English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 313
Total Replies: 250 454
Total Views: 83 155 791
topics: 11 438
replies: 137 716
views: 39 293 249
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Awning vir bakkie

replies: 4
views: 168
23 Jun 2020 @ 16:39:41 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Wie van julle gebruik hierdie awnings wat jy vasmaak aan die voertuig? Hy werk dieselfde as van die wat gemonteer word op n karavaan.

Rede hoekom ek vra is omdat ons Kgalagadi toe gaan en meeste van die tyd aan die Botswana kant gaan wees. Kan nie met die karavaan gaan nie. Daarom gaan ons net met die bakkie met n rooftop tent, Laaistelsel, ens. Gewonder of dit die moeite werd is om so iets aan te skaf.  Die pryse vissel verskriklik. Tussen R2200 (Tentco) tot R7600 (Thule awning) vir n gewone en tot R12000.00 vir n 270 grade badwing tiepe.  

Gaan vir 3 weke. Het ook gewonder of mens een moet huur. Maar dit lyk my Gocamp verhuur die 270 awning saam met die rooftop tent R4200 vir 15 dae. 

Dit is Desember en ek hoop maar teen daardie tyd kan n mens weer oor die grens gaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 21:16:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As dit net n "once off" gaan wees, sou ek kyk of ek n goeie 2de handse RTT kan kry.....daar is baie in die mark. As jy vir n billike prys optel en jy gebruik hom net vir 15 dae, behoort jy seker meeste van jou geld terug te kry as jy weer verkoop by terugkeer. 

Ek weet nie na watter tipe RTT jy kyk nie, maar sien hierdie een by camp and climb. Miskien die moeite werd om R6k vir nuwe RTT en R2k vir nuwe awning te betaal as om R4.5k vir 2 weke se huur

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 22:31:26 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 160
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Eintlik soek jy net skaduwee en afdak vir sou dit dalk reen en daar moet kos gemaak word. As jy gereeld so gaan kamp (daktent), sal ek awning aanbeveel, maar 'n losstaande "gazebo" sal ook werk. Dit sal jy dan ook met karavaan kan gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 10:31:41 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Vra vir André de Villiers, hulle het baie wat in die stoot lê Om een te keen.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 16:49:01 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dankie almal. Ek het n Howling Moon RTT. Gekoop in 2004. Onthou dit goed,was die jaar met die groot 2004 Tsunami. Kan onthou ek het hom nog gekoop by Outdoor Warehouse  vir R4500 of R5000. 

Het maar besluit om n tenco 2x2m Awning te koop vir R2200. Ek is seker ek sal hom weer vir tussen R1800 en R2000 kan verkoop volgende jaar. Dit beteken hy het my R200 of R400  gekos om te huur. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za