English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 449
Total Views: 82 431 159
topics: 134
replies: 2 094
views: 47 843
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Band druk in ons wild reservate

replies: 9
views: 457
05 Jun 2019 @ 09:44:02 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons het almal ons eie teorieë ten opsigte ons band druk op ons sleep voertuig en ons karavane

Vraag is. Sou jy die Kruger wildtuin besoek (bv) en jy het af gehaak opgeslaan en is reg om wild te gaan soek. Verander jy jou band druk op jou voertuig om die sand en klipperige paaie aan te vat of los jy jou bandruk net soos wat jy sleep. As jy verander watter druk is jou gekose band druk ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 10:04:03 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1011
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Ek dink so 1.6 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 10:37:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14156
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek los banddruk net so....verander nie. Grondpaaie is darem nie so rof nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 10:37:39 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

So 1.5 bar. Dit gee n' sagter rit en skud die voertug minder op die sinkplaat en klippe. Dan moet weer op pomp voor verder sleep. Dit kan n' beslomernis wees. So ons doen dit nie altyd nie. Tans 2.5 bar in Dinokeng...stamperig.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 10:42:31 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dit bly maar n goeie vraag. Wanneer ek by die Wille Kruger aankom is my bande EN my vere se air bags (lifters) hard gepomp. Ek blaas my bande af na 1,8 terwyl ek daar kuier, al ry ek van die een kamp na die ander met die karavaan, jy ry dan mos stadig. Ek blaas die air lifters dan ook heeltemal af. Die Wille Kruger is nie heeltemal sagte-band-kwaliteit nie, maar die Fortuner kan jou stopsels uit jou tande skud as jy met harde bande op grondpad ry.

Wanneer ek weer die pad vat pomp ek hulle weer hard.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 11:30:09 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2734
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Wildtuin is stadiger spoed, so hou die bande heeltyd onder 1.8.

Kan weer oppomp wanneer jy die Park verlaat.

Dit spaar jou voertuig, sowel as die paaie vir ander gebruikers...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 12:08:41 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

My Landy se bande word net sowat 230kPa gepomp as ek sleep (200 andersins) waar die wa se bande 280 is. Ek los dan my bande net soos hulle is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2019 @ 13:28:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal dit ook netso los want die paaie in die Kruger is darem nie almal grond pad nie.

Oor die algemeen vêr grondpad ry sal ek die druk in die bande laat sak tot 1.5 Bar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 09:50:00 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek verlaag ook my banddruk wanneer die "Pophuis" afgehaak is en ons gaan ry.

Tans (met "Geit" - Touareg) verlaag ek die druk voor tot 2.2 en agter 2.5 waar die grondpaaie nie te erg is nie. Met my Suzuki Grand Vitara het ek op slegte paaie druk verlaag tot 1.5 voor en agter 1.8

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 18:15:56 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1309
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

In any game reserve, i go to 1.5 on the vehicle. I leave the van's tyres pumped up because it is mainly tarred roads to the camps. As mentioned you have to go slowly on the tar roads in the reserve so I only pump up when we leave for home.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required