English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 424
Total Replies: 232 940
Total Views: 82 454 249
topics: 139
replies: 2 146
views: 49 026
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Bedrading ‘split’ boksie

replies: 20
views: 328
05 Oct 2019 @ 13:38:50 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Goeiedag

Ek vermoed daar mag dalk ‘n los konneksie wees agter by my karavaan waar die bedrading split wat van voor af kom om dan na die regter en linker lig te gaan. Weet iemand dalk wat die maklikste manier is om by die boksie uit te kom? Ek het nou gekyk van buite en binne maar sien nie n opening nie. 

Ek het n probleem dat my ligte net soms werk en alles is al nagegaan, van kar reg deur tot by kabel van karavaan van voor tot agter. Ligte van karavaan is ook nagegaan so ek vermoed die probleem mag dalk by die boksie wees.

Dit is n ouerige Palma (1998)

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 13:41:24 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6418
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek weet nie van boksie maar wel koneksies wat met krimp lugs gemaak is

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 13:44:48 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6418
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Kyk van voor na ligte agter met fluk  as die drad nie deer gaan is hy die draad af, maar wag maar die manne sal nog wakker word hulle soek net punte op die forum lys.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 13:46:57 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek aanvaar jy het die koppeling tussen die voertuig en die karavaan nagegaan?  Dis waar ek al probleme ondervind het.  Maak seker die drade is reg ingeskroef aan beide kante.  Iemand met jou soort karavaan sal wel jou vraag beantwoord, soos ek ons lede ken.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 15:39:38 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4360
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Rondom 2001 was die gebruik van Jurgens CI om net die split aan die agterkant onder die vloer te maak. Kry die konneksies soos reeds genoem. My wa het ook nie 'n boksie nie. Met tye is dit beter om bv die drade net voor dit aan elke kant in die houer in gaan te toets elke kant. As dit dan krag het dan behoort die spesifieke gloeilamp te brand. Haal die gloeilamp ook uit en toets op die kontakpunte in die houer met 1 draad v multimeter en die ander toetspunt op 'n bekende grondpunt. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 17:44:37 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

My seun se Toyota het dieselfde probleem gehad. Op my voertuig het die sleepwa se ligte gewerk sonder probleme maar met sy vortuig ligte aan en dan weer af. 

Fabriek sleepstang het nie gronddraad gehad nie en op die bal as grond staat gemaak. Lank so gewerk. Gonddraad ingesit en probleem opgelos.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 17:52:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4360
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jan dis nou 'n goeie tip vir almal om seker te maak daar  wel 'n draad op die grond is in hul 7 pen sok. Hierdie gebrek kan mens behoorlik laat soek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2019 @ 18:11:08 pm
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Dankie almal. Dit is nou juis die een ding wat ek nog nie nagegaan het nie en dit is of die sleepstang wel n gronddraad het. Ek weet hy het wel die wit draad wat by die plug van die kar ingaan maar of daai wit draad iewers kontak maak is n ander vraag. Ek neem aan as hy nie iewers kontak maak nie is dit heel veilig om hom aan die onderstel  of bakwerk vas te maak waar hy goeie kontak het?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2019 @ 19:49:29 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek raai dat jou Palma dieselfde opset het as my '95 Fleetline. Het ook daai probleem gehad. As mens agter onder die wa lê sal jy sien die kabel van voor af split op in 'n choc block met die ander kant van die choc blok waarvan die individuele drade na die ligte loop. In my geval was een van die skroefies nie ordentlik vas nie (fabrieksfout?) en met tyd en bietjie roes was die kontak maar so-so en partykeer werk al die ligte partykeer nie. Vinnige manier is om al die kontakte in die choc block met 'n goeie klomp contact cleaner te spuit (te krye by meeste hardeware winkels asook Builders) en dan al die skroefies 'n behoorlike "check tighten" te gee). As jy lus het kan jy die choc block met 'n nuwe vervang en sommer die drade se isolasie bietjie terug te "strip" sodat jy behoorlik kontak het (moet net nie die spul omruil nie!). Ek het ook vir my so 'n magafter by Roadque in Pta gekoop wat mens by die wa se voorste prop inprop en met LEDs wys of al die ligte werk...is oor en oor sy geld werd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2019 @ 19:56:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8244
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My seun se Toyota het dieselfde probleem gehad. Op my voertuig het die sleepwa se ligte gewerk sonder probleme maar met sy vortuig ligte aan en dan weer af. 

Fabriek sleepstang het nie gronddraad gehad nie en op die bal as grond staat gemaak. Lank so gewerk. Gonddraad ingesit en probleem opgelos.

 

Soms is daar n spook ook los.

Het al met my gebeur.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 06:30:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jan dis nou 'n goeie tip vir almal om seker te maak daar  wel 'n draad op die grond is in hul 7 pen sok. Hierdie gebrek kan mens behoorlik laat soek. 

Net regsteling die "Earth" draad is no 3 punt op die karavaan en voertuig sok.

Die ouer "male en Female" sokke se punte binne is van koper of brass.  En soos dit die materiaal se gewoonte is pak dit aan en verloor die blink.  Die aanpaksel veroorsaak ook dat die konnelsies baie swak word.  Om dit reg te stel vat 'n klein stukkie skuur papier rol hom op met skuur gedeelte aan buite kant, net dik genoeg om in die hol puntjies van die plug in te pas en skuur so die hol punte aan die binne kant van elke plug.  Rol 'n ander op met die skuur gedeelte binne en skuur die pen gedeelte van elke plug.  Dit vat jou 10min dan is die plug weer diensbaar vir 'n paar keer se sleep.

Dan as enige globe op enige kant van die karavaan ligte werk is die earth eintlik maar ok.  Want die earth bedien die flikker, tru lig en rem lig by elke lig cluster.  Volg maar net die draad van die plug voor by die haak af na agter.  Somtyds het die voorpunt van die draad seergekry en is 'n stuk afgesny en 'n las is gemaak so 1.5m terug van die punt/plug af.  

Dan is dit raad saam om daai draad verder na agter te volg en al die koppelings weer nuut te doen reg deur tot by die ligte clusters.  So sorteer jy die probleempie weer vir 'n baie langtyd uit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:37:26 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Leon se argument oor die verbindingsokke is wat ek ook voorgestel het die probleem miskien kan lê.  Ek het net 'n ander oplossing vir die moontlike neerslag op die punte.  Voeg sowat 'n teelepel sitroensuur of tartaric acid  (by supermarkte te koop) en netsoveel Sunlight Liquid by ongeveer 500Ml water in 'n klein houer en plaas die twee dele van die verbindingsok daarin, dis nou as jy beide dele kan losmaak.  Binne minute sal die neerslag weg wees en die punte weer blink.  Die metode werk vir enige koper of geelkoper aritikels.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:42:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het so tyd terug 'n plasing gemaak waar ek ALU MAG gebruik het om aliminium skoon te maak. Dit kom in 'n hand spuitkan van 500ml.

Ek gebruik dit op die koper goed in die huis ook. Spuit dit aan wag 30sek en vee met klam lap af.  Ek dink as jy die koppelings daarna net spoel gaan dit ook werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:17:09 am
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years
Dankie Leon vir die raad.
Ek het baie tyd spandeer hierdie naweek aan die drade en het die volgende ontdek. Ek het geen idee of dit wat ek gekry het reg is of nie.
Die draad van voor (plug) tot ongeveer net voor die as van die karavaan is sonder enige lasplekke maar dan is daar n paar lasplekke. Eerstens is drie ekstra gronddrade (wit) aan die bestaande wit draad gelas. Een van hulle gaan dan in die karavaan in saam met die blou draad. Ek neem aan dit is dan aan die yskas gekoppel (moet dit nog bevestig) Die oorblywende drie wit drade gaan dan elk afsonderlik na albei lig clusters agter plus na die nommerplaat liggie. Die wit draad is egter op geen stadium aan die onderstel gekoppel nie. Ek vermoed dit sal reggestel moet word. Indien wel dink jy ek kan bloot die wit draad (voor hy in 4 split) afsny en albei punte aan die onderstel heg?
Die rooi remlig draad is ook gesplit en elke rooi draad gaan dan ook na die lig clusters afsonderlik (ek dink dit is reg sover ek kon vasstel van google)
Die swart draad is ook gesplit en elke swart draad gaan ook dan afsonderlik na elke lig cluster. Alhoewel ek nie dink dit is 100% volgens die bedradings diagram wat ek het nie behoort dit nie n probleem te wees nie. Die bruin draad gaan net na die nommerplaat liggie. Die flikkerlig dradengaan korrek na die linker en regter clusters.
Ek sal dit waardeer as jy dalk vir my kan bevestig oor die gronddraad?
Dankie
Jaco
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:08:31 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die grond draad is basies reg soos dit is. 

In die ou dae was die bakwerk van die voertuig die negatiewe draad en die positiewe draad was deur getrek en gevoer tot waar dit nodig was. Met 'n karavaan is die bakwerk oorweegend hout en veselglas. Dit gelei nie die elekritriseteit van die negatiewe draad nie, dus..........

So dis korrek as die aard (wit) gevat word tot by elk van die ligte. Nie nodig om dit aan die onderstel te koppel nie.

Die bruin(5) en swart(7) word somtyds gebrug want dit is maar die linker en regter tail light onder skeidelik asook die nommerplaat liggie wat altyd saam met dit aangaan.

So volgens my is die ligte korrek gekoppel dit klink net asof dit onnet kan lyk met die baie drade.

Kyk maar waar gaan daai Blou en ander wit draad heen.  Maak seker dis veilig gekoppel.

Jou voertuig kant van die plugs moet verkieslik vir so iets bedraad word sou jy 'n yskas wil laat werk tydens die rit.

Laastens weet net dat dit is geld mors om 'n Absorbsie tipe yskas te laat probeer werk tydens 'n rit.  Plaas 'n klein kamp yskas wat met 'n kompressortjie werk in die middel van jou karavaan vloer en gee vir dit krag van die voertuig af met die blou en wit draad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:24:32 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4360
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jaco dis goed dat jy nou uitgesort is. Soos Leon genoem het dis tydmors om die ou tipe yskaste van krag te voorsien terwyl jy sleep. Die drade soos genoem is sekerlik vir die ouer tipe 2 of 3 gang yskaste wat daai jare ingesit is. Myne was die bruin Barlows.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 18:25:28 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1920
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek is nie die skerpste potlood in die pakkie met die goed nie daarom loop ek maar soms die lang pad om die goed uit te sorteer. Op een van my vorige karavane het ek n soortgelyke probleem gehad wat ek net nie kon opspoor nie. Einde ten laaste het ek toe my AVO meter gevat en n stuk elektriese draad. Die een punt van die avo op elke punt (apart) van die karavaan se 7 punt prop se drade gehou en die ander punt op die enkel elektriese gekleurde draad na agter tot by daardie kleur se punt op die ligte. So kon ek draad vir draad, (op elkeen se kleur) na agter nagaan totdat ek die een met die swak konneksie opgetel het. Toe ek daardie draad op sy pad volg kry ek n plek waar hy beskadig was. (miskien n klip,miskien iets wat van die pad af opgeslaan het) Herstel dit behoorlik en dit was die einde van my probleem. Die punt wat ek probeer maak is dat met die eenvoudige toets kon ek bepaal waater draad is die moeilikheidmaker en kon dus dit herstel in plaas van in die duister bly rond tas.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 07:50:07 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Check the screwed connections, i.e. chocolate blocks, plugs & sockets, that the screws actually screw onto the conductor wire and not as is often the case screwed tightly onto the insulation of the wires.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 10:47:13 am
globaljaco
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 13 Apr 2019
Experience: 5 years

Iets waaraan ek nou sit en wonder. Die vorige eienaar het baie ekstra 12V ligte binne die karavaan en in die nose cone installeer asook 'n 12V water verwarmer in die badkamer. Daar is redelik baie drade onder die karavaan vir al hierdie ligte. Is dit moontlik dat as een van hierdie drade, wat niks met die 'tail lights' te doen het, 'n kortsluiting kan veroorsaak as hierdie drade  miskien deurgeskaaf is en aan die onderstel raak? kan so iets die 'tail lights' beinvloed?

Danie & Leon - Dankie vir die raad met die yskas. As ek glad nie die yskas op 12V wil laat werk nie kan ek mos die blou draad (wat van die 7 pin plug af kom) heeltemal ontkoppel van die yskas of is dit nie aan te beveel nie?

PietG - ek gaan jou raad volg as ek nie iets obvious vind wat die probleem veroorsaak nie. baie dankie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 12:12:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Iets waaraan ek nou sit en wonder. Die vorige eienaar het baie ekstra 12V ligte binne die karavaan en in die nose cone installeer asook 'n 12V water verwarmer in die badkamer. Daar is redelik baie drade onder die karavaan vir al hierdie ligte. Is dit moontlik dat as een van hierdie drade, wat niks met die 'tail lights' te doen het, 'n kortsluiting kan veroorsaak as hierdie drade  miskien deurgeskaaf is en aan die onderstel raak? kan so iets die 'tail lights' beinvloed?

Danie & Leon - Dankie vir die raad met die yskas. As ek glad nie die yskas op 12V wil laat werk nie kan ek mos die blou draad (wat van die 7 pin plug af kom) heeltemal ontkoppel van die yskas of is dit nie aan te beveel nie?

PietG - ek gaan jou raad volg as ek nie iets obvious vind wat die probleem veroorsaak nie. baie dankie.

 

 

Dit is regso Jaco jy kan daai draad van die yskas afhaal as jy wil.  Wat belangrik is, is dat as die voertuig kant van die sleep plug nie bedraad is vir die yskas nie, is daar in elkgeval geen krag op daai blou draad nie.

In kort die punt 2 (normaal weg blou) op die voertuig kant moet geen draad op gekoppel wees nie.

Die 12V water verwarmer en ekstra ligte behoort van die karavaan se battery af te werk.  So die 12V kringloop vir die items binne die karavaan is apart op sy eie.  Die rem, agter ligte en flikkers is op hulle beurt 'n kringloop van sy eie.  Die enigste plek waar die twee kringlope MISKIEN bymekaar kan kom is by die yskas.  En dan ook net as daar bedraading na die 12V kant van die yskas gaan van die karavaan battery ook af.  Ek twyfel maar dis moontlik.

Dus sal die wit en blou draad van die plug af op dieslfde plek op die yskas gekoppel wees as die Negatiewe en positiewe draad van die karavaan battery af.

Dan as daar êrens 'n kort sluiting is kan dit moontlik jou sleep ligte beinvloed.

So haal die 12V drade van die yskas af en kyk hoe verloop dinge.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 13:22:55 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4360
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Soos Leon genoem het is dit 'n goeie roep om punt 7 (neg) en 2 (pos) te verwyder op albei kante v d proppe tot jy die probleem opgelos het.

Punt 3 wat die normale negatief is is steeds gekoppel wat vir die ligte gebruik sal word.

Sterkte met die soek. Altyd moeiliker as iemand so baie goed van 12V voorsien het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required