English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 176
Total Views: 83 292 397
topics: 11 632
replies: 139 999
views: 39 364 936
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Batterye

replies: 8
views: 259
17 Nov 2020 @ 12:24:20 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek het twee 105 Ah batterye in my 4x4 karavaan. Die een het ek gekoop met die karavaan 4.5  jaar terug en die ander een het ek self bygevoeg net nadat ek die karavaan gekry het. Het twee nodig omdat ons gereeld gaan kamp waar daar nie krag is nie en dan loop alles op sonkrag (solar) panele. 

My karavaan staan onder n afdak agter die huis. As ons gaan kamp trek ek hom uit (gewoonlik n week voor die tyd) en sit hom onder dak by die braai area wat naby die agter deur is. Sit hom dan op krag en toets alles gedurende die week voor ons ry. Dit is ook dan maklik om alles te laai, watertenk te steriliseer, ens. 

In die begin van Oktober is on Natalia toe. Het die karavaan weer uitgetrek soos altyd en op krag gesit. Die aand voor ons ry sit ek die laaste goed in die karavaan en check alles. Ek ruik toe n skerp reuk en besef dit moet die batterye wees (en dit die aand voor ons ryyell). Die een battery is baie warm en ek weet toe hy is daarmee heen. Gelukkig het ek toe nog tyd om hom uit te haal voor ons ry die volgende oggend.  Gelukkig is die ander battery nog goed en sal ons nog gemaklik oor die weg kan kom met hom aangesien ons vir die week by Natalia gaan staan waar daar krag sal wees.  Dis waar ek besef dat dit beter is om twee batterye te he vir ingeval een vrek. 

Ek weet dat dit belangrik is om batterye op charge te hou terwyl die karavaan nie gebruik word nie. My probleem is dat ek nie krag het onder die afdak waar die karavaan gestoor word nie. Dis nie onmoontlik om krag aan te le om die batterye op die C-tech smart charger vol te hou nie, maar dit is gaan beteken ek moet n lang elektriese extension moet aan le om dit te doen en die extension gaan aan die elemente blootgestel wees 24/7. 

Het intussen n nuwe Gel 100 ah battery gekoop en ingesit. My swaar kom toe op met die blink idea. Aangesien ek alreeds solar op die karavaan het, kry n klein 1 to 2 amp solar paneel, monteer hom op die afdak waaronder die karavaan gestoor word en hou die batterye vol. Het toe n 1.4 amp solar paneel gekoop (vir R339.00), op gesit en dit werk nogal baie goed. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 12:34:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is altyd iemand met n plan, net as die plan gaan werk.

Mooi probleem opgelos.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 12:53:28 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

vriend van my in die kaap het 'n wind laaier wat sy boot se battery gelaai hou (die is al voor sonpanele vrylik beskikbaar was)

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 14:18:18 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Puik plan dankie vir deel

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 16:10:32 pm
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Baie goeie plan. Wat is so 'n deep cycle battery se leeftyd of hang dit af van die kere wat jy hom laai?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 17:28:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Baie goeie plan. Wat is so 'n deep cycle battery se leeftyd of hang dit af van die kere wat jy hom laai?

Die een wat ek in die explorer gehad het, was net oor die 6 jr en 10 mde toe hy moeilikheid gee.

Dalk het ander beter diens gekry.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 17:42:08 pm
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1495
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Also have a little cheapie solar charger on my generator in the shed. Works well.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 10:23:57 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 880
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Bly jy het jou probleem opgelos Piet, altyd lekker om te hoor iemand het n goeie idee gehad. My karavaan staan gelukkig altyd op charge. Jy kan natuurlik die moeite doen en haal die batterye uit en neem hulle na n kamer waar daar krag is.

Sommer terloops. Die V6 Fortuner is een van die enigste karre op die pad wat DRIE batterye onder die engine-kap kan vat. Behalwe die hoof-battery het ek ook aparte batterye vir elke yskas. Ek het vriende wat sonpanele saamneem na Botswana en verder wat almal al met ontvriesde yskaste gesit het. Maar met n eie battery wat elke dag gelaai word terwyl ek ry het ons nog nooit n probleem gehad nie. Die vrieskas trek die battery gouer plat, dan ruil ek net die koppelings om wanneer daardie battery half leeg is.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 10:54:16 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Die battery wat ek saam met die karavaan gekoop het werk nog na amper 5 jaar. Die extra een wat ek in gesit het, het net 4.5 jaar gehou. Maar, dan moet ek byvoeg dat ek net elke 6 weke na 2 maande die extension aangele het om die batterye te laai en die yskas vir n week te laat werk as die karavaan nie gebruik word nie.

Nou kan die klein 1.4 amp sonpaneel die batterye gelaai hou. 

Ek het ook n extra battery (National Luna duel battery) stelsel agter in die bakkie. Die battery is nou al sederd 2009 op die NL stelsel en ek het hom elke keer oorgedra as ek n ander kar gekoop het.  Dis n  90 ah battery wat normaalweg vir diesel enjines gebruik word. Gebruik hom vir die Engel yskas - lekker koue drinkgoed in die wildtuin of die Kgalagadi. Hy is permanent gekoppel aan die kar se battery en word deur die NL duel battery stelsel beheer. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za