English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 974
Total Replies: 225 334
Total Views: 82 168 057
topics: 773
replies: 12 376
views: 4 967 665
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Band drukking

replies: 32
views: 3076
09 Mar 2017 @ 08:08:27 am
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 17 Aug 2011
Hallo al julle wonderlike mense. Ek het in vraag. Ek sleep in Penta met in Hilux 3.0 D4D dubbel kajuit. Wat is die beste band druk vir die kombinasie. Huidiglik is my banddruk soos volg;
Bakkie voor 2.4
Bakkie agter 2.6
Pents 3.1

Ek het die afgelope naweek in band gebars op die Penta, die drukking was 3.1 volgens Jurgens. Die bande is nog baie nuut. My karrafaan staan nie op sy bande by die huis nie. Wil net noem dat dit die derde keer is wat ek in band verloor.Die bande wat ek posit is wat voorgeskyf is deur Jurgens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:21:22 am
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

When were the bande made ?

Make all your tyres 3.0 for a smoother ride and cooler tyres.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:24:29 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 345
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Ek pomp my bakkie se bande min of meer die selfde drukking as joune.

Die karavaan se drukking is 2.5 op teer en 1.8 of laer op grond paaie - en nog nooit pap wiel gehad in 17 jare se sleep.

Wat het die die pap wiel veroorsak ? - as dit n skerp ding soos n spyker was dan kon jy dit nie vermy nie.

Ek wil n bande drukking meter op my bande sit so ek kan stop voor die band bars - hulle se die meter is goedkooper as n nuwe band.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:25:33 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
As die wa kommersiele bande ophet is dit gewoonlik vir 4.5Bar maks gespec (hoe meer die druk hoe meer die dra vermoee). Teen 3.1 Bar behoort selfs 'n motorband nie te bars nie behalwe dat die arme band waarskynlik meer gewig dra as waarvoor dit bedoel is. Meeste bande vertoon ook op die sywand wat die band se maks druk is. Watter vervaardiger se bande was dit?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:34:35 am
Anonymous

Nick, heng jammer om van die drama te verneemsurprised

Ek pomp my Penta 3.0 bar en het "C" bande op, gee asb so bietjie meer inligting wat jou bande se maak, vervaardig datum, ens is. As dit nie "C" rated is nie, is dit nie regtig geskik vir karavaan nie.

Ons sal beter kan help met meer inligting.

Onthou, bande het 'n beperkte leeftyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:39:16 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Ek pomp my Fleetline se bande 4,0 bar en sleepvoertuig 3,0 bar. 'n Band wat hard gepomp is, bars nie sommer nie.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 09:55:39 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Banddrukmeters is wat my betref, 'n moet.  As karavaanslepers dit nog nie het nie- koop 'n stelsel vir Vroulief se verjaarsdag- of Kersfees, maar kry dit!  Ek het twee bande verloor toe ek nog nie so 'n stelsel gehad het nie.  Die band gaan nog steeds pap word as dit bv 'n spyker optel, maar jy gaan dit betyds weet om die band te red.  'n Stelsel kos waarskynlik hier by die R3500 terwyl een band op my kar R2500 kos.  'n Fortuner or Everest s'n nog meer.  Die gemoedsrus is BAIE meer werd. En jy betaal net eenmaal vir die stelsel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 10:13:34 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Nick die karavaan se bande is weier as die van die sleep voertuig. Is dit nie miskien dat jy die wa te ver liks laat loop op die pad en die wiel partykeer van die teer afgaan nie, en dan dalk die band se wande beskading nie? Hierdie is net n gedagte.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 10:18:24 am
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

Nick die karavaan se bande is weier as die van die sleep voertuig. Is dit nie miskien dat jy die wa te ver liks laat loop op die pad en die wiel partykeer van die teer afgaan nie, en dan dalk die band se wande beskading nie? Hierdie is net n gedagte.

Happened to a friend often......whenever I was behind him I called over the radio ! Sadly he lost 3 that way on his Penta....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 10:40:38 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Piet se gedagte kan soms waar wees maar dis nie die enigste verklaring nie.  Ek dink 'n mens tel dalk spykers, skroewe en skerp klippe op waar die karavaan ookal gaan- in karavaanparke, waar jy aftrek vir koffie, selfs op die teerpad.  Ek het beide 'n linker en 'n regterband op twee verskillende geleenthede op die karavaan verloor en 'n aantal op die sleepvoertuig ook. Die probleem is egter nie so groot as jy onmiddelik weet daar is 'n lek nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2017 @ 20:55:42 pm
Anonymous

Jy kan by Abraham, op die forum, 'n 6 stuk monitering stelsel vir onder R2500.00 kry, Midas digitale druk meter vir om en by R450.00

abraham@tireguard.co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 13:43:00 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Jy kan by Abraham, op die forum, 'n 6 stuk monitering stelsel vir onder R2500.00 kry, Midas digitale druk meter vir om en by R450.00

abraham@tireguard.co.za

Johan ek het nog net slegte ondervindings gehad met TPMS wat ek ingesit het. Die stelsel wat jy van praat, moet jy n Arial onder die voetuig sit om die karavaan wiel sensors op te tel of hoe werk hy?

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 14:16:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Piet, 'n Mens kry wel 'n versterker wat jy kan gebruik, maar in my geval tel die eenheid die karavaan se wielsensors gemaklik op daarsonder.  My stelsel (tyredog) werk nou meer as twee jaar sonder probleme.  Ek moes onlangs die eerste twee batterytjies in die moninors vervang.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 14:27:56 pm
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 17 Aug 2011
Ek het dit ge google man ek dink did is in moet vir enige karafaner . gaan verseker vir my dit aankoop. hahaaha moet eers weer spaar vir twee nuwe bande.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 14:28:02 pm
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 17 Aug 2011
Ek het dit ge google man ek dink did is in moet vir enige karafaner . gaan verseker vir my dit aankoop. hahaaha moet eers weer spaar vir twee nuwe bande.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 14:37:39 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Piet, 'n Mens kry wel 'n versterker wat jy kan gebruik, maar in my geval tel die eenheid die karavaan se wielsensors gemaklik op daarsonder.  My stelsel (tyredog) werk nou meer as twee jaar sonder probleme.  Ek moes onlangs die eerste twee batterytjies in die moninors vervang.

Dankie vir die inligting Fred. Ek het gaan google, watter model gebruik jy? Daar is n paar op die web blad.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 16:55:09 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Piet, Myne is die Pulse 510. Ek weet nie wie dit almal verkoop nie, maar ek het myne by The Deaf Shop in Durban gekoop. (http://www.tyrealert.co.za/tpms_list.html).  Daar is drie tipes sensors: 'n interne een, en twee eksternes. Die interne een se batterye sê hulle hou vyf jaar, maar aangesien dit lyk dit my, net sein stuur as die wiel draai, sal dit waarskynlik op 'n karavaan langer loop.  Die band moet afgehaal word om by die sensor uit te kom.

Die twee eksternes se batterye sê hulle hou ongeveer twee jaar. Ek kan dit bevestig- twee van die vier op my Kuga is na bietjie meer as twee jaar vervang, die ander twee hou nog.  Eksternes is natuurlik blootgestel aan diefstal of meganiese skade maar hulle is maklik diensbaar.  Myne moet afgehaal word om die wiele op te pomp, terwyl die ander tipe 'n deurvloei ontwerp het en jy hoef dus nie dit af te skroef om die bande te pomp nie.  As ek nou sou moes kies, sal ek eerder dit neem.  Intern of ekstern- ek kan nie sê watter een verkieslik is nie. Jy kan hulle ook meng.

Jy het eintlik agt monitors nodig as jy op jou sleepvoertuig ook moet sit.  My stel kan net ses sennsors hanteer, so jy sal seker eerder na die 516 kyk wat eintlik vir groot vragmotors bedoel is en tot 38 wiele kan monitor.  Of het die Everest dalk reeds so 'n stelsel?  Ek weet die nuwe Kugas het. My monitor, wat ek permanent langs die instrumentepaneel gemonteeer het,  wys alses wiele se inligting heeltyd gelyktydig terwyl die 516 een na die ander wiel toon, wat seker nie anders kan nie maar bietjie lasting klink.  Kyk gerus ook na ander make.  Ek weet Tiger Wheel & Tyres verkoop ook stelle, maar ek het geen besonderhede nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2017 @ 19:34:09 pm

Dankie Fred, ek sal more verder gaan google want ek moet n stel vir die karavaan kry. Nee my Everest het nie TPMS op nie, sal dit in ag neem as ek koop.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2017 @ 08:59:31 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1969
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Gebruik Abraham se seswiel stelsel nou al vir drie jaar en nog geen probleme nie. Al baie interesante dinge opgemerk. Die wiele wat son op skyn se temperatuur is hoër  as die in die skaduwee terwyl jy ry. Nie gedink dit is so groot verskil nie en het op die eerste rit kort kort gestop omdat ek gedink het daar is fout. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2017 @ 10:28:10 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jan, die hitteverskil kan waarskynlik anders verklaar word.  As jy binne-sensors aan jou wiele het, meet hulle wel die temperatuur van die lug in die band.  'n Mens kan nie aanvaar dat die temperatuur van die lug binne die band dieselfde is as die sensor wat buite sit en waarvan 'n groter oppervlakte aan die son blootgestel word teenoor die wiel self nie. As hulle buite sit, kan hulle nie die temperatuur binne in die band meet nie- hulle meet net hulle eie temperatuur.   Die sensor sit immers heel verwyder van die lug in die band. 

Ek het dieselfde verskynsel waargeneem maar ook gemerk dat, hoewel die temperatuur soms aansienlik hoër is as die aan die koeltekant, die banddruk nie soveel verskil nie.  As jy ure lank met die son op eenkant ry, kan die band se temperatuur wel styg, maar ek het gevind dit neem heelwat langer. Dit het my laat besef dat die temperatuur misleidend is. Ek het toe gewonder hoekom, en dit uiteindelik uitgewerk.  Dit pla my nie want die temperatuur is tog nie so belangrik as die werklike druk in die band nie.  Wat ek wel opgemerk het, is dat die trekwiele se druk mettertyd effens meer styg as die ander, sekerlik omdat hulle harder werk om die krag oor te dra.

Die rede waarom die temperatuur wel met buite sensors getoon word al is dit onbetroubaar, is waarskynlik maar net omdat dieselfde stroombaan in die binne en buite sensors gebruik word en omdat die monitors gemaak is om beide binne en buitesensors te lees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2017 @ 11:03:34 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1969
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Fred, wat ek ook waargeneem het is dat die druk ook redelik styg op die woonwa se wiele as jy in beweging is. Stilstaan voor  ek vertrek is die druk 3 bar en gaan so hoog as 3.5 bar later in die rit. Die wiele aan die sonkant wat se temp. hoër is se druk is ook hoër as die skaduwee kant. Later verander dit soos son skuif. My sensors waarsku my net wanneer die druk verlaag.  Soos ek sê het met my eerste rit op my senuwees gewerk maar nou gewoond daaraan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2017 @ 12:55:22 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jan, As die druk in jou skadukant van die woonwa besonder hoog styg, wonder ek of jy nie dalk teen te lae druk ry nie.  Vergelyk die styging met die van jou sleepvoertuig.  As dit aansienlik meer styg as die sleepvoertuig s'n, moet jy miskien 'n paar ekstra Kpa inpomp.  Woonwawiele werk harder as 'n kar s'n.  Hoewel, 3Bar klink nie juis laag nie.  Gaan ook die sporing (toe-in) van jou woonwa na.  Ek weet nie of die rubaxvering verstel kan word nie.  Op my vorige Sprite, met swaai-arm vering, het die druk bietjie kwaai gestyg en toe ek meet, vind ek die toe-in was uitermate groot.  Na ek dit reggestel het, het die druk nie meer so baie gestyg nie

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2017 @ 13:48:37 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Gebruik Abraham se seswiel stelsel nou al vir drie jaar en nog geen probleme nie. Al baie interesante dinge opgemerk. Die wiele wat son op skyn se temperatuur is hoër  as die in die skaduwee terwyl jy ry. Nie gedink dit is so groot verskil nie en het op die eerste rit kort kort gestop omdat ek gedink het daar is fout. 

Dankie Jan, ek kyk na alles op die mark maar gaan nie weer koop voor ek seker is dat dit gaan werk nie.

Dit is ongelooflik die temperatuur verskil tussen die bande wat in die son kant loop of staan. Ek sal dit nog een dag meet. Dit is waarom alle bande gepomp moet word as hulle koud is en nie in die son staan bnie.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2017 @ 06:48:39 am
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 17 Aug 2011
Ek het movers op my Penta, kan die movers nie dalk ook die bande beskadig nie.? Ek het al twee vervang en die nie gebarste wiel was baie naby aan bars. Ek sal maar elke 6 tot 8 jaar bande vervang al is die loop vlak nog goed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 01:28:48 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4089
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het movers op my Penta, kan die movers nie dalk ook die bande beskadig nie.? Ek het al twee vervang en die nie gebarste wiel was baie naby aan bars. Ek sal maar elke 6 tot 8 jaar bande vervang al is die loop vlak nog goed.

Nick jammer om te hoor van jou skade. Kan ek dalk vra hoe het jy bepaal dat die ander band naby aan bars was?

@Fred - Kan net noem dat iewers in 1982+ is daar weggedoen met die swaaiarm veringstelsel en daarmee saam die verstelbaarheid van wielsporing.

Weens die direkte korrelasie tussen druk en temp verstaan ek nie juis hoekom jy noem dat die temp misleidend is. Dis tog temp wat sal maak dat die band wel bars. Soos reeds genoem styg die drukking redelik baie soos die temp styg. Dis nie die hoer drukking wat die temp laat styg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 06:06:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hallo al julle wonderlike mense. Ek het in vraag. Ek sleep in Penta met in Hilux 3.0 D4D dubbel kajuit. Wat is die beste band druk vir die kombinasie. Huidiglik is my banddruk soos volg;
Bakkie voor 2.4
Bakkie agter 2.6
Pents 3.1

Ek het die afgelope naweek in band gebars op die Penta, die drukking was 3.1 volgens Jurgens. Die bande is nog baie nuut. My karrafaan staan nie op sy bande by die huis nie. Wil net noem dat dit die derde keer is wat ek in band verloor.Die bande wat ek posit is wat voorgeskyf is deur Jurgens.

Hi Nick.  Die bandrukke wat jy noem lyk vir my ook heel aanvaarbaar. Alhoewel ek die bandruk op my Penta in die omgewing van 2.7 gehad het want daar was 'n plakker bokant elke band geplak wat 270kpa aangedui het.

Ek wil voorstel dat jy vir jou 'n los banddruk metertjie aanskaf. want die vulstasies se bandpompe word nie gediens nie en dus verskil hulle lesings nogal baie. Sodoende kan jy by enige vulstasie pomp en die lesing met jou eie meter bevestig. Dus sal dit altyd baie naby aan dieselfde wees. Toets maar so 2 vulstasies se druk meters en gaan dan die druk na met 'n eie een. Jy sal verbaas wees oor die resultaat, veral as die toestel van die vulstasie in 'n gehawende toestand is.

As al die reg is moet jy kyk of daar nie dalk iets skuur teen die band/bande as die wa gelaai is nie. Maak 'n draai by campworld dat hulle kyk of as nie gebuig is nie. Oom Eddie se mense by Brits karavane het dit op 'n vriend van my se Classique vinnig agter gekom waar ons dit nie met die oog gesien het nie. Band wat skeef loop teenoor die rigting van sleep kan maklik ander temperature ervaar.

Dis maar my raad. Kyk maar na die wa se band ruk wat teen 3.1 vir my redelik hoog is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 06:47:30 am
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 17 Aug 2011
Hi Moon Member jou vraag " Kan ek dalk vra hoe het jy bepaal dat die ander band naby aan bars was?"

My ander band het stukke loopvlak gehad wat total weg was, die band het op die seil geloop. Die bande se loopvlak het seker nie eers 10 000km op gehad nie, en is in baie bekende handels naam bande.

Hi Leon, nee daar is niks wat teen die bande skuur nie. My karavaan staan op plafleise onder dak en kry geen son nie. Die karafaan staan ook altyd op sy jacks, met geringe gewig op die wiele.

Smaak my dit was maar net in swak "batch" bande.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 07:44:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13412
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi Moon Member jou vraag " Kan ek dalk vra hoe het jy bepaal dat die ander band naby aan bars was?"

My ander band het stukke loopvlak gehad wat total weg was, die band het op die seil geloop. Die bande se loopvlak het seker nie eers 10 000km op gehad nie, en is in baie bekende handels naam bande.

Hi Leon, nee daar is niks wat teen die bande skuur nie. My karavaan staan op plafleise onder dak en kry geen son nie. Die karafaan staan ook altyd op sy jacks, met geringe gewig op die wiele.

Smaak my dit was maar net in swak "batch" bande.

Weet jy wat is die ouderdom van die bande?  Op die kant van die band is 'n klein ovaal vormige sirkel met 'n nommer in bv 0612 dit beteken die band is gemaak in 2006 week twaalf. Ongeveer die laaste week van Maart in 2006.

Daar is ander drade op die forum met fotos van die informasie en meeste is dit maar eens dat mens die bande op jou karavaan vervang na 5 jaar. Normaal weg sal die loopvlak meer as 90% nog oor hê maar kanse is goed dat "Seperation" begin plaasvind dis fyn of selfs growwe krake tussen die groewe en aan die kante van die band.

Lig, Sonlig en suurstof is die grootste vyand van rubber en dit breek die rubber af oor tyd. Op 'n voertuig gaan die bande normaal weg vinniger afslyt en glad raak lank voordat separation intree. Klein sleepwaentjies verloor ook sulke loopvlakke want die bande raak eintlik oud en nie glad nie.

Laat weet ons wat was die datum op die bande.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 08:08:27 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, jy sê:

Weens die direkte korrelasie tussen druk en temp verstaan ek nie juis hoekom jy noem dat die temp misleidend is. Dis tog temp wat sal maak dat die band wel bars. Soos reeds genoem styg die drukking redelik baie soos die temp styg. Dis nie die hoer drukking wat die temp laat styg nie.

Wat ek bedoel is dat as jy buite monitors het, meet dit nie die temperatuur IN die band nie en jy weet dus nie wat die temperatuur in die band is nie. As dit buitensporig warm word, sal die monitor steeds sy eie temnperatuur toon.  

Jy noem ook dat rubax nie vir sporing verstelbaar is nie.  Ek het wel gehoor van gevalle waat die as gebuig het sodat die wiele se sporing waarskynlik uit raak.  Dit kan wel reggestel word, maar dis 'n groot storie wat deur 'n ingenieursonderneming gedoen moet word- die as moet weer reggebuig word en dis glo moeilik om dit presies reg te kry en is duur om te laat doen.  Die skade wat hierbo genoem word, en veral die feit dat beide wiele skade getoon het, laat my dink dat die as moontlik gebuig is.  Ek sou beslis daarna kyk as dit my wa was.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 08:14:46 am
Anonymous

Johan ek het nog net slegte ondervindings gehad met TPMS wat ek ingesit het. Die stelsel wat jy van praat, moet jy n Arial onder die voetuig sit om die karavaan wiel sensors op te tel of hoe werk hy?

Piet skuus ek sien nou eers jou vraag.

Ek het dieselfde stelsel op as baie ander lede op die forum, ek weet dat Wilsur dit ook op sy Exclusive gebruik, sonder enige probleme. 

As jy nog nie reg gekom het nie, hier is Abraham Kruger se e-pos adres.

Ek is baie tevrede met die stelsel wat ek het,  my tyredog kon net 4 x sensors vat, en ek wou meer hê, die eenheid kan jy tot iets soos 24 sensors op programeer as ek reg onthou.

  abraham@tireguard.co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 10:24:09 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4089
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie Fred. Ek het half gedink jy verwys na die omgewings temp wat gemeet word maar wou net seker maak. Dit klink half snaaks om sulke fancy monitors op te sit wat net die omgewings temp meet weens die sensor wat buite sit.

Ja die sporing kan uit wees weens as wat gebuig is. Ek glo dit kan reggetrek word maar redelik tyd daaraan verbonde met meet en pas. Ek het eintlik bedoel dat daar nie verstellings is vir wielsporing op die nuwer waens. Soos ek genoem het met my spacers insit die as kan wel sywaarts beweeg weens gleuwe maar nie vorentoe en agtertoe.

Band bars is iets wat vir my steeds baie vreemd is. Het nog nooit een gebars in 44 jaar nie dis hoekom ek soveel moeite gedoen het om die maks temp op bande te kry voor hulle bars. Ek voel my bande se tempo elke uur as ek stop en met laaste kamp dit fisies gemeet en nou weet ek hoe voel 44 grade op mens se hand :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 10:33:05 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4089
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Nick is jy nie bang dat jy jou onderstel gaan buig deur jou wa te stoor op die 4 jacks met die wiele weg v d grond nie?

Die onderstel is nie gemaak om die hele wa se gewig te dra nie - dis hoe ek dit het veral nie bv 10 maande 'n jaar nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2017 @ 11:35:34 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2219
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het twee bande verloor.  In die eerste geval het ek dit eers agtergekom toe die sleepvoertuig snaaks begin trek het en in die tweede geval toe ek die stukke rubber in die kantspieël gesien vlieg het.  Ek weet nie wat dit veroorsaak het nie, want ek het beide kere, soos altyd, na die wiele gekyk voor ons vertrek het.  Ek vermoed die bande het 'n lek gekry waar ons gestop het om koffie te drink of moontlik selfs in die karavaanpark self.   Dit was voor ek 'n monitorstelsel gehad het.  Ek moet ook bieg: ek het gewone motorbande opgehad- het baie jare met gewone bande gesleep voor ek wys geraak het en bakkiebande opgesit het. Dit kan dus ook wees dat die bande, wat baie naby hulle dravermoë was, net eenvoudig te swak was vir die werk wat hulle moes doen. 'n Karavaan se bande werk harder as 'n kar s'n.

As jy mooi daaraan dink sal jy besef die buite-sensors kan nie akkuraat die bande se temperatuur meet nie.  Hulle is deur 'n rubberbuisie verwyder van die wiel en beide rubber en die  lug in die pypie, is nie goeie hittegeleiers nie.  Ek het begin vermoed hulle lees nie akkuraat nie toe ek myne begin gebruik het en ek gevind het sekere wiele- ook op die trekvoertuig, lees heelwat hoër as die ander terwyl nie druk nie juis hoër is nie en so 'n wiel ook nie juis voelbaar warmer is nie.  Die son kan persentasiegewys minder van die band bereik as die buite sensor en die wiel kan ook hitte optel van 'n baie warm pad of selfs hitte afgee aan die pad as dié nog nie baie warm is nie.  Dit is dus duidelik dat verskillende faktore 'n invloed het op die band se temparatuur en die buite-sensor s'n en jy dus nie kan reken op die akkuraatheid van die temperatuur wat deur 'n buite-sensor verskaf word nie.  Maatskappye bou slegs een soort monitor om koste te bespaar en ook sodat jy verkilledne soorte sensors kan gebruik en ek vermoed die stroombane in al die sensors is dieselfde, ook om koste te bespaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required