Die nuutste inligting oor die toestand van hierdie trajek.
Moet hom oor twee weke ry.
Ry hom gereeld nie 100% nie maar ry baar as jy nie hastig is nie
Volgens 'n werks kollega wat daai pad elke naweek Hoedspruit toe ry en terug is die terufvoer as volg. Tussen Belfast en Lydenburg is die pad redelik. Daar is onlangs begin om die groot slaggate op te vul. Die pad is dus redelik veilig maar baie ongelyk weens die patches teer waarmee gate gevul is. Die pad van Lydenburg af Origstad se rigting is slegter. Hier ook word die pad blokke vir blokke reggemaak en dit het ook die ongelyke effek. Hy sê tussen Belfast, deur Lydenburg na Origstad is daar nou slegs omtrent 5 slagate wat kommerwekkend kan wees.
Sy voorstel is, ry die pad gedurende die dag en as dit moet in die nag verminder spoed na 80-90Km/h dan sal jy die slaggate gemaklik sien en kan mis ry.
Ek stem, ry hom gereeld, Dullstroom tot lydenburg as jy mooi kyk en aandug gee no problem, maar hulle is daar,lydenburg to origstad nie sleg behalwe eerste paar kilos uit lydenburg, origet advice to tunnel, baie mooi.
Kan jou 'n weeklikse update gee. Want die werks kollega het 'n huis in een of ander groot plek in of buite Hoedspruit. Soos genoem is hy elke naweek daar.
Baie dankie aan almal vir die terugvoer.
Dit blyk maar soos die meeste van ons paaie, dat mens maar versigtig moet wees.
Ek wil nie n as buig of n wielnaaf afskyf nie.
Ek kyk gister na alternatiewe paaie na my bestemming (Klaserie) en sien dat die afstand maar 13km verder is as ek die roete oor Nelspruit - Witrivier neem.
Die nadeel is die addisionele Tolhekke maar wat is die toestand en veiligheid van daardie pad?
Is Bosbokrand nie wagtende "Landmyn" met betrekking onluste ens nie?
Jammer sien nou eers hier.
Ons was twee naweke gelede op die pad Hoedspruit toe. Daar is wel slaggatte maar nie ernstig nie.
Sou nie ander pad soek nie maar ry versigtig.
Hoe lyk die pad in area Van hazy view, is dit veilig,ek will by phabeni hek uit ry Van skakuza na hazy view dan af na nelspruit.
Hoe lyk die pad in area Van hazy view, is dit veilig,ek will by phabeni hek uit ry Van skakuza na hazy view dan af na nelspruit.
Die pad het ons presies gery soos jy noem. Dit was toe ons vir dagbesoek my skoon ouers KNP toe gevat het. Die pad is in goeie toestand van Phabeni hek af tot in Hazeyview. En dan is die pad puik na Nelspruit toe. Net ongelyk binne Witrivier en heelwat Taxi verkeer. Ry daar maar versigtig.
Ons ry ook gereeld van Pta af Hoedspruit toe en het weens die toestand van die Lydenburg pad begin soek na ander alternatiewe.
Ons ry nou met die N4 verby Watervalboven of Shoemanskloof oor tot by die links afdraai na die Sudwala grotte en volg dan die pad Sabie toe vandaar oor Graskop verby Blyderivier en die Potholes.
Ek sluit dan weer naby Orighstad aan by die Lydenburg pad en van daar gaan ons deur die Strydom tonnel Hoedspruit toe.
Dit is n raps verder maar dit is n beter pad oppervlak met mooi besienswaardighede.
Ons vertrek Donderdag van Durban na Swadini en ry gewoonlik Newcastle, Carolina, Sudwala, Sabie, Graskop, Bosbokrand.
Weet dat Carolina, Nelspruit en Witrivier makliker is maar ons gee nie om vir die Sudwala pad nie want is mooi omgewing en pad is baie stiller as jy sleep.
Weet iemand of daar dalk met die lockdown aan die pad oor Dullstroom, Lydenburg en Origstad gewerk is en of hy nou rybaar is om te sleep.
Ons is tans in Swadini en het van Machadodorp, Lydenburg ,Origstad na Swadini gery.
Die eerste 20km van die afdraai by Bambi is 'n pragtige nuwe pad maar daarna is daar geen pad nie. Het nog nooit in my lewe so-iets gesien nie. Daar is byna niks teer oor nie en net slaggate en slote. Veral die eerste 5km was gedwing om heeltemal tot stilstand te kom en versitig soos wanneer jy oor 'n spoed hobbel te ry aan te sukkel tot in Lydenburg. Deur Lydenburg is daar 'n ompad en daarna die eerste stuk tot verby die smeltery redelik gelap.
Daarvandaan tot by Swadini verby Origstad is die pad goed.
Mede kampeerders het die pad oor Dullstroom en Lydenburg gery en hulle sê die pad is gelap maar goed en sal weer so terugry.
Swadini is slegs ablusie 5&6 oop maar die park is park vol rondom hierdie blokke.
Weer is heerlik en swembaddens is oop. Restaurant egter gesluit.