Goeie more mede-kampers
Ons het besluit om 'n kamp trailer te koop vir daai paaie wat die karavaan net nie kan hanteer nie. Die trailer het 'n battery met Inverter by. Die battery hou glo 3 dae sonder krag. Ons wil graag ligte aankoop wat sal werk vir die battery sowel as gewone krag. Ons is nie baie "clued-up" met die tipe dinge nie. Kan julle dalk voorstel watse ligte ens die beste sal werk?
Daai LED ligte wat op die visstok kom, hou baie lank op battery. Ons koppel hom gewoonlik aan een van hierdie 7A/h hekmotor batterye.....al 5 aande in n ry gebruik sonder om battery te herlaai.

Vir binne kan julle daai herlaaibare ligte gebruik wat via USB laai gebruik
Do a lot more reading before you spend any money.. .
Ek het vir binne my canopy die klien LED ligte by 4x4 Direct gekry vir tussen R10 en R20 een. Was maklik om te installeer, is baie klien en lig en het hulle eie double sided adhesive type. Ek het hulle versprei in die kappie sodat ek in elke hoek lig het as ek in die donker iets moet soek in die kappie (geen donker hoeke nie). Voordeel is dat hulle gebruik baie min krag en gee baie lig (1.3 watts of 0.2 amps dink ek)
Vir buite het ek besluit op National Luna ligte. Jy kry van hulle wat wit, geel en rooi kan skyn. Baie handig vir daardie aande as daar baie goggas is.