English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 296
Total Replies: 262 894
Total Views: 83 601 323
topics: 605
replies: 3 921
views: 3 358 718
Share all those nice recipes with everybody...

Bees stert potjie

replies: 15
views: 415
12 Jun, 2020 @ 18:15:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Ek het gesoek op die forum, maar kry nie n bees stert potjie resep nie. Enige iemand wat n eenvoudige resep kan deel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun, 2020 @ 18:16:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

...of enige tips

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun, 2020 @ 10:24:26 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 276
Joined: 22 Feb, 2012
Experience: 37 years

Hallo Geert - ek het die een al 'n paar keer gemaak, baie lekker.

1.5 kg Beesstert

2 E Koekmeel

2 E Olie

1 Groot Ui gekap

1 Knoffelhuisie gekneus

2 Lourierbare

2 T Sout

Swartpeper na smaak

1/2 T Roosmaryn - droog

1 K Rooi Wyn

1 K Vleisaftreksel

2 Preie in skywe gesny (Leeks)

2 Wortels gesny

2 Selderystingels in stukkies gesny

Bedek vleis met meel en braai bruin in olie - voeg ui en knoffel by en soteer tot ui deurskynend is. Voeg die lourierblare, sout, peper en roosmaryn by die vleis en giet verhitte wyn asook afreksel in pot. Roer deur, sit deksel op en laat stadig prut vir ongeveer 3 ure. Kyk mooi dat pot nie droog kook nie en voeg nog bietjie warm wyn en aftreksel by indien nodig. Sodra vleis mooi sag is, sit die preie en wortels bo-op en laat prut tot wortels reg is. Stampmielies loop mooi saam met die een.

Nou kan jy die res van die rooiwyn saam met die ete geniet!

 

 

β€œHe was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun, 2020 @ 11:14:31 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 584
Joined: 19 Jul, 2015
Experience: 29 years

Geert, ek gooi GEEN water of aftreksel of koekmeel in pot nie - wat ek wel doen is:

verbruin die beesstert in warm pot met bietjie olie daarin;

as dit klaar berbruin het, gooi oortollige olie uit en maak konkoksie aan bestaande uit blatjang, appelkooskonfyt, soet chillie sous, flokkies of fyngemaakte knoffel en gemengde speserye, (maak na smaak aan - het nie mates vir die konkonsie nie - jy moet maar proe)

gooi bruingemaakte beesstert en heel uie terug in pot saam met konkoksie sous en braai / kook liggies vir omtrent so 5-10 minute tot al die beesstert mooi deur al die sous bedek is en so mooi glans het.

Gooi dan 1 of 2 kamer temperatuur (nie koue) biere in pot saam met beesstert en die souskonkoksie en laat prut.

As jy gelukkig is met beesstert se gaar word proses pak dan jou groentes bo-op beesstert wat jy wil saam gaarmaak en eet - soos aartappels, wortels, klein baba mielietjies, boontjies, ens.... ek gebruik baba groente want ek sny gladnie groente vir pot nie. alles word heel ingegooi en geprut. pot word NIE geroer NIE. na 3 ure sal stert gaar en sag wees. Jy moet maar self oordeel wanneer jy jou groente wil ingooi.

ek persoonlik hou van my groente nog so bietjie harderig en nie pap gekook nie.

sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun, 2020 @ 12:38:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10670
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Hallo Geert - ek het die een al 'n paar keer gemaak, baie lekker.

1.5 kg Beesstert

2 E Koekmeel

2 E Olie

1 Groot Ui gekap

1 Knoffelhuisie gekneus

2 Lourierbare

2 T Sout

Swartpeper na smaak

1/2 T Roosmaryn - droog

1 K Rooi Wyn

1 K Vleisaftreksel

2 Preie in skywe gesny (Leeks)

2 Wortels gesny

2 Selderystingels in stukkies gesny

Bedek vleis met meel en braai bruin in olie - voeg ui en knoffel by en soteer tot ui deurskynend is. Voeg die lourierblare, sout, peper en roosmaryn by die vleis en giet verhitte wyn asook afreksel in pot. Roer deur, sit deksel op en laat stadig prut vir ongeveer 3 ure. Kyk mooi dat pot nie droog kook nie en voeg nog bietjie warm wyn en aftreksel by indien nodig. Sodra vleis mooi sag is, sit die preie en wortels bo-op en laat prut tot wortels reg is. Stampmielies loop mooi saam met die een.

Nou kan jy die res van die rooiwyn saam met die ete geniet!

 

 

Sit net appelkoos konfyt en mushroom by.

Het net gister een gemaak en nou net klaar van die oorskiet van gisteraand geeet.

Hier is nog as jy wil kom proe.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun, 2020 @ 12:55:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10670
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Het vir jou n resep ge what's up.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun, 2020 @ 07:12:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Dankie almal....waardeer. Ek het darem nou lekker idees waarmee ek kan speel, sou ek nie die resep spesifiek volg nie. Lyk my dis n lekker lang kuier vir gaarmaakπŸ˜‰

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun, 2020 @ 10:58:09 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 08 Mar, 2018
Experience: 41 years

Die geheim is baie tyd....

Ek braai hom ook eers lekker bruin en gebruik dan ook bier vir die kook.

Vat gewoonlik 5 ure, so beplan baie mooi....

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun, 2020 @ 20:10:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Dankie vir almal se raad....het lekker ge-eet 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun, 2020 @ 08:04:52 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 276
Joined: 22 Feb, 2012
Experience: 37 years

Lyk heerlik!

β€œHe was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun, 2020 @ 12:20:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10670
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 41 years

Jy nooi ons nie eers omte kom proe nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun, 2020 @ 12:31:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Jy nooi ons nie eers omte kom proe nie.

 

As kamp weer toegelaat word, moet ons saam kamp en pot maak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun, 2020 @ 14:01:51 pm
FritzF
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 31 May, 2018
Experience: 61 years

Ek hou daarvan om my groente en vleis deur te roer as die groente bykom, dit gee die groente 'n lekker vleis geur.  Dit is meer soos my ouma se stew.  My vriende wat potjie maak ernstig vat en kompetisies bywoon ens. kry omtrent 'n hart stilstand as ek dit deur roer.  Nog nie een van hulle het al gesê dit is nie lekker nie, en hulle is uit gesproke manne.  :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun, 2020 @ 17:08:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18702
Joined: 05 May, 2015
Experience: 8 years

Ek hou daarvan om my groente en vleis deur te roer as die groente bykom, dit gee die groente 'n lekker vleis geur.  Dit is meer soos my ouma se stew.  My vriende wat potjie maak ernstig vat en kompetisies bywoon ens. kry omtrent 'n hart stilstand as ek dit deur roer.  Nog nie een van hulle het al gesê dit is nie lekker nie, en hulle is uit gesproke manne.  :-)

Ek roer ook my potte. Die enigste een wat ek nie roer nie, is n lasagne pot....oor die padta lae in pot

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul, 2020 @ 08:53:39 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4572
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 48 years

Koskaste was besig om leeg te loop toe is ek gedwing om die erf te verlaat. Vleis pryse skiet die hoogte in. Beesstert R115/kg. Betaal dit nie vir been nie.

Fillet was op special teen R112/kg. Gisteraand gebraai en net met aartappelskyfies voorgesit. Al wat kortgekom het was 'n glas of twee Merlot.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct, 2020 @ 19:58:24 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1556
Joined: 26 May, 2013
Experience: 47 years

Jis die lyk lekker

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za