English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 116
Total Replies: 227 424
Total Views: 82 268 130
topics: 777
replies: 12 444
views: 4 973 169
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

BKM?

replies: 8
views: 3033
06 Jan 2017 @ 14:25:08 pm
LeonBinneman
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Goeiedag almal

Hierdie is 'n vraag vir dieslim mense ...

Waar kan ek my voertuig se Bruto Kombinasie Massa kry, aangesien die boekie dit nie gee nie, en die mense by ons Ford weet ook nie?

Dankie.
Daar is niks so lekker soos kamp nie !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 16:27:02 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1071
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Hi Leon.     

In my Ranger is die VIN informasie op die regter pilaar tussen die voor en agter deur geplak.   Die handboek meld wat die syfers beteken.  Op my plakker is daar vier syfers.  Die boonste een is die BVM van 3200kg.  Die tweede syfer is die BKM of soos Ford dit in sy handboek noem, die "gross train weight".  Dit word gevolg deur die voorste as massa en die agter-as massa.

In my handleiding is daar 'n illustrasie van die plakker onder die "vehicle Information" bladsy waar gemeld word wat die syfers op die plakker aandui want dit staan nie op die plakkerself nie.    Daar is ook onder die onderwerp "Towing" informasie oor wat deur die verskillende modelle gesleep mag word.

Alhoewel Ford beweer ek kan 3500kg sleep, is die sommetjie van BKM minus BVM net 2800kg.   Ek is in elk geval beperk tot die tarra van 2088kg.

Met die spaar 8kg kan ek darem die nuwe Exclusive sleep !!!

So twee jaar terug het 'n man met so 'n Sunway langs ons gestaan in Berg-en-Dal.   Dit was nie dalk jy en die vrou nie?

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 16:49:41 pm
LeonBinneman
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Hi Butts

Baie dankie vir jou informasie, maar dit was ongelukkig nie ons by Bergendal nie. Ons was wel twee jaar gelede by Satara.

As ek na jou sommetjies kyk, asook die syfers op die plaatjie, mag ek darrem 1911kg sleep met my voertuug se tarra op 1994kg.

Dus is ek darrem veilig, ás my karavaan se massas wel reg is. Ek wil hom nog laat weeg om seker te maak.

Groete.
Daar is niks so lekker soos kamp nie !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 16:53:51 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1839
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Leon kan Garth McGee nie help nie?
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 17:08:46 pm
LeonBinneman
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Hi PietG

Ek het met een van sy staff gesels, en hulle het my probeer wys maak dat die BVM en BKM dieselfde ding is, wat nie die geval is nie.

Groete.
Daar is niks so lekker soos kamp nie !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 17:23:01 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1071
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Hi Leon.   Die mense langs ons was destyds van Limpopo.   Hul Sunway was in 'n absolute perfekte toestand.   My skoon jaloers gemaak.    Het darem hul goed onder hul tent ingeskuif toe dit begin reën in hul afwesigheid - niks so goor soos nat roosters, stoele, tafel, handdoeke, braaihout, ens, nie.

Jy (en jou gesin) is meer as veilig met die Sunway agter die Everest.

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 18:11:59 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Daar behoort nie 'n bruto kombinasie massa van toepassing te wees op die Everest nie. Regulasie 237 maak voorsiening daarvoor dat die kombinasie nie die bruto kombinasie massa mag oorskrei as die trekvoertuig 'n minibus, bus, trekker, of goederevoertuig is nie. Die minibus is gedefinieer as een wat ontwerp is om meer as 9 tot en met 16 mense te vervoer.

Dit is waarom daar by bakkies 'n bruto kombinasie massa aangedui word, maar nie bv. by SUV's nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2017 @ 22:53:39 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4914
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hi Leon.   Die mense langs ons was destyds van Limpopo.   Hul Sunway was in 'n absolute perfekte toestand.   My skoon jaloers gemaak.    Het darem hul goed onder hul tent ingeskuif toe dit begin reën in hul afwesigheid - niks so goor soos nat roosters, stoele, tafel, handdoeke, braaihout, ens, nie.

Jy (en jou gesin) is meer as veilig met die Sunway agter die Everest.

groete

het ook so wa by nerry pebbles gesien laasjaar Januarie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2017 @ 19:11:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Bruto Kombinasie Massa is basies van toepassing op wat die vervaardiger spesifiseer jou voertuig mag sleep. Dus as jy die BVM (GVM) van die BKM (GCM) af trek gee dit wat jou voertuig se vermoë is.  Dan volgens wet moet die BVM (GVM) van die karavaan kleiner of gelyk wees aan die Tara van jou sleep voertuig. As laasgenoemde meer is as die Tara van jou voertuig moet jy addisionele remme buiten die inloop remme van die karavaan hê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required