English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 776
Total Replies: 269 593
Total Views: 83 853 915
topics: 12 297
replies: 149 334
views: 39 664 897
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Berg en Dal overbooking / skelm campers

replies: 20
views: 516
01 Apr, 2022 @ 15:49:29 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

I have lately seen reports of campers arriving at Berg en Dal and not being able to get a campsite even though they were booked. I am not sure if the KNP allows overbooking or if this is a case of illegal camping.

Het iemand dit onlangs ondervind en wat kan 'n persoon daaroor doen?

Enige wenke of advies sal waardeer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 16:33:17 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Ek dink dis skelm kampers.  Moontlikhede is :  1.  Bespreek vir Malelane en glip dan by B&D in want Malelane het niks nie.   2.  Is op pad uit, is eintlik nog bespreek by 'n ander kamp en oornag by B&D voordat hulle die KNP verlaat.  3.   Kom in en ander kamp is te ver en oornag dan by B&D.   4..  Moet skuif, wil nie en bly sommer langer in B&D.   5.   Dan is daar diegene wie meer as 'n 12x12 staanplek opneem met sy "plakkerskamp" wat hy oprig  -  was nogal 'n ere-wagter wat so 'n dorp by die ablusieblok in Satara opgerig het.

Daar is geen bestuur van die kampterrein nie.     Het soiets nog net in Shingwedze raakgeloop en dan is dit eintlik net om te kyk wie het betaal vir die grensdraad staanplek. 

Sterkte.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 16:51:11 pm
Willie54
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 29 Dec, 2009
Experience: 46 years

Dit is mense wat nie skuif soos hulle moet .Hulle staan by Laer Sabie moet skuif na Skukuza  ,maar dit gebeur nie .Hulle ry net Skukuza toe, net met sy voertuig , boek daar in, ry weer terug Laer Sabie toe en kamp net verder daar.Dit is soos skelm mense dit doen, want daar is geen ander naam vir hulle.

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 18:13:04 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ons het laasjaar net 1x aand bespreek by Berg &Dal. Dit was so lekker daar, dat ons nog 2x aande wou staan. Ek kon nie staanplek op hul website gekry het nie. Ek het toe kantoor toe gegaan en vir hulle gesê ek wil 2 dae ekstra staan. Sonder vrae het hul my kaart geswipe en ek was geboek vir nog 2x aande

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr, 2022 @ 20:30:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Sal dit nie oor my hart kry nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr, 2022 @ 17:01:31 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

I am camping at B en D in May. Hope it's not the case when we arrive.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr, 2022 @ 18:20:51 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ons het laasjaar net 1x aand bespreek by Berg &Dal. Dit was so lekker daar, dat ons nog 2x aande wou staan. Ek kon nie staanplek op hul website gekry het nie. Ek het toe kantoor toe gegaan en vir hulle gesê ek wil 2 dae ekstra staan. Sonder vrae het hul my kaart geswipe en ek was geboek vir nog 2x aande

Daar was egter toe ook mense wat genoem het dat hul nie staanplek kon kry nie, maar niemand het op daai 4x staanplekke tussen ablusie en ingangspad regs gestaan nie....miskien weet mense nie dis staanplekke nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr, 2022 @ 18:24:08 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ook al gesien dat mense met groot set-up kom, soos karavaan en 2x tente ....staan dan so wyd voor teen grensdraad dat hul 2x staanplekke in beslag neem. Plekke is nie altyd mooi afgemerk nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr, 2022 @ 19:39:58 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1604
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Ook al gesien dat mense met groot set-up kom, soos karavaan en 2x tente ....staan dan so wyd voor teen grensdraad dat hul 2x staanplekke in beslag neem. Plekke is nie altyd mooi afgemerk nie

Of glad nie afgemerk nie - soos verskeie kampe in die wildtuin. Ek dink aan Punda, Letaba, Maroela en Berg-&-Dal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 08:23:31 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hulle doen dit bittermin om besprekings na te gaan. Ek wil nie kamp en kort kort oor my skouer loer nie. Wonder hoeveel keer dit regtig gebeur dat mense so "on-eties kampeer" ....ek hoor altyd ook maar net van, maar wie is die mense....as jy daar kamp en weet van so n geval, gee hom aan....is al hoe dit gestop gaan word.

Op social media word daar net heeltyd melding gemaak van mense wat dit doen en daarmee wegkom.....ek dink as daar op social media voorbeelde geplaas word van mense wat uitgevang is, sal dit vinnig stop

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 08:35:16 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Die probleem is hoe weet jy dis 'n skelm kampeerder?  En indien jy wel so iemand aangee, wat is die kanse dat daar iets aan gedoen sal word?  Dit is lekker om self jou staanplek uit te soek op plekke soos Shingwedzi eerder as wat daar 'n staanplek in 'n netjiese ry aan jou toegewys word- dit voel meer ongerep- maar ongelukkig word daar deur assosiale blikskottels misbruik van  gemaak. Die oplossing sal wees dat staanplekke afgemerk en toegeken sal word, maar dis moeite en dit sal nie gebeur nie.  By baie oorde soos ATKV Eiland, moet jy op 'n sekere tyd jou toegewyste staanplek ontruim en dit gebeur nie eers altyd nie.  Ons het eenmaal by Eiland aangekom lank nadat ons staanplek oop behoort te wees en die mense wat tot toe daar gestaan het, was steeds op die plek.  Ons het 'n ander, minder goeie, plek gekry en die mense (in 'n Sherpa Tiny) het eers die middag uitgetrek.

Dis sulke mense wat kampeerders se aansien besoedel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 08:58:37 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Al paar keer gesien dat daar paar staanplekke oop is in parke wat volgens stelsel vol moet wees. Miskien is hulle bewus van probleem en maak daarvolgens miskien net 95%, of wat ook al, vol, om voorsiening te maak hiervoor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 09:38:17 am
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2110
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ons het al all die maniere gehoor en gesien waar kampeerders die swakheede van die Wildtuin kamp bestuur uitbuit. Hulle is nie eens almal hier genoem nie. En ek gaan hulle ook nie noem nie. Die probleem is dat die kamp bestuur nie juis belang stel om beheer oor die kampeerders uit te oefen nie. Solank hulle hulle geld ontvang het kan die kampers maar maak soos hulle will. Die enigste kamp waar ons beheer gesien het was Tsendze. Jy het daar n' spesifieke staanplek nommer waarop jy moet staan. Een van 32 staanplekke. Daar is twee permanente kamp opsigters wat dit oorsien. Shingwedzi het heining staan plekke (staanplek 1 tot 29) en dan die res. So nou en dan kom personeel en check of jy reg staan.

In piek seisoen het ons in Satara en Punda Maria ondervind dat die eere wagters n' draai maak en jou bespreeking koroleer met n' offisieele lys wat hulle het. As jy nie daar mag staan nie moet jy die volgende dag uit die Wildtuin wees. Hulle gooi jou uit.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 10:06:11 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis goed so.  Hulle behoort sulke mense vir 'n jaar of twee op 'n swartlys te plaas en hulle toeganbg tot Sanparke in die tyd te weier.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 11:11:29 am
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2110
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ek het by my Pa geleêr. Vra jouself altyd die vraag, "As almal doen wat jy nou doen, sal dit gahos wees? As die antwoord "Ja" is moet dit nie doen nie.

"Karma is n' Bitch"

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr, 2022 @ 11:13:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ek het by my Pa geleêr. Vra jouself altyd die vraag, "As almal doen wat jy nou doen, sal dit gahos wees? As die antwoord "Ja" is moet dit nie doen nie.

"Karma is n' Bitch"

Gaan sukkel vir pary omte verstaan.

Hulle saai elke dag gaos.

Maar Paul, jou Pa was reg.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 08:44:18 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Kom ek vertel julle van my opinie.

Ons het al vir n lang ruk in die Kruger in AL die kampe gestaan, sê maar so vier aande per kamp. Ons het GESIEN hoe mense eenvoudig hulle aande verander. Ek het nog NOOIT iemand by enige hek gekry wat my ge-check het nie. As ek vir 20 aande in die Kruger bespreek het moet ek bloot sorg dat my IN en UIT datums reg is, wat tussen-in gebeur word nie beheer nie. Ek kan bloot drie aande langer staan in n kamp en drie aande korter in die volgende kamp.

Geen beheer nie! Niemand stap in die kamp rond en kom check jou papiere nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 10:17:48 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Kom ek vertel julle van my opinie.

Ons het al vir n lang ruk in die Kruger in AL die kampe gestaan, sê maar so vier aande per kamp. Ons het GESIEN hoe mense eenvoudig hulle aande verander. Ek het nog NOOIT iemand by enige hek gekry wat my ge-check het nie. As ek vir 20 aande in die Kruger bespreek het moet ek bloot sorg dat my IN en UIT datums reg is, wat tussen-in gebeur word nie beheer nie. Ek kan bloot drie aande langer staan in n kamp en drie aande korter in die volgende kamp.

Geen beheer nie! Niemand stap in die kamp rond en kom check jou papiere nie.

Wonder soms of dit nodig is}om in te book by die tussen kampe.....kan mens nie net by laaste een gaan uitcheck om papiere te kry om KNP te verlaat nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 10:33:13 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek dink die meerderheid kampeerders is Kruger is mense wat die reëls gehoorsaam.  As dit nie so was nie, sou die populêre kampe soos Letaba oorvol gewees het en ander dolleeg.  Die onwettige kampers is maar dieselfde mense wat, as almal op die snelweg staan en wag om by 'n bottelnek verby te kom, in die geelbaan verby jaag en voor gaan indruk. Dis die soort mense waarmee ek nie vriende wil wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 12:42:35 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2110
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ek glo ook die roof kampers is in die minderheid. Anders sou dit gaos gewees het. Die wat ek weet dit doen is gewoonlik die welaf besigheids mense. Hulle is nie die tiepiese Wildtuin lief hebers nie. Alhoewel ek het ook al permies betrap wat dit doen....vat n' tent of slaap in die kar in n' ander kamp vir afwisseling.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 15:36:10 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

Here is a link to the 4x4 community forum dealing with the same topic: https://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php/353825-Campsite

Hoe meer mense hoe meer dinge.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required