English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 975
Total Replies: 225 369
Total Views: 82 171 761
topics: 4 331
replies: 29 043
views: 17 304 520
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 122
replies: 36
views: 7 064

Beplan Junie / Julie vakansie

replies: 5
views: 6004
25 Feb 2015 @ 21:14:11 pm
Cindi
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 11 Jan 2013
Experience: 19 years
Naand julle,

Dit is daai tyd van die jaar wat ons, ons jaarlikse verlof beplan.

Ons gaan George toe die jaar en wil oorslaap by Gariep aangesien Freddie ook bietjie wil visvang.

Is daar enige plekke wat julle kan voorstel?

Ons gaan die keer nie met die karavaan nie aangesien ons by vriende gaan oorbly in George.

Dankie Baie
Kamp Groete
Cindi
Cindi Labuschagne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2015 @ 08:05:43 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Hello Cindi
Die Gariep Oord se huisies is baie gerieflik en dit is lekker om in die oord te bly. Ons het eenkeer in 'n self-catering cottage gebly in Gariep, dit is heelwat goedkoper maar nie dieselfde gevoel dat jy by die dam is nie. Van daar af kan jul dan via Cradock of Graaff Reinet af kus toe. Graaff Reinet is 'n goeie keuse. As jul in Port Elizabeth wil oorbly, sal ek voorstel dat julle na die Willows kyk. Hulle het baie lekker rondawels en chalets, dit is by die see en 'n baie goeie see visvangplek. Jeffreysbaai is ook 'n goeie oorslaapplek. Dan gaan jul met die tuinroete tot in George.

Ek sou voorstel dat jul eers besluit watter roete julle wil ry en hoeveel nagte julle wil oorslaap oppad na George. Dan google jy net "self catering accommodation" waar julle wil oorslaap en daar sal baie keuses opkom.

Geniet die beplanning, dit is deel van die lekker van 'n vakansie.
Groete
Freda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2015 @ 08:11:02 am
Cindi
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 11 Jan 2013
Experience: 19 years
Baie dankie Freda sal bietjie rond kyk met jou voorstelle.

Ek stem saam beplanning is ook vir my altyd die lekkerste.
Cindi Labuschagne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2015 @ 09:50:43 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Alternatiewe roete is Beaufortwes, Klaarstroom deur Meiringskloof na Oudtshoorn en George. Dit is regtig pragtig. of, Prince Albert deur die Swartberg pas was op sigself n belewenis is. Terwyl jy daar is kan julle gerus "Die Hel" (Gamkaskloof) oorweeg. Meiringspoort, Die Hel, Swartbergpas en die Grotte is n moet as julle dit nog nie gedoen het nie. Julle kan ook die tuinroete dan oorweeg met die terug kom. Geniet die soektog en die beplanning. Dis ook deel van die lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2015 @ 10:07:35 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Cindi, Hagar se roete klink baie lekker. Kyk eerste daarna. Omdat ons in PE woon, het ek maar ons gewone roete gegee. Van PE af is die tuinroete lieflik tot in George. En dit is soos Hagar se, doen een roete met die kom en 'n ander een met die teruggaan. Die binneland van die Ooskaap het pragtige natuurtonele, dit word baie onderskat. Ons het al 2 keer met die Shosolosha Mail trein na Johannesburg en terug gereis, en die mooiste natuurskoon was in die Ooskaap deel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2015 @ 17:43:46 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Cindi geniet die beplanning
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required