English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 505
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 387
topics: 410
replies: 3 995
views: 1 477 891
Talk about the current road conditions throughout the country

Badplaas vanaf Pretoria

replies: 4
views: 1548
18 Apr 2017 @ 10:46:42 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4448
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek gee graag my indrukke van die roete oor Carolina na Badplaas.

Pretoria N4 tot by Wonderfontein - die 1e afdraai na Carolina. Die 1e 10km is daar wel slaggate maar nie diep nie. Die res v d pad tot op Carolina is die pad soos enige pad wat goed gebruik is deur die jare en nie baie gelyk nie maar heel rybaar. Slaggate is gevul. Die pad tussen Carolina en Badplaas is mooi met nie 'n enkele slaggat nie. Daar is ook geen padwerke aan die gang nie.

Weens die feit dat hierdie roete baie korter is as oor Machado na Badplaas sal ek dit dus eerder ry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 11:05:11 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2767
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dankie vir die trerrugvoer Danie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 11:48:39 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Die verskil in afstand tussen die twee roetes is presies 10 km. Kyk maar op enige GPS. Die pad via Machadodorp is volgens my beter. Jy bly langer op die snelweg met geen addisionele tolhekke nie. Die enigste slaggate is in Machadodorp self. Die natuurskoon is mooier op die roete en die stuk pad tussen Machadodorp en Badplaas is altyd baie stil.

Daar is nie tans fout met die roete soos deur Danie voorgestel nie. Die slaggate na die Wonderfontein afdraaipad is (vir nou!) weer gelap. Die pad daar is maar hobbelrig en die vragmotors trap die slaggate aanhoudend weer oop. Dit is dus die groot probleem. Die een keer wat jy daar ry is dit aanvaarbaar en die volgende keer baie sleg. Daardie stuk pad word van tyd tot tyd gelap maar nooit herstel nie. Nog 'n faktor is dat dit die roete is wat besoekers tussen Swaziland en Gauteng gebruik as hulle die Oshoek grenspos gebruik. Die verkeer is gewoonlik dan meer op die Carolina/ Wonderfontein roete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 13:52:44 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4448
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hans dankie vir die regstelling van my afstand waarna ek verwys. Ek het op my GPS terwyl ek in die restaurant sit op Badplaas gekyk na die 2 roetes om te bepaal watter een om te ry. Google het Machado om via Stoffberg se afstand gegee en ek het nie op die kaart gekyk nie maar slegs die afstand. Nou dat ek kom kyk het op die PC nou eers kan ek sien hoekom dit soveel verder gewys het. As ek dit geweet het sou ek ook via Machado gery het.

So leer mens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 19:45:42 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Dis mooi wereld daai
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required