My seun verhuis permanent vanaf Lydenburg (Mpumalanga) na Groot Brakrivier. As gevolg van omstandighede moet sy familie agterbly en kan eers in Januarie 2021 by hom aansluit.
Wat ons graag wil weet of enige iemand kan reed gee oor bekostigbare karavaan staan plekke in Groot Brak of die nabye omgewing?
Ons benodig karavaan staanplek plek (2 persone) vir ongeveer 4 maande vanaf 3 September 2020.
Would try Glentana. They have a pretty decent pensioners' rate. Would assume their long term rate would be just as reasonable. Outeniqua or Riverside in Klein Brak are other options. Best wishes with the arrangement.
Ai hoe gelukkig kan mens nou wees om op Groot Brakrivier te land my voorsate se wereld. Kyk op forum na al die Garden route kampplekke bv. Dwarswegstrand resort / Pine creek - dan kan jy sommer vorige reviews en ratings ook sien - sal ook liewers skakel en situasie verduidelik vir spesiale langtermyntarief. Geniet dit julle is bevoorreg.
Kyk na www.flipentilla.com
Meeste plekke laat net pensioenarisse toe vir lang verblyf
Dibiki op Hartenbosh is ook 'n baie netjiese park ek hulle bied ook langtermyntariewe aan. Dis nie te ver van Groot Brak af nie. Die toegang daarheen is makliker as Glentana met sy kwaai op- en afdraendes wat dalk lastig kan wees as 'n mens daagliks daarvandaan en terug moet reis. Dis nietemin 'n puik park.
Hi Perd! Jou seun kan Pine Creek ook probeer. Dis in die hartjie van die dorpie langs die rivier geleë en baie naby aan winkels (oorkant die rivier) Kontak hulle by 044-6202434. Dwarswegstrand is op die strand en ook 'n lieflike karavaanpark. Die wind mag jou dalk daar kry, maar die wind waai min hier by ons. Glentana is in 'n skeur - tussen koppe - en baie beskut. Altwee is slegs enkele kilometers van winkels.
Marius - ek dink jou aanbeveling van oorde is egter net om onder ons neus te vryf oor waar jy bly - dan beklemtoon jy nog die detail van winkels en die rivier - skaam jou om die prentjie helder in my gedagte te laat oproep - my hele lewe was desembermaande vasgevang in di klein dorpie langstraat wat later kortstraat geword het se huisie waar my oupa en ouma Munro baie jare gewoon het en ook by Searls se skoenwinkel gewerk het. Hulle is ook op die heuwel daar begrawe. Geniet jou blyplek jy is voorwaar bevoorreg.
Ai Leen, is werklik jammer om so nostalgies te wees! Jy sal baie bly wees om te verneem dat ons ou Langstraat uiteindelik van hoek tot kant en bo tot onder herbou is met sypaadjies en 'n nuwe laag teer. Kontrakteurs is egter nog nie heeltemal klaar nie. Ja, dis voorwaar 'n voorreg om in so 'n pragtige, skoon dorpie te kan woon. Desembermaande word die Laerskool Vorentoe se sportgronde ook deesdae ingespan vir karavaanstaanplek!
Groetnis!