English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 608
Total Replies: 253 852
Total Views: 83 282 612
topics: 11 622
replies: 139 871
views: 39 361 089
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Belasting vrye Belegings

replies: 12
views: 399
03 Jul 2020 @ 12:08:00 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1017
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek het verledejaar die R33000.00 blasting vrye beleging by een van ons groot versekerings maatskapye gemaak.

Groot was my teleurstelling dat ek slegs 0.00694% perjaar verdien het.

as ek by gewone bank bele het sou ek baie beter gedoen het met belasting. Ek dink dis 'n skande

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 13:56:54 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 325
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Dit is skokkend, maar ek moet darem noem dat selfs by die gewone banke is die rentekoerse baie laag as gevolg van die groot onlangse rentekoers verlagings.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 14:43:49 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2212
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Swanie jy moet gelukkig voel dat jy nog jou volle kapitaal oor het. Ek, en van my vriende, het in die finansieele gemors geen opbrengs verdien nie en nog kapitaal ook verloor.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 15:21:44 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3554
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As 'n mens besluit om geld te belê, moet jy oop oë daar in gaan en weet waarvoor jy jou inlaat.  As jy wil seker maak jy behou jou kapitaal en voeg nog 'n bietjie rente by, moet jy na 'n tipe belegging kyk wat dit vir jou gaan doen, met ander woorde 'n rentedraende belegging.  As jy in aandele belê, soos wat die belastingvrye belegging is, moet jy besef jy kan dalk met minder na 'n jaar sit as waarmee jy begin het, maar die kans is ook dat jy heelwat meer kan hê as wat jy sou hê in 'n rentedraende belegging.  As jy nie jou huiswerk gedoen het en nie besef wat die risiko's is nie, behoort jy beslis nie sulke beleggings te maak nie.  Maar onthou ook, dat 'n verlies vanjaar, dalk gevolg kan word met 'n groot wins aanstande jaar- dis nie 'n voorspelling nie- dis net wat kan gebeur.  Aandelegekoppelde beleggings moet beslis nie as 'n korttermynbelegging beskou word nie- kyk ver in die toekoms, na minstens vyf jaar en verkieslik langer.  Op die lange duur kry mens wel goeie opbrengste, beter as met rentedraende beleggings.  Op 'n stadium het ons gekyk na 'n gemiddelde kapitaalgroei van 20%, maar dis nie juis meer vandag moontlik nie.

Met rentedraende belegings is daar ook 'n groot deel, ek dink minstens R26 duisend rand per jaar en nog meer as jy ouer is, wat heeltemal vrygestel is van belasting.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 22:09:29 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

As die belegging gemaak word in aandele kan dit enige kant toe gaan. As ek reg onthou is daar ‘n opsie vir ‘n vaste rentekoers wanneer die rekening geskep word - ek kan nie nou mooi onthou nie. 

Ek het twee aandele gekry in ‘n belastingvrye belegging met groei van -10% (Satrix DIVI) en 37% (Satrix RESI) die laaste 3 jaar.

Ek verstaan dat ‘n belastingvrye belegging eintlik oor ‘n langtermyn  sy waarde sal wys maar dit help natuurlik as mens ‘n goeie perd kies aan die begin. 🤠

Wat van Sasol aandele? Ek is nie ‘n finansiele adviseur nie - maar ek dink dit gaan vinnig weer optel na die skielike val van ‘n paar maande terug. Van die 2de Julie het dit reeds met amper 6% geklim. Mens gaan wel belasting betaal op dit - ek dink nie Sasol aandele is beskikbaar vir TFSA rekeninge. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 07:10:43 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1073
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Equities Based products remain the best investment in the long term, but there will always be short term losses. It is the nature of the beast. With fixed interest products you are lucky if you preserve capital in real terms (after inflation) - particularly if it is taxable. At the moment we are limited to R36k per year as tax free investments.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 12:34:46 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek bele my kontant in n' spaar rekening by die bank en trek die R26000 belasting vry gedeelte af van my opbrengs. My rente koers was ongeveer 7% in die laaste jaar. As jy oor 65 is is die korting R33000. Belasting vrye belegings is vas vir ten minste 5 jaar.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 13:11:35 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek kan nie meer die "pro's & cons" onthou wat my finansiële adviseur aan my genoem het nie, maar hy het my heeltemal afgeraai om geld in 'n belastingvrye belegging te belê. En hy het my nog altyd met goeie raad bedien. Dus bly ek maar weg daarvan.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 14:03:13 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1526
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die heel belangrikste reel wanneer dit by beleggings kom is dat jy weg bly van 'n belegging wat jy nie ten volle verstaan nie. Indien jy hierdie reel ignoreer kan jy seker wees die ding kan jou kom byt, soos wat talle wat eiendomsindikasies nie verstaan het nie uitgevind het. Dieselfde gaan gebeur met hierdie nuwe ding genaamd Crowd1 waar van ons sport helde blykbaar in belê het.

Dit geld uiteraard ook ten opsigte van die toepaslikheid met betrekking tot jou situasie, ook wat belasting implikasies betref.

Dit is waarom daar altoos aanbeveel word dat jy 'n gekwalifiseerde adviseur behoort te raadpleeg, nie 'n produk smous nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 07:16:52 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1073
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Die heel belangrikste reel wanneer dit by beleggings kom is dat jy weg bly van 'n belegging wat jy nie ten volle verstaan nie. Indien jy hierdie reel ignoreer kan jy seker wees die ding kan jou kom byt, soos wat talle wat eiendomsindikasies nie verstaan het nie uitgevind het. Dieselfde gaan gebeur met hierdie nuwe ding genaamd Crowd1 waar van ons sport helde blykbaar in belê het.

Dit geld uiteraard ook ten opsigte van die toepaslikheid met betrekking tot jou situasie, ook wat belasting implikasies betref.

Dit is waarom daar altoos aanbeveel word dat jy 'n gekwalifiseerde adviseur behoort te raadpleeg, nie 'n produk smous nie.

Die ander belangrike reel is om jou beleggings te diversifiseer- moet nie al jou eiers in een mandjie dit nie

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 12:18:49 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4830
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Net so paar punte. 

Mens maak 'n keuse waarin jy jou geld belê en dit bepaal die uitkoms. Oor die lang termyn sal aandele wel uit presteer maar dit gaan moeilik wees in net SA aandele wat alreeds 'n slegte 5 Jr agter die rug het. 

Om voordeel te trek uit die belastingvrye skema moet jy opbou tot meer as R300 000 voor jou rente belasbaar word teen heersende koerse. Teen R33 000 p.j. wen jy niks die 1e 9 jaar nie.

@Fred. Jy kan wel in nie aandele 'n TFSA oopmaak asoof in effekte of 'n kombinasie van kontant/effekte/aandele. Dit hang suiwer as v d fonds/produk wat mens kies.

@Chris glo ek het goeie raad gekry as mens na die syfers in detail kyk. Vir jonger mense wat vir baie jare die geld daarin kan hou na hulle die maksimum vlak bereik het maak dit wel sin. Te veel word om die bos gelei weens die belastingvrye aanklank. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 12:21:03 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3554
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dankie Danie- ek het gehoop jy sal jou kennis met ons deel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 14:56:13 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4830
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dankie Danie- ek het gehoop jy sal jou kennis met ons deel.

Terwyl ek wag vir die GP om te begin net meer inligting.

Hieruit kan ons aflei jy kan geld bele in 100% kontant en goeie rente verdien. Aan die anderkant v d spektrum kan mens in 100% aandele bele en in so 'n geval sou mens se kapitaal bv 35% gedaal het tussen 17-02 en 19-03. Gelukkig het aandele herstel en is mens nou net 6% laer as 17-02 weens die Covid19 probleem.

Hier is die hele reeks van fondse waaruit mens kan kies met elkeen sy eie risiko.

Hier is die voorbeeld as mens 'n kontant fonds sou kies soos beskikbaar by meeste banke. Hierdie is die syfers vir FNB.

In die 1e prentjie kan mens bv selfs 'n oorsese of lokale ETF kies wat dan ook minder of meer tot en met 100% in aandele bele kan wees. Party instellings kan jy selfs tussen fondse met minder of meer aandele  die geld skuif om jou eie risiko te bepaal op enige gegewe tyd venster.

Capitec kan jy bv 'n vaste deposito van 12 to 24 maande kies en na elke termyn besluit watter vaste deposito jy wil herbele.

Baie huiswerk om te doen voor mens die besluit neem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za