English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 762
Total Views: 80 838 580
topics: 9 738
replies: 108 879
views: 38 158 568
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Bejaarde met n mes gesteek by n vakansie oord naby Bela Bela

replies: 12
views: 497
14 Jun 2018 @ 16:07:37 pm
Adele1
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 38 years

Ek het hierdie berig uit die Pos koerant gecopy 

wees oplettend asb as julle kamp

Christo Janse van Vuuren (in sy sestigs) van Bela-Bela is in die vroeë oggendure van Dinsdag 22 Mei by ’n vakansieoord op die Eersbewoond-pad deur ’n groep rowers by sy karavaan aangeval en met ’n mes gesteek.

Die eienaar van die oord het Die Pos gevra dat die oord se naam nie bekendgemaak word nie.

Volgens die eienaar het Janse van Vuuren sy karavaan die oggend verlaat om badkamer toe te gaan toe hy buite die deur op die rowers afgekom het. Janse van Vuuren en die rowers het aan die stoei geraak en een van hulle het hom in die arm raakgesteek.

Die eienaar het voorts gesê Janse van Vuuren se vrou, Alet, het hard om hulp geroep toe die rowers haar man oorval het. Sy het haar man te hulp gesnel en die rowers met haar kierie geslaan.

Die oord se veiligheidsbeamptes was binne oomblikke op die toneel nadat hulle haar hulpkrete gehoor het, maar die rowers het toe reeds gevlug, het die eienaar gesê.
Die rowers het volgens die eienaar vermoedelik toegang tot die oord gekry deur ’n grensdraad te knip.

Volgens sers. Hester van Zyl, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, was daar moontlik drie aanvallers, maar dit kan ook minder of meer wees.

Van Zyl het gesê die voorval het ongeveer 04:00 plaasgevind en die rowers kon nie daarin slaag om iets te steel nie.

Die polisie, lede van die gemeenskappolisiëringsforum (GPF), asook die ambulansdiens was spoedig op die toneel. Die polisie en GPF-lede het teen druktyd die verdagtes se spore gevolg. Janse van Vuuren se vrou was erg getraumatiseerd ná die aanval en die GPF het reëlings getref sodat sy berading ontvang, het die eienaar gesê.

Janse van Vuuren is na die Phodi-kliniek (voorheen die St. Vincent’s-hospitaal) vir behandeling geneem. Hy was teen druktyd reeds ontslaan.

Die eienaar het gevra dat die Janse van Vuuren-egpaar se privaatheid gerespekteer word.

’n Saak van huisroof word tans ondersoek en geen verdagte is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die eienaar het sy dank teenoor elke persoon wat op die voorval gereageer het uitgespreek, veral teenoor die mede-eienaars op die oord wat mekaar ondersteun het.

“Ons moedig elke inwoner in die omgewing aan om meer paraat op te tree, want hierdie misdrywe kan op enige plek en tyd plaasvind,” het die eienaar gesê.

Die Eersbewoond-omgewing gaan veral deesdae gebuk onder misdaad en oorde en privaat wonings word geteiken en items gesteel — veral in die vroeë oggendure.

Grondeienaars het al tevore op openbare, asook polisiever-gaderings gekla dat die aanhou-dende misdaad daartoe lei dat hulle finansiële skade ly.

Die meeste eienaars het veral verwys na die nabygeleë Tsakane-nedersetting wat probleme soos rusverstoring vir talle Eersbewoond-inwoners veroorsaak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 16:21:36 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5911
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Dit gebeer oorals ons hoor net nie daarvan nie,

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2018 @ 21:59:45 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Dit gebeer oorals ons hoor net nie daarvan nie,

Dis waar....ek was n ruk terug op n gemeenskaps vergadering....my mond het oopgehang om te hoor wat om my gebeur daagliks en ek is bewus van niks!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 00:31:57 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2804
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Dis waar....ek was n ruk terug op n gemeenskaps vergadering....my mond het oopgehang om te hoor wat om my gebeur daagliks en ek is bewus van niks!

Ai dis jammer dat mens nie eers meer rustig kan kamp nie. Hierdie insident is ook by 'n baie populere oord. Ja drade kan so maklik geknip word om toegang te verkry.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 07:28:43 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

As jy nie eers veilig is in jou huis is waar jy bakstene, deure en diefwering en 'n ordentlike dak oor jou kop het nie. Hoe kan mens verwag jy is veilig by 'n oord waar jy in 'n tent slaap.

Veiligheid van jou mense en jou besittings, se verantwoordelikheid lê eerstens by jouself en dan gesamentlik by dit wat 'n oord vir jou bied.

Ons moet regtig begin aanvaar dat enige iets op enige oomblik kan gebeur om jou van jou lewe en besittings te beroof. Ons moet paraat en wakker wees veral as mens so maklike teiken is wanneer jy kamp.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2018 @ 07:48:10 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek dink dit begin tyd raak dat ons 'n kamp alarm ontwerp en aan almal beskikbaar maak.

Iets wat maklik kan werk.  Goed koop is. Altyd beskikbaar en byderhand is. Moet 'n groot lawaai kan maak. Dalk gekombineer kan word met 'n verdedigings toestel soos Tazer of Pepperspray.

Dan moet mens dit verkieslik op promosies weggee of net baie goed koop maak met 'n instruksie van wat die doel is daarvan.

Stap jy vroeg oggend uit jou tent en gewaar onraad aktiveer jy die alarm of blaas op die fluitjie. So word mense wakker en op hulle beurt aktiveer die alarm en op die manier kan mens vinnig 'n persoon te hulp snel en dalk die oortreders aankeer.

Ek sien 'n klein meganise alarm wat jy met duim aktiveer. Die ding maak vreeslike lawaai terwyl jy dit omdraai en jou aanvallers "taze" of spuit met pepper spray.  Die item moet van so aard wees dat jy nie normaal weg sonder hom uit 'n tent of karavaan sal loop nie. 'n Flits dalk, of houer met toilet papier, of of of of hoop iemand kom op 'n ding af wat sal werk.

Op die instruksies word baie kort aangedui hoe die alarm werk en wat jou optrede moet wees. Baie mense wat een persoon te hulp snel se efektiwiteit lê in die getalle. Maan ook teen die onnodige aktivering van so alarm want dit het 'n nood doel slegs om mense se lewens te beskerm nie te speel nie.

Ek sien die as 'n geleentheid om 'n produk te ontwikkel ter beskerming van die kamp gemeenskap en bemarkings foefie van bv caravanparks.com met naam daarop.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 07:38:21 am
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 568
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 37 years

Ons sal maar doring draad om ons kamp plekke moet begin span met elektriese heining.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 08:16:36 am
Fred
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1347
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Leon se idees hou beslis water, maar ek dink ons as blankes moet ook meer betrokke raak.  Ek het van 'n paar gevalle in die Pietersburg middestad gehoor waar mense deur grypdiewe aangeval is en wie het gehelp?  Nie blankes nie, maar swartmense, onder andere in een geval waarvan ek gehoor het, 'n taxibestuurder.  Ek is ook vertel dat in die swart voorstede van Pietersburg, die mense fluitjies dra en wanneer daar probleme kom en die fluitjie geblaas word, kom die bure by hulle huise  uit en kom help.  Dit is medemenslikheid.  Sal ons werklik, as ons blankes, so 'n fluitjie hoor blaas, in 'n karavaanpark of tuis, uitkom om te help, of sal ons nuuskierig by die venster uitkyk om te sien wat aangaan en dankbaar wees ons self is nie die slagoffer nie?  Ons hoef nie afsydig te wees nie, ons almal kan ubuntu laat leef as ons net wil!  Onthou een of twee misdadigers is nie sterker as 'n hele skare woedende betrokke mense nie.  Ek preek ook vir myself- ek hoop ek sal die moed hê om medemenslik op te tree as die omstandighede dit vereis.

Ek weet dat daar lede van alle kleure op hierdie Forum is, en ek dink sommiges van hulle sal kan bevestig wat ek hier sê.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 08:46:44 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Soos ek aflei is dit n midweek kampeerder gewees. Ek weet nou nie watter oord dit was nie, maar weet dat by baie oorde daar gedurig net 1 of 2 karavane staan gedurende die week wat dit n "soft target" maak. Dis hoekom daar mense is wat groepe stig wat saam kamp deur midweeks...mense voel veiliger as hulle so saam kamp. Ek weet Schalk wat hier was het so n groep wat hy suksesvol bestuur...hulle kamp eenmaal per maand...hulle was afgelope week by Mbizi

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 12:01:04 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6223
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Rand jy hom aan gaan hulle jou soek tot hulle jou kry.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 15:08:56 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1356
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Jin jy is reg. Ek het nou al van soveel gehoor wat gearresteer is omdat hulle hulself of hul familie beskerm het. Dit het hulle in die selle laat beland. Alhoewel hulle later in n hof onskuldig uitloop het die trauma wat hulle deurloop het hulle hele persoonlikheid verander. Hulle het senuwee wrakke uitgedraai en eintlik het dit die einde van hulle menswees beteken. Dit is een van die groot redes hoekom mense nie meer betrokke wil raak nie. Een van my goeie vriende het n gesegde wat lui " Ek het alles gesien maar nou het ek weer alles vergeet.....ek glo nie ek was daar nie".  Ander vriend wat n motorongeluk sien gebeur het en toe gaan getuig het ,het later aan die verdediging se advokaat gese "jammer ek sien nou eers dit was ek wat  in die ongeluk betrokke was". 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 13:24:18 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9547
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Leon se idees hou beslis water, maar ek dink ons as blankes moet ook meer betrokke raak.  Ek het van 'n paar gevalle in die Pietersburg middestad gehoor waar mense deur grypdiewe aangeval is en wie het gehelp?  Nie blankes nie, maar swartmense, onder andere in een geval waarvan ek gehoor het, 'n taxibestuurder.  Ek is ook vertel dat in die swart voorstede van Pietersburg, die mense fluitjies dra en wanneer daar probleme kom en die fluitjie geblaas word, kom die bure by hulle huise  uit en kom help.  Dit is medemenslikheid.  Sal ons werklik, as ons blankes, so 'n fluitjie hoor blaas, in 'n karavaanpark of tuis, uitkom om te help, of sal ons nuuskierig by die venster uitkyk om te sien wat aangaan en dankbaar wees ons self is nie die slagoffer nie?  Ons hoef nie afsydig te wees nie, ons almal kan ubuntu laat leef as ons net wil!  Onthou een of twee misdadigers is nie sterker as 'n hele skare woedende betrokke mense nie.  Ek preek ook vir myself- ek hoop ek sal die moed hê om medemenslik op te tree as die omstandighede dit vereis.

Ek weet dat daar lede van alle kleure op hierdie Forum is, en ek dink sommiges van hulle sal kan bevestig wat ek hier sê.

As ons die fluitjie as 'n voorbeeld kan gebruik.  Dis alwat ek wil hê EN DAN DIE BETROKKENHEID VAN MEDE KAMPEERDERS.

Ek sal verseker in die aand uitgaan en help. Al is die hulp net deel van 'n klomp lawaai om die skuldiges op loop te sit.

Ek het maar gedink aan 'n ENKEL produk wat lawaai (Fluitjie) kan maak, mate van self verdediging verskaf (Peper sproei of Tazer) en daaglikse gebruik item wat jy elkgeval mee uit die karavaan vroeg oggend mee gaan uitklim (sleutel houer)

Als in een.  Goed koop wees.  By elke oord se ontvangs en op elke kamp rak wees.

Imagine 20 kampeerders maak hulle peper sproei kannetjies leeg op 'n indringer.

"SHAME"

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First