English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 237
Total Replies: 248 893
Total Views: 83 115 517
topics: 11 387
replies: 136 614
views: 39 268 228
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BROMMER | MERRY PEBBLES 12-2019 - 01-2020

replies: 29
views: 600
13 Jan 2020 @ 14:16:34 pm
Anonymous

Ons het besluit om nie die 7 - 10 dae geleentheid by die kus te gebruik nie aangesien dit te kort is. Dus toe ons begin vertrek het ons so bietjie binneland bekyk en besluit op Merry Pebbles.

Heerlike tyd gehad vir 2 weke, direk langs die rivier.

Dit reen wel gereeld en die krag pla nogal wat so baie afgaan, so die inverter en batterye was gelukkig reg vir die storie.

Ons het darem so paar forelle saamgebring huis toe. 

Oord was redelik leeg teenoor wat ek dit geken het altyd.. Maar hoe minder mense hoe beter!!! Lekker rustig.

Staanplekke is lekker groot soos altyd en die bome is baie... Daar was paar redelike warm dae en ons moes ook maar die laaste 3 dae die silwer seil inspan.

Heerlik langs die rivier, maar met die reen kom daar natuurlik ander dinge ook.. paddas en slange. Ons het dit hanteer soos nodig. Ekt op stadium selfs 4 slange in een dag gekry, een was ontdek deur my 6jarige dogtertjie onder ons tent se dak, oop en bloot, so rofweg 1m bruin slang. Moenie vra watse slang, ek ken nie. Van die slange swem in die rivier ens maar ekt bietjie met die visstok hulle gepiets..

Ek moet sê Merry Pebbles bly 'n lekker oord, hier en daar sou ek bietjie aan dingetjies aandag skenk maar dis persoonlike behoeftes.

Ons het die kleintjies na die dinosaur park en sudwala grotte geneem (2 keer....)

Ek is bietjie teleurgesteld in die bestuur van grotte deurdat die ligte binne die mos en plate laat groei op die miljoene jare oue gesteentes ens. Baie het verander in die laaste 4jaar.. Dis baie jammer en ek dink nie my kinders sal ooit weer dieselfde dinge sien soos ek dit gesien het toe ek kind was nie.

Die mens kan iets wat baie lank behoue gebly het baie vinnig vernietig.

Verder moet ek noem dat ek sien die buitelanders besoek steeds die gebied redelik veral na Graskop se kant toe.

Bly 'n pragtige gebied in die Sabie omgewing. Het bietjie nuwe watervalle gaan ontdek wat minder besoekers kry, soos die Forest Falls, Maria Shires Falls ens. Moes met die 4x2 Fortuner redelike paadjies aandurf om daar uit te kom, selfs boom wat die bospad versper het, nogal 'n storie as jy moet omdraai..

Lekker saam van die kampeerders visgevang, en die laaste paar dae het ek sommer ontdek die forelle hou van gebraaide boerewors.. Mense wat nooit eers 'n byt in n week gehad het nie, het sommer die aand 2x visse uitgetrek op boerewors. 

Ek was impressed om te sien hoe klein dogtertjies van so tussen 6 en 8 jaar oud self visvang en dat hulle dit so geniet het.

Ons het die oord se restaurant vir 2 aande gebruik vir aandete en dit was nice, ek het maar beide kere die beesstert potjie geneem, baie nice.

Kiddies kon fietsry, en behalwe vir die slange was dit 'n baie aangename vakansietjie. Bietjie kort na my sin aangesien ek eers 27 Desember kon wegkom, maar dankie Eskom vir die werke ;-) hehe....

Eendag as ek tyd het en die moed het om die fotos op te laai sal ek bietjie plan maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 15:03:39 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Merry Pebbles is een van ons gunsteling oorde. Baie om te doen in die omgewing en ook op die oord. Fasiliteite en sekuriteit is goed. Ons het onsself 'n paar jaar terug vasgeloop in erge reën oor Desembermaande. Ons laaste besoek in 'n Januariemaand was egter baie meer rustig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 17:21:04 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 388
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Looking forward to our stay in Graskop during May for 1 week and then Kruger for 1 week. Have not been that way for 40 years and im told it has changed a lot, not for the better but we'll see.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 21:24:54 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4298
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Be prepared. Sabie, Graskop and Pilgrims are not the places you remember.

Paul, are you camping at Panorama in Graskop? Beautiful views of the waterfall, gorge and the lowveld. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 06:36:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15971
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het ons kuiertjie daar ook geniet.  Darem geen load shedding gehad toe ons daar vas nie.

Mens moet maar oppas vir skelms as jy die verskei besoek punte soos die verskeie valle, God's Window, Pinnacle ens besoek.  Klomp mense oor Desember daar beroof.  Bly maar in groot groepe dit kan help.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 07:42:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Was nog nie daar nie. Sal moet n draai gaan maak.

Dankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 09:13:37 am
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 388
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Hendrick we are staying at Panorama. Stayed at Merry Pebbles 40 years ago but read about Panorama and decided it would be better for sight seeing.

Expect things to be more spoilt, that is the reality of SA today, but the natural beauty is still there and will just have to look beyond the first impressions.

Here in Kzn people have been allowed to hang their washing on the top of Howic falls which totally spoils any photos

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 09:38:36 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

ek was des 2018 by panorama in graskop en het dit baie geniet.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 09:41:36 am
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1251
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

We camped at Merry Pebbles some 30 years ago over Easter and what I remember it was  extremely crowded. The caravans were literally a meter or two apart...not for me!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 09:45:33 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Op my doen lysie, sal moet plan maak om die oord te besoek!

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 10:22:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daai Castle Rock karavaanpark oorkant Merry Pebbles....bestaan hy nog?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 11:53:01 am
Anonymous

Daai Castle Rock karavaanpark oorkant Merry Pebbles....bestaan hy nog?

Lyk so maar is leeg.. Goeie plek vir die wat nie prys van Merry Pebbles wil betaal nie ;-)

Merry Pebbles is nie juis crowded nie, die staan plekke is huge.... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 12:01:54 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Probleem met vra vir mense se opinie oor 'n oord is dat baie begin met "ek het eens op 'n tyd jare gelede daar gestaan...en die volgende was goor...daarom bly ek liewer weg..." Uiteraard is daai ondervinding van jare terug nie meer enigsins relevant nie en dit help ook nie die persoon wat in die nabye toekoms daar wil kamp nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 15:29:19 pm
Anonymous

Probleem met vra vir mense se opinie oor 'n oord is dat baie begin met "ek het eens op 'n tyd jare gelede daar gestaan...en die volgende was goor...daarom bly ek liewer weg..." Uiteraard is daai ondervinding van jare terug nie meer enigsins relevant nie en dit help ook nie die persoon wat in die nabye toekoms daar wil kamp nie. 

Wel ek is nie gepla oor wat mense sê nie, uit ondervinding weet ek dat die meerderheid elkgeval nonsens praat op forums en elkgeval meeste van tyd nie weet waarvan hul praat nie, daarom gaan vind ons maar self uit, oor enige topic... 

Vat bv die draad oor die 2.0 GX RAV4 Auto.. Te veel menings (raai wat om te sê), te min feite..

Wat Merry Pebbles betref, dit is en was nog altyd 'n baie nice oord, en nie sonder foute of insidente nie, maar dit bly 'n lekker oord met baie mooi groen gras, baie bome, lekker atmosfeer en pragtige natuurskoon in die omgewing.. Soms moet mens jou fokus net verskuif van die slegte na die goeie en jy sien dan die mooi daarin. Soms as iets krap, dan probeer oplossing kry vir probleem en as dit nie kan nie, maak vrede daarmee.

Ons was daar omdat ek geweet het dis 'n veilige keuse, groot staanplekke, rivier vir bietjie visvang, baie in die omgewing om te doen en te sien en jouself te kan geniet, en te kan rus. Dit was vir my die belangrikste van die afgelope vakansie.

Ek steur my regtig nie aan wat ander nou dink van 'n oord nie, party mense hou van sekere oorde en ander nie, jy moet maar kies waarvan jy hou en nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 15:59:33 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 570
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Brommer jy sê: “Wel ek is nie gepla oor wat mense sê nie, uit ondervinding weet ek dat die meerderheid elkgeval nonsens praat op forums en elkgeval meeste van tyd nie weet waarvan hul praat nie, daarom gaan vind ons maar self uit, oor enige topic... ”, maar tog gee jy breedvoerig terugvoer oor jou ondervinding by Merry Pebbles.

Ek dink (en ek dink ook baie ander kampers) waardeer terugvoer en neem dit in ag wanneer besluite oor ‘n kampplek geneem moet word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 16:07:50 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 410
Joined: 28 Feb 2018

What started on feed back on recent experiance of Merry Pebbles is now turning nasty, and the statement is "campers are the friendlles people in the world" , go campers go, moer hom

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 17:37:34 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek dryg ook al jare om te draai by MPeppels gaan draai moet plan maak dankie brommer vir terug voer

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 00:21:58 am
Anonymous

Ek dryg ook al jare om te draai by MPeppels gaan draai moet plan maak dankie brommer vir terug voer

Dis baie lekker oord. Die warm swembad het mamma vroeg oggend gebruik en sy was seker 5uur in oggende gou uit vir swem terwyl ek en die 3 kleintjies nog lekker slaap.... Dit was haar ontspanning....

Ek het bietjie met die forelle gespeel en so paar mooies gevang met boerewors ;-) (Die vliegie ding werk nie vir my nie, daar is mense wat met vliegies wel een of 2 gevang het in baie lang tyd, en dan is daar wat met spinners gevang het, en dan ander met broodjies - dis die wat ek gesien het iets vang)...

Verder het die kleintjies die swembad en speelparkie geniet, fietsies gery.. Ek sou my seuntjie met rivier afgevat het met die tube soos ons maar altyd het toe ons kinders was, maar na daai slange wat ek so gesien het, nee dankie ;-) Ek dink ook net ek is "gelukkig" om al die slange by ons by die rivier te gehad het, aangesien al die klein paddas natuurlik by ons was.......

 

Wat wel interessant is, is die feit dat min mense werklik lank bly... In ons 2 weke het ek basies mense sien kom en gaan in die oord en mense bly so 4 tot 5 dae lyk my gemiddeld..

Selfs in die chalet langs ons het ons 3x verskillende gesinne gehad in die 2 weke

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 09:55:49 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dit lyk maar asof mense orals hulle vakansies inkort, Selfs in Junie/Julie maande by KZN oorde lyk dit ook as of langste wat meeste mense saatn nou slegs 10 dae of so is, voorheen maklik 3 weke. Dis maar die ekonomie dink ek....

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 10:32:58 am
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Besoek die oord einde Mei want jy staan onder Pekaneut bome en kan dan baie neute oes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 11:11:47 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Besoek die oord einde Mei want jy staan onder Pekaneut bome en kan dan baie neute oes.

Ons het so paar jaar terug na 'n Cape Vidal vakansie in Julie by Merry Pebbles oorgeslaap op pad Kruger toe. Daardie aand was sekerlik die koudste wat ek nog in die karavaan gekry het. Dit was minus een in Sabie.

By navraag aan een van die eienaars van die oord meld hy toe dat Sabie 'n paar meter hoër as Pretoria is, en dus kouer is.  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 12:10:31 pm
Anonymous

Ons het so paar jaar terug na 'n Cape Vidal vakansie in Julie by Merry Pebbles oorgeslaap op pad Kruger toe. Daardie aand was sekerlik die koudste wat ek nog in die karavaan gekry het. Dit was minus een in Sabie.

By navraag aan een van die eienaars van die oord meld hy toe dat Sabie 'n paar meter hoër as Pretoria is, en dus kouer is.  

 

Kyk winter gaan jy maar koud kry, jy is immers by die rivier........... Selfs paasnaweek kan al koue aande bring

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 10:13:23 am
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 May 2008
Experience: 26 years

Dankie vir die terugvoer, kry mens nog verniet hout daar vir vuurmaak?

Ek dink dit was "pine" hout en nie geskik vir braai nie, maar lekker kuier vuurtjie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 11:48:16 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Dankie vir die terugvoer, kry mens nog verniet hout daar vir vuurmaak?

Ek dink dit was "pine" hout en nie geskik vir braai nie, maar lekker kuier vuurtjie.

Ek dink nie so nie. Blykbaar het die saagmeule langsaan toegemaak. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 11:55:33 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4298
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ons het so paar jaar terug na 'n Cape Vidal vakansie in Julie by Merry Pebbles oorgeslaap op pad Kruger toe. Daardie aand was sekerlik die koudste wat ek nog in die karavaan gekry het. Dit was minus een in Sabie.

By navraag aan een van die eienaars van die oord meld hy toe dat Sabie 'n paar meter hoër as Pretoria is, en dus kouer is.  

 

Pretoria is 1339 meter en Sabie is 1000 meter bo seespieel.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 11:55:57 am
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 May 2008
Experience: 26 years

Dankie Heindrich, dis so jammer, was altyd lekker om so klompie hout te gaan haal. Sommige het natuurlik groot gegaan en vragte vol uitgebrand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 21:34:07 pm
Anonymous

Dankie vir die terugvoer, kry mens nog verniet hout daar vir vuurmaak?

Ek dink dit was "pine" hout en nie geskik vir braai nie, maar lekker kuier vuurtjie.

Nee die hout koop mens nou by die winkel.. Daar is 2 opsies. Die een wat lekker brand, maar nie veel kole maak nie, en die ander een wat harder is en wel langer vat om te begin brand maar daarna lekker kole..

Ek het dit maar gemeng dat die wat mooi en vinnig brand die res "aansteek"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 21:57:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie Heindrich, dis so jammer, was altyd lekker om so klompie hout te gaan haal. Sommige het natuurlik groot gegaan en vragte vol uitgebrand.

Ek dink dis nou gestop. Ek weet die meule het destyds vragte en vragte hout kom aflaai daar in die kamp.....daar was altyd fisies n berg hout beskikbaar waarvan jy net kon vat soos jy wil. Soos jy sê: Elke ou het met n masiewe vuur gesit. Selfs die oord se warm water swembaddens het net met boilers gewerk wat deur hierdie gratis hout aan die gang gehou was. Toe dit gestop is, was die oord seker maar verplig om heatpumps aan te skaf. Laaste keer toe ek nog daar was kon jy na meule toe ry, dan kry jy permit om in te ry en kan dan laai daar binne hul perseel....maar sover ek verstaan is dit ook nou gestop.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2020 @ 08:45:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15971
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink dis nou gestop. Ek weet die meule het destyds vragte en vragte hout kom aflaai daar in die kamp.....daar was altyd fisies n berg hout beskikbaar waarvan jy net kon vat soos jy wil. Soos jy sê: Elke ou het met n masiewe vuur gesit. Selfs die oord se warm water swembaddens het net met boilers gewerk wat deur hierdie gratis hout aan die gang gehou was. Toe dit gestop is, was die oord seker maar verplig om heatpumps aan te skaf. Laaste keer toe ek nog daar was kon jy na meule toe ry, dan kry jy permit om in te ry en kan dan laai daar binne hul perseel....maar sover ek verstaan is dit ook nou gestop.

Dis jammer want so ou pine vlamme vuurtjie is altyd lekker om rondom te kuier.  Ek het die konka daargehad in Desember maar dit was regtig te warm vir om 'n vuur sit al is dit meer gesellig.

Jammer dat die vrag hout gestop is.  Maar ek het nie 'n probleem om te betaal vir so paar plankies nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 19:13:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vir my was om by hierdie bos kombuis te eet n nice ervaring. Daar is geen krag....alles word op vuur gaargemaak. Eienaar bring in die oggend n coolerbox T-bones en wors saam. Dis al wat op die menu was met pap en sous.  Verkoop 750ml bier en drink uit blikbeker. Bier word koud gehou in daai ovaal staal baddens. As cooler box leeg is, is restaurant klaar....so jy moet vroeg kom om seker te maak jy kan kos kry. Sit op boom stompe. Lekker so primitief.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za