mens die voet gedeelte van die steady herontwerp.
Eks biki dom met prentjies op die forum (of op enige ding) teken.
Wat van ... van agter gesien breer voetstuk met wielietjie in die middel en twee plate aan die kant. Wiel gedeelte so paar mm laer as voete.
Dan sal wiel nie noodwendig in sagte grond wegsak nie.
Sodra kans voordoen, gaan ek biki probeer.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 19:37:23 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johan, Die probleem sal, soos John sê, wees dat die karavaan sal kan beweeg as die wieletjies op 'n harde oppervlakte staan, soos 'n geplaveide staanplek. Daar is sekerlik maniere om dit ook te keer.

Jou voorstel is 'n wysiging van die skaatsplankwieletjies van 'n ander draad.  Ek dink John se idee is 'n interresante oplossing en die probleem en die wegsak in sagte grond wat John noem, is m.i. nie juis 'n problem nie.  Die idee is net om oor hobbels te keer dat die pote nie sleep nie.  Die wieletjies sal presies in lyn met die opgetrekte pote moet wees om effektief te wees.  As die grond so los is dat die wielietjies wegsak, is dit waarskynlik ook so sag dat dit dan nie skade aan die pote sal veroorsaak nie, of is ek nou dom?  As die wieletjies breed genoeg is, en daar is geen rede om hulle nie breed genoeg te maak nie, sal hulle ook waarskynlik nie wegsak nie.  

Ek het dit nie meer nodig met my huidige wa nie, maar met my vorige Sprite Sport het ek 'n hele paar plastiek en aluminium voetstukke agter afgebskeur, so ek verstaan die probleem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 20:35:05 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Frederik 

ek en jy is op die selfde draad. Ek gaan vroeg in Januarie die materiaal begin voorberei. ek dink aan n aanskrof stelsel van Domex staal wat meer buigbaarheid het as gewone staal het, ligter ook en n wiel wat goed vertoon.

Soos Nico se, die stelsel moet beslis nie jou wa soos n checkers trollie laat lyk. Sal vroeg in die komende jaar terugvoering gee. Ek wik en weeg met n paar onterp idees en sal dalk dit integreer met n sleep stang. gaan beslis voort met die idee

Dankie almal vir die terugvoering sover

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2016 @ 14:33:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Goeie idee, sal nie op die Xplorer werk nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Nov 2016 @ 17:13:57 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Dit is een van die goed wat ek sal moet leer om na te kyk. Die off-road karavaan wat ek verkoop het was hoog van die grond af.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required