English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 664
topics: 10 825
replies: 124 925
views: 38 857 228
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Bande Monitor op karavaan en Voertuig

replies: 25
views: 346
20 Aug 2019 @ 14:47:35 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Indien mens n monitor vir 6 bande wil aanskaf, watter maak sal julle aanbeveel ,en min of meer wat kos die monitor .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:23:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jong daar is so groot verskeidenheid tans wat van R1000 tot naby R8 tot R10k kos dat smaak maar eintlik hier ook kies. 

Baie het nie probleme nie en ander kry weer probleme. 

Sodra een n bietjie lug verloor Hou hy aan piep tot jy sy probleem herstel. 

Ek Hou nie van die goed nie en ander doen weer. 

Hoor maar wat hulle sê. 

Sterkte.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 16:21:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Of mens koop die "cheapy" wat ek en Geert gekoop het vir 4 wiele @ R320 elk plus verskeping. Ons kan laat weet of hulle betroubaar is met tyd.

Ek dink die solar paneeltjie is 'n goeie variasie op die duurder ontwerpe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 18:13:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het de plaaslike een (weet nie wat is sy naam nie).  Werk heel goed.  Ek gebruik dit net met lang trippies.

So effe van 'n mission om geprogrameer te kry. Daarna loop hy soos stroop.

Hy word geadverteer in die kamp tydskrifte.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 18:16:42 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Manne ek moes my vaan se bande monitors afhaal toe ek ontdek dat hulle so vibreer dat die valves begin kraak het. Ek het n lagie gom om hulle gesit en sal vir eers sonder hulle ry totdat ek nuwe en stywer valves kan laat opsit

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 18:22:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek moet by se ek het nog altyd die S/steel valves op my voertuie sowel m karavaan.  Het dus nie die probleem nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 19:30:42 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Abraham Kruger by wie ek myne gekoop het het sulke harde spons silinders vir my gegee wat styf oor die valve stem pas en die spul heel stewig hou. Maar as die silinders oud raak sal ek die valve stems almal met stainless weergawes vervang

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 19:34:45 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek sien Takealot verkoop hulle ook en hulle pryse is redelik. Ek het 'n stl van ses (nie by takealot gekoop nie) en na amper drie jaar is ek heel tevrede.  Dit gee jou gemoedsrus en ek dink nie jy behoortdaarsonder te sleep nie.  'n Stel kos ongeveer soveel of selfs minder as een band wat jy andersins kan verloor.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 21:42:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het n 4wiel stelsel....ideaal sou seker n 6-sensor eenheid gewees het. Wat ek hoofsaaklik gesoek het was n eenheid waar mens al die wiele se drukking en temperatuur op een slag op die skerm kan monitor. Wil nie tydens ry aan die eenheid "scroll" om verskillende bande se lesings te kry nie. Was vir my ook belangrik dat die stelsel deurgaans opgedateerde lesings vertoon en nie eers wanneer daar n probleem opduik nie. Jy kry stelsels wat jou eers veranderings wys sodra daar n probleem is {Laagste drukking wat jy hom geprogrammeer het}.....so as jou bande nooit probleme gee nie, gaan jou stelsel ook nooit vir jou inliging deur gee nie. Dit het my bekommer met die vraag: hoe weet jy hy werk? Hierdie inligting het ek maar bymekaar gegooi van vorige drade waar forum lede insette gegee het en ek daarvolgens besluit het  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 08:19:13 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

AS ek sou aanskaf sou dit ook maar die 6-stel wees... Alhoewel ek dink die karavaan bande is sekerlik die grootste risiko....

Dan wonder mens maar of die gewig stories van oorlading nie maar die grootste faktor is van bande wat bars of faal nie?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 09:19:41 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek het 'n stel (by Abraham gekoop) wat ek nou nie meer benodig nie. Die Touareg het sy eie ingeboude stelsel en met al die goetertjies (my vrou se beskrywing) in my voorruit - "dash" kamera, GPS, Joanie se elektriese sigaret laai apparaat, selfoon laai apparaat - is daar eenvoudig net nie plek vir nog iets nie. Ek monitor dus maar "Pophuis" se wiele met die hand soos ek stop.

Redelike aanbod vir die monitor stelsel (6 monitors, ses ekstra batterytjies, ses anti-vibrasie sponsies, handleiding ingesluit) kan gemaak word direk by 071 agt sewe sewe 60 sewe nege of by nicow039 by gmail.com

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 09:20:48 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek het n 4wiel stelsel....ideaal sou seker n 6-sensor eenheid gewees het. Wat ek hoofsaaklik gesoek het was n eenheid waar mens al die wiele se drukking en temperatuur op een slag op die skerm kan monitor. Wil nie tydens ry aan die eenheid "scroll" om verskillende bande se lesings te kry nie. Was vir my ook belangrik dat die stelsel deurgaans opgedateerde lesings vertoon en nie eers wanneer daar n probleem opduik nie. Jy kry stelsels wat jou eers veranderings wys sodra daar n probleem is {Laagste drukking wat jy hom geprogrammeer het}.....so as jou bande nooit probleme gee nie, gaan jou stelsel ook nooit vir jou inliging deur gee nie. Dit het my bekommer met die vraag: hoe weet jy hy werk? Hierdie inligting het ek maar bymekaar gegooi van vorige drade waar forum lede insette gegee het en ek daarvolgens besluit het  

Hoor jou, maar mens is geneig om jouself te beswaar met "information overload". Om al die inligting (druk plus temperatuur) gelyktydig heeltyd vir elke band te sien is soos om 'n groen lig in te sit vir alles wat jy wil weet of dit nog reg is. As niks biep of rooi flikker nie is daar niks inligting wat jy nodig het nie, ek wil nie weet heeltyd wat die druk is nie, net as dit begin val en dan net daai band s'n. As ek regtig wil weet wat elke band doen kan ek maklik toggle (Abraham se stelsel is beweging sensitief en skakel af as die voertuig vir 'n ruk nie beweeg nie, en skakel weer aan met 'n biep as ek selfs net in die voertuig klim). As een sensor nie werk nie kerm die stelsel baie gou, "no news is good news". Maar ja party mense wil heeltyd alles weet. Ek het ook baie huiswerk gedoen voor die tyd en op 'n minimalistiese oplossing besluit, die Ranger het genoeg info orals om mens mal te maak, wou nie nog 'n klomp goed byvoeg nie :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:05:29 am
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 583
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

'n Banddruk monitor is inderdaad 'n geldspaarder en ook 'n groot ongerief bespaarder.  Bande kenners sal vir jou vertel dat 'n band bars nie sommer sonder rede nie - die grootste oorsaak (behalwe SA se onvermydelike slaggate) vir bande wat bars is 'slow punctures' (SP) - daarby bedoelende dat die SP nie oor 'n verlengde tydperk lek nie, maar binne ' kort tydperk. Wat gebeur wanneer jy oppad is en so SP kry (spyker, of wat ookal) dan word die band stadig pap, jy kom dit nie sommer agter nie (padda in kastrol met warm water effek). Soos die band pap word (en die vrag word nie ligter nie!!!), is daar meer las op die sykante (side walls) van die band. Hierdie ekstra las veroorsaak opbou van hitte en uiteindelik bars die band van oorverhitting!! As 'n band gebars het en jy ry so 100 - 200 meter om veilig tot stilstand te kom, is daardie band waarskynlik daarmee heen en alle moontlike bewyse van rede vir bars is vernietig!  In sulke gevalle word oorlading van die voertuig dikwels verkeerdelik aanvaar as oorsaak (NIE dat oorlading nie bydraend is nie, maar nie noodwendig primêre oorsaak nie....).
Die banddruk monitor sal vroegtydig vir jou waarsku van drukverlies en dan kan jy stop, die banddruk bevestig met jou aparte  metertjie en dienooreenkomstig oppomp of ruil of wat ookal. Daar het jy darem die prys van 'n nuwe band gespaar (as jy een kan kry op die naaste dorp en waarskynlik tydens ongewone ure - en daai ouens kan jou laat betaal as hul wil!!!). Om nie eens te praat van die gevare om deesdae lank langs die pad te stop op plekke wat dalk nie veilig is nie - verkeersgewys of selfs ongewenste besoekers met slegte idees??

In my opinie is die banddruk monitors noodsaaklik en ek is al menige kere 'gered' van bg. skade/verliese!!

Die stelsel wat ek gebruik is verskaf deur Abraham Kruger en die 'na-verkope' diens is baie goed. hy is ook baie behulpsaam met advies en raad. Indien jy hom wil kontak om die stelsels te bespreek, sy nommer is 082 926 0585.

(PS. Ek het geen sakebelange by Abraham se besigheid nie, slegs ervaring van sy diens en in belang van veilige reis vir kamp vriende!!!!)

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:29:02 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Môre Nico waar woon jy ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:39:38 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek glo steeds aan voorkoming en ja die TPMS kan 'n groot bydra maak solank mens net nie gerus raak en die basiese ding soos elke uur of wat voel of die bande warm word.

Soos Egbert genoem het kan daai stadige lek bydra tot die band wat bars maar as mens vat dat 'n band tot 140 grade kan styg voor dit te warm word het mens net soos met laers baie keer tyd om betyds te reageer op voorwaarde dat mens bewus is v d temp wat styg.

Ek is geneig om met Pieter saam te stem dat ons moontlik ons waens oorlaai en dit lei tot bande wat bars tesame met die druk wat laer as normaal is. Ek dink ons sit bande op wat bv 800kg per band kan dra en met 'n enkel as is ons dus veilig met die wa wat bv 1500kg weeg. Die 800kg is egter teen bv die maks druk van 450kPa. Nou ons pomp bv 300kPa so die band is nie meer veilig tot en met 1600kg vir 'n enkel as nie. Druk val na 200kPa en gaan wel warm word. Die TPMS kan dan help indien 'n lek ontstaan kort nadat ons gestop het en gevoel het die bande is nie te warm nie.

Net soos met die neus gewig dink ek sodra ons aircons, 2e 102Ah battery, inverter, son panele, yskas vol gelaai, al ons ekstra tafels, silwer seil, storm net, ysmasjien, 2 laptops en wat nog dan is ons ver oor die GVM of bande se maks teen 300kPa. Sou ons met 'n tipper ry is dit seker minder van 'n probleem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 10:40:57 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Môre Nico waar woon jy ?

Nico is van Germiston.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 13:53:42 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Nico is van Germiston.

Jammer Willie. Ek verneem dat Nico nou in Parys is. Sy profiel wys egter nog Germiston.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 19:13:29 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Oor die inligting oorlading kan ek nie saamstem nie.  Dit lyk aanvanklik verwarrend om al die apparate te sien, maar jy raak dit gou gewoond en gee net aandag waar dit op 'n sekere tydstip benodig word. Addisionele inligtingsapparaat in my voertuig is 'n bandmonitor, GPS, selfoonwat op radio inskakel en dashcam.  Almal is nuttig en trek nie my aandag af nie.  'n Mirage pilot het nog meer instrumente wat onder baie groter druk gelees moet word, so die paar ekstra behort nie probleme te gee nie.  Ek stem ook saam dat die bandmonitors al die inligting moet toon sonder dat ek knoppies moet druk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 06:50:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek verkies weer dat die band monitor dormant moet wees en net die info deur gee as daar fout is.  Dis in elkgeval klaar 'n verbetering om die toestel te hê teenoor daar sonder sleep.

Sonder dit is die info tov 'n papwiel ook dormant todat jy voel daar is fout.

So die huidige werk vir my chapperig.  Die batterye in die sensors hou baie lank en as hy by die huis werk sal hy goed werk gedurende die trippie.  Die monitor en sensors is nogal betroubaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:03:14 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Jammer Willie. Ek verneem dat Nico nou in Parys is. Sy profiel wys egter nog Germiston.

Baie dankie vir die regstel van my huidige ligging en apologie dat ek dit nie eerder reggestel het nie!

Dit is nou gedoen so nou is ek offisieel 'n Vrystater😁👍!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 11:09:27 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Baie dankie vir die regstel van my huidige ligging en apologie dat ek dit nie eerder reggestel het nie!

Dit is nou gedoen so nou is ek offisieel 'n Vrystater😁👍!

My profiel foto ook nog van 'n vorige wa wat ek gehad het maar ek kry nie nuwe foto gelaai nie. So,ek los dit maar so.wink

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:08:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hennie ek het ook op 'n stadium effe gesukkel om dit verander te kry.

My raad is verwyder die huidige fotos en info wat jy wil verander die een dag en op 'n ander dag laai jy die nuwe. Dit het toe vir my gewerk.

Dink dit was maar iets te doen met wat ek mag en nie mag doen hier by die werk nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:30:50 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My profiel foto ook nog van 'n vorige wa wat ek gehad het maar ek kry nie nuwe foto gelaai nie. So,ek los dit maar so.wink

Hennie ek het ook op 'n stadium effe gesukkel om dit verander te kry.

My raad is verwyder die huidige fotos en info wat jy wil verander die een dag en op 'n ander dag laai jy die nuwe. Dit het toe vir my gewerk.

Dink dit was maar iets te doen met wat ek mag en nie mag doen hier by die werk nie.

As ek profile picture verander, neem dit paar dae voor hy fisies verandering toon. Ek het Sondag my foto weer verander....hy het Maandag eers op selfoon verander en eers Donderdag op tuis rekenaar. Weet nie hoekom daar so groot tyd verskil is tussen die 2 nie. Maar as jy verander, wees maar bietjie geduldig.....dit gebeur nie direk nie (of altans by my)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 10:36:21 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Al wat ek kan dink hoekom dit so lank neem die profile info word in die cache op die foon en PC gestoor sodat dit data spaar deur nie dieselfde inligting elke keer te moet laai nie en dit skep dalk die vertraging.

Ek het ook al gesukkel met profile pic verander maar verkies om nie my "history" en "cache" te delete nie.

Dalk kan admin ons riglyne gee hoe om te maak dat die verandering wys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 10:52:12 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Dankie julle. Sal probeer.

Nou het ons Willie se draad gekaap.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 13:33:46 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek moet se wat my die meeste beindruk het is die monitor is voor my rev counter en speedo en dis redelik donker daar so die solar paneeltjie kan nie juis die battery laai nie. Dit het 38 dae gevat voor die battery wys dat dit 33% pap is en ek die 1e keer die USB gebruik het om dit weer vol te laai.

Stteds baie tevrede met die koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required