English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 245
Total Replies: 249 070
Total Views: 83 118 894
topics: 219
replies: 3 558
views: 88 022
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Beskadig onstabiele krag toevoer jou toestelle?

replies: 21
views: 425
31 Dec 2019 @ 10:56:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek moes al verskeie toestelle wat nog bitter min gewerk tydens kamp al vervang het. Ysmasjiene het ek al 2x van gehad wat ek nie meer vervang nie. Ketels word ook op n gereelde manier vervang. Gister het ons ketel weer gegroet. Ons wou nou die Snappy Chef gebruik, maar kan nie.....die masjien skakel af na paar sekondes en wys dan error 4. Ek het gaan kyk in handleiding.....error 4 verwys na onvoldoende Volts supply. Kan dit veroorsaak dat jou toestelle oppak? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 11:04:43 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ja elektronise toerusting in baie sensetief vir lae krag.  Hou nie van krag onder 210 volt nie ook nie van krag bo 250 volt nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 11:14:58 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek moes al verskeie toestelle wat nog bitter min gewerk tydens kamp al vervang het. Ysmasjiene het ek al 2x van gehad wat ek nie meer vervang nie. Ketels word ook op n gereelde manier vervang. Gister het ons ketel weer gegroet. Ons wou nou die Snappy Chef gebruik, maar kan nie.....die masjien skakel af na paar sekondes en wys dan error 4. Ek het gaan kyk in handleiding.....error 4 verwys na onvoldoende Volts supply. Kan dit veroorsaak dat jou toestelle oppak? 

Geert, dis welbekend dat parke se toevoer op sy beste maar eina is en in baie gevalle redelik fluktureer. Veral as die park redelik vol is en dan ook met baie mense wat alles van die huis af saambring. Ek het al mense gesien wat 'n volgrootte wasmasjien en tuimeldroeer saambring, en selfs 'n skottelgoedwasser. Dan is een van die groot sondebokke daai klein oond joppies wat twee vol kookplate ook het. Dit laat die krag gereeld trip, en sodoende kan dit ook "surges" veroorsaak wat nie goed is vir bv yskaste nie (veral die met kompressors). Ek prop as 'n reel niks in voordat ek nie my los rooi Ellies prop (die ene met die LEDs wat wys of die bedrading minstens OK is) en ook vinnig die spanning meet. Ongelukkig help dit nie vir daai mesne wat dink hulle kan alles inprop nie. En dan ook parke waarvan die bedrading nie aan regulasies voldoen nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 11:34:51 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Klein korreksie ingeval van 'n misverstand....die Ellies prop wys slegs of die polariteite en aarde reg is. Ek gebruik sommer 'n multimeter om gou die spanning te toets, minstens gee dit 'n ballpark lesing. Beurtkrag is ook 'n groot sondebok met surges, ek hou maar die skedules byderhand (gebruik 'n App daarvoor) en skakel yskaste en ander sensitiewe goed af voor die krag afgaan. Sodra dit weer aankom wag ek so 'n paar minute en skakel dan weer die goed aan. Moet egter byvoeg dat ek nie lekker byt daaraan dat 'n ketel sommer sal groet nie...Danie sal sekerlik ook sy insig hier deel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 14:02:00 pm
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Geert, deesdae is electroniese toestelle we kragbronne so ontwerp dat hulle van 100V tot 250V kan werk. Toestelle wat direk van mains werk soos ketels, aircons, yskaste kan nie lae spannings hanteer nie (<190V) Ook nie hoe spannings nie (>250V). Ek check die spanning met n chinese in prop metertjie as dit onder 200V gaan sit ek die toestelle aff.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 16:41:13 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 475
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Selfs hierdie gereeldee power surges van Escom beskadig toestelle. Ek het hierdie jaar 'n wasmasjien, yskas en DSTV decoder verloor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Dec 2019 @ 18:36:51 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

We have never had any appliances burn out as a result of low voltages as yet. Luckily we camp during " pensioner hours" so most camps are relatively empty when we camp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2020 @ 19:42:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9424
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Was by n kamp wat die volt tot 47vt gaan.

Ou langs ons het dit gemeet en oord wou dit nie glo nie.

Niks wou werk nie l, nie eers waaier nie.

Ysmasjien niks ys nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 00:18:34 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4795
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wel soos genoem het ons al baie die aircon probleem besprrek weens lae krag. Ek is ongelukkig v d ou skool wat glo al maak elektroniese goed gebruik van hul eie "switch mode" kragvoorsiening het ek al 'n nie te goedkoop laptop adaptor verloor weens lae/hoe krag. Selfs hierdie toerusting hou nie van skielike veranderings nie. Ek stem ook saam met Jorg dat suiwer weerstands toerusting soos 'n ketel/stoofplaat nie sal ingee op lae volts en kort "surges" behoort ook nie 'n probleem te wees want dit hou nie lank aan nie.

Dis wel moeite om voor Loadshed reeds mens se krag af te sit en eers so 10 min later aan te sit maar dis waar voorkoming beter as genesing is. Baie afwyking vind plaas juis as die krag aankom.Ek is nie so seker as 'n sekere deel afgesit woord dat daar surges deurkom nie want die krag gaan net af en kom nie aan en weer af nie. Dit sou fataal wees.

Met bogenoemde in ag geneem kan ek darem noem dat ek net van 3 items bewus is wat ek in oor die 40 jaar verloor het wat met lae/hoe krag of weerlig verband hou. Ek was dalk net gelukkig.

Op die platteland het ek gereeld onder 190V gelees by my ouers. Eskom het kom toets en gese daar is niks fout nie. Mense het daar gereeld yskaste en TV "verloor" wat ek glo direk verband gehou het met lae spanning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2020 @ 09:55:34 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek verbeel my ons het dit al bespreek en verskoon dus as ek myself herhaal.

Ek maak gebruik van 'n eenvoudige, redelik goedkoop "voltage protector"  om die inkomende krag na die karavaan af te skakel as die krag te laag daal of te hoog styg.  Beide perke kan gestel word soos verkies.  Wanneer die krag terugkeer binne die gestelde perke, skakel die krag weer outomaties aan.

Ns.  Dit is nie die heelwat duurder "voltage regulator" nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2020 @ 13:12:27 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4795
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dis hoe mooi konstant die krag in ons woongebied is. Die hoogste was net voor 6h00 vanoggend op 228V en die laagste 220.6V om 8h28.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2020 @ 22:26:22 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Danie hier by ons in Brackenfell is die krag ook redelik stabiel, altyd in die omgewing van 235V.  Ek het nou net gou gaan kyk, 236V.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 06:03:47 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis hoe mooi konstant die krag in ons woongebied is. Die hoogste was net voor 6h00 vanoggend op 228V en die laagste 220.6V om 8h28.

Wat veroorsaak dalings in Volts? Oorlaai?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 12:00:08 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

4 uur vanoggend het ons volts tot NUL gedaal,tot weer 6 uur. By die Kerk was dit gelukkig aan maar toe die dominie 10 uur Amen se toe is die volts weer NUL. Wonder wat se oom Jakob hiervan , sy belofte was mos daar sal NOOIT weer beurtkrag wees nie. Toe gaan staan en FIRE hulle hom.!!!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 12:30:56 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4795
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wat veroorsaak dalings in Volts? Oorlaai?

Geert dit kan die hele Eskom stelsel wees wat daal maar in kort is dit suiwer die spanningsval oor al die geleiers. Vir elke ekstra amp wat getrek word sal daar 'n daling wees al is dit baie klein.

In hierdie geval (08h28) kan dit wees dat winkels oopgemaak het en sekerlik is daar wel fabrieke wat alreeds werk. So ook almal wat opstaan en kosmaak.

Weens die feit dat die Eskom netwerk onder druk is kan 'n deel ook aan die netwerk toegeskryf word.

Sou mens bv net die spanningsval vat tussen die stadsraad konneksie en jou huis sal jy reeds sien dit daal as jou geiser aankom of mens bv die stoofplate of oond aansit. Jy kan dit maklik sien deur net jou kragmeter in 'n prop by die huis in te prop naby jou stoof en die stoof aan te sit. Jy kan ook jou ketel gebruik om te sien hoe dit daal. So sal jy bv direk na 'n stort kan sien die volts is laer as jou geiser aan is as bv voor jou stort mits die geiser wel op temp was voor jy gaan stort het. As die geiser bv vir 'n 30min aan was voor jou stort dan behoort dit wel op die termostaat temp te gewees het.

By my munic konneksie in die muur by my huis vandag wissel dit tussen 226.6V en 223.8V as ek bv my ketel van 2000W aansit.

Nou dat ons weer LS het sal dinge meer wisselvallig wees op die hele Eskom netwerk. Ons beurt is weer vanmiddag van 17h00 af.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 12:33:29 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4318
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Lyk my loadshedding is terug. Krag af van  9 uur tot 11 uur.

Wonder wat is die verskoning die keer. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 22:04:24 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4795
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Hendrik dis blykbaar 'n vervoerband by Medupi. Kan ons dit glo? Ek weet nie. Ons het na hul stage 2 aangekondig het die oggend se LS gemis maar wel vanaand gehad vir 21 ure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 10:12:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hendrik dis blykbaar 'n vervoerband by Medupi. Kan ons dit glo? Ek weet nie. Ons het na hul stage 2 aangekondig het die oggend se LS gemis maar wel vanaand gehad vir 21 ure.

Lyk my loadshedding is terug. Krag af van  9 uur tot 11 uur.

Wonder wat is die verskoning die keer. 

Die ou wat die krag aan en af skakel is terug van verlof af.

laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 10:15:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My yskas het my 'n klomp geld gekos toe ons terug kom van Merry pebbles af.  Die 3 Des 2019 was hy uit 2 jaar waarborg uit.

Ek hoor mens kan die kostes van die stadsraad af terug eis.  Ek het bewyse dat die krag vele kere af en aan was as gevolg van kabel diefstal en 'n kat wat erens verkool was .

Weet iemand van so iets en waar die eis ingedien kan word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 13:06:14 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Middag manne, jy kry 'n standaard "surge plug" by enige goeie elektriese winkel. Ek het vir elke impliment in my huis so 'n prop gekoop, dis ongelukkig effens duur. Jy vervang jou huidige prop daarmee. En dan kry jy ook 'n "surge" prop wat jy in die muur sit en waarop jy jou eie proppe kan sit met "double daptors." Hy is ook duur. (Beide kos so R175 elk)

Die "surge plug" gaan nie DADELIK aan wanneer die krag onstabiel is nie, ook nie wanneer die krag weer aangaan na 'n load shedding nie en neem tot ties sekondes om seker te maak die krag-voorsiening is stabiel.

Dit verhoed dat jou impliment rukkerig aangaan.

Vra maar net vir ' "surge plug."

Ou Brommer sal dalk ook hier beter advies kan gee.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 20:19:24 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4795
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

My yskas het my 'n klomp geld gekos toe ons terug kom van Merry pebbles af.  Die 3 Des 2019 was hy uit 2 jaar waarborg uit.

Ek hoor mens kan die kostes van die stadsraad af terug eis.  Ek het bewyse dat die krag vele kere af en aan was as gevolg van kabel diefstal en 'n kat wat erens verkool was .

Weet iemand van so iets en waar die eis ingedien kan word.

Leon as daar so iets is sal ek maar begin deur v d aanlyn stelsel by E-Tshwane gebruik te maak. Ek wonder net of jy wel die nodige bewyse het wat sekerlik gemeet sal moet word waar die krag by die kompleks inkom anders kan daar aangedui word die fout was in die kompleks tussen jou konneksie en die hoof konneksie.

Met Eskom was daar wel so stelsel maar daar het mens 'n duidelike kontrak gekry wat die voorwaardes uitspel. Maar al was dit in plek sou mens 'n "recorder" wat ge-eik was moes as bewys indien. Iets wat nie veel mense oor beskik het nie. Heelwat makliker vandag met die beskikbare tegnologie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 20:37:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My yskas het my 'n klomp geld gekos toe ons terug kom van Merry pebbles af.  Die 3 Des 2019 was hy uit 2 jaar waarborg uit.

Ek hoor mens kan die kostes van die stadsraad af terug eis.  Ek het bewyse dat die krag vele kere af en aan was as gevolg van kabel diefstal en 'n kat wat erens verkool was .

Weet iemand van so iets en waar die eis ingedien kan word.

Gaan versekering nie kostes dek nie? Miskien makliker roete indien wel.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za