English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 531
topics: 10 823
replies: 124 876
views: 38 855 790
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Auto vs manuel

replies: 20
views: 394
18 Jun 2018 @ 14:05:45 pm
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 17 Aug 2011

Hallo daar : ek soek raad. Ek wil my 3.0D4D vervang met in nuwe Toyota 2.8 auto of Ranger 3.2 auto. Ek het nog nooit met in auto gesleep nie. Hoe goed sleep in auto of moet ek by manuel hou.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 14:26:37 pm
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Nick, ek het auto en handrat voertuie en ek moet eerlik wees die auto ratkas is baie lekkerder om mee te sleep. albei voertuie is 6 spoed ratkaste. ek ondervind geen probleem met auto ratkas nie. dis vir my net geriefliker. ek kan autoratkas ook sluit in spesifieke rat as ek voel sy trek bietjie swaar. dan gooi ek haar terug vyfde toe totdat die toestande weer "normaal" raak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 14:28:00 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2003
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Auto en jy sal nie spyt wees nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 15:30:02 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Sleep nou met handrat, maar het lank met outomaties gesleep. Sal enige dag weer met outomaties sleep. 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 16:01:00 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek ry tans met my tweede Auto - Hilux 2.8 (6-spoed). My vorige was Hilux 3.0 (4-spoed). Voor dit verskeie ander handrat turbo diesel dubbelkajuite gehad. Ek wil nooit weer iets anders as Auto ry nie. Die huidige 6-spoed is 'n groot verbetering op die vorige 4-spoed. Gaan Auto my maat. Jy sal nie spyt wees nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Jun 2018 @ 16:10:53 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Aangesien meeste (alle?) outo ratkaste deesdae die wringkragomsetter sluit bo 'n sekere spoed, het jy nie meer die probleem met kragverlies en gepaardgaande daarmee 'n verhoging in brandstofverbruik nie.  Omdat die wringkragomsetter dus nie meer die krag oorbring nie maar eerder 'n koppelaar soortgelyk aan 'n handratkas, behoort jy ook nie soos in die verlede, oorverhitting van die olie in die omsetter te kry nie.  Ek sê nie die Ranger en Toyota het so 'n koppeling nie, maar dit sal eienaardig wees as hulle nie het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 17:44:12 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years

Ek het nou my derde auto sleepvoertuig en sal dit defnitief aanbeveel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 17:56:25 pm
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years

Definitely auto , you also have the option of changing over to manual shift for longer gear ranges.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 18:41:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1520
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Het met handrat (2 soorte voertuie) gesleep.

Sleep nou met 8 spoed outomatiese ratkas.

As ek weer kies, sal dit outomaties wees.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 19:07:29 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Auto with cruise control = very stress free towing laughing

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 19:31:54 pm
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Automaties, vir seker! Gerieflik en stresvry, en met die "cruise controll" saam is dit net een groot plesier!  Geen ge-kieriegooiery totdat jy krampe in die been kry nie!

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 21:18:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Manual ratte is van die min oefeninge wat ek darem nog inkry. ;-} {lol}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 06:36:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het altyd geglo dat handrat die beste vir sleep is totdat ek my eerste Ranger gekoop het.  En van toe af vir my self gesê nooit weer 'n handrat nie.  Die Auto Box maak die sleep soveel makliker en wat belangrik is die voertuig kies self die rat waarin hy wil sleep en so oorkom jy die vraag "Kan ek in 6de sleep of nie?" Want die voertuig sal daai rat kies as die sensors dit toelaat.

Ek kies gewoonlik die Sport funksie en dan bly die ratkas effe langer in 'n rat voordat dit na 'n volgende toe sal oor gaan. Dit help om die kombinasie gemakliker op momentum te bring hetsy dit 60 of 100km/h is. Kyk daar is baie automatiese ratkaste daar buite en as jy koop sou ek aanraai jy kyk na die volgende:

  • Die ratkas moet 'n "sport" funksie hê wat soos ek genoem het die revs effe hoër laat klim voordat dit 'n volgende rat skakel.
  • Indien jy in die sport funksie self 'n rat gekies het, moet die ratkas daai rat hou en nie vir niks na iets anders skakel nie. Die sal jy byvoorbeeld gebruik in 'n bergpas hetsy op of af om te verhoed dat die ratkas onnidige ratte op en af wissel.
  • Ek sou aanbeveel dat jy 'n voertuig met meer as 4 ratte kry. Dit help verseker met die brandstof verbruik.

As ek op die ooppad is versnel ek tot 105km/h en sit die "speedo-cruise" aan. Die res doen die voertuig homself wissel ratte soos beste om basies die spoed te hou. Nou met die nuwe Tipper wat ook "Adaptive speedo-cruise het" hoef ek nie eers meer rem te trap as ek stadig 'n ander voertuig inhaal nie die Tipper pas die spoed aan volgens die voertuig voor my tot ek laan wissel om verby te gaan. Dan sodra niks voor my is nie versnel hy weer tot by die 105km/h.

NOU RAAK DIT LEKKER.  As dit nie vir die tolhekke was nie het ek van PTA af tot in Warmbad gesleep deur net die stuurwiel en flikkerlig hefboom te gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 06:37:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Man so kom Automaties tot sy reg en my Tipper is nie eers die slimste van die daar buite nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 07:30:12 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Chris, ek sien jy't ook die D4D gehad voorheen. Net gou iets by jou uitvind...

Ek lees die manne praat van "Sport" fasiliteit/keuse op die auto ratkaste. Het die D4D's so iets? My 2013 D4D kan jy die rathefboom vanaf "D" na regs oorskuif sodat hy teruggaan na 3de rat, en sal dan in daai rat bly totdat jy hom terug skuif na "D" (4de rat). Ek gebruik dit soms wanneer ek steil hoogtes uitgaan wanneer ek swaar sleep, en dan ook teen steil afdraendes in plaas van die remme teveel te gebruik.

Nog altyd met handrat gesleep, en hierdie is my eerste automaties.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 07:42:15 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Joe - nee, die D4-D het nie daardie keuse op sy 4-spoed ratkas nie. Ek het egter (met die uitsondering as ek teen steil hoogtes afry), nooit afgerat na 'n laer rat nie nie. Ek sleep as 'n reël teen 90 kph (GPS-spoed) en hou my bakkie in "D" en op "speed control" (laasgenoemde nie teen steil opdraandes of draaierige paaie nie). Ek laat die ratkeuses oor aan die ratkas om te besluit. Ek het dit met die D4-D se 4-spoed ratkas gedoen en nou ook met die 2.8 se 6-spoed ratkas. En ek sleep slegs op "Eco", maar dit klink my dit is eerder raadsaam om op "Power" (seker soortgelyk aan "Sport"??) te sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 10:07:36 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Soos gewoonlik slaan Leon die spyker op die kop.  Waarom sou jy die outomatiese ratkas wil ''over ride"?  Hy weet beter as jy watter rat is die beste vir die omstandighede, ook teen lang opdraendes. 

As jy sleep, beteken "S", SLEEP, altans dis hoe ek daaraan dink.  Ek ry sedert 1979 al met spoedbeheer.  Die eerste was 'n Conlog Speed 'o cruise wat ekself in my Peogeot 504 ingebou het.  Ek het dit later oorgeplaas na my Kombi waar dit diens gedoen het tot ek hom so twee jaar gelede verkoop het, en seker steeds diens doen.  Die moderne elektroniese stelsels wat saammet die "drive-by-wire" tipe petrolpedaal werk, is baie beter as die ou vakuum tipe  spoedbeheer werk.  Ek sal nie 'n voertuig koop sonder spoedbeheer nie

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 10:42:24 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ons het `n handrat en al hoekom ek outomaties sou oorweeg is omdat mens `n clutch (skies, koppelaar) baie versigtig moet hanteer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 16:58:06 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1313
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Geen twyfel nie...koop 'n outo. My eerste een was 'n 2.8CRD Jeep Cherokee (5 spoed) gevolg deur 'n Territory (5 spoed) en deesdae 3.2 Ranger XLT (6 spoed), almal het 'n sport verstelling gehad en hulle boekies beveel ook aan dat mens dit gebruik wanneer jy sleep. Pas Saterdag afgesleep Scottburgh toe en soos Leon speedo cruise en sport mode geselekteer op 105 km/h, skaars geweet van die wa agter my. Ek sal nooit weer terug na handrat toe gaan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 07:18:09 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Die nuwe tegnologie mbt automatiese ratkaste vandag  verskil soos dag en nag teenoor die automatiese ratkaste van bv die vroeë 80's.

Ek onthou my oorlede pa se Cortina 3.0L auto, waarvan die bande in die ratkas begin gly het, en ons moes aansukkel huis toe van Dundee af, al die pad in 1ste rat. Net daar het ek besluit, nooit ry ek eendag automaties nie!

Baie jare later, tydens 'n kamp by Natalia, het ek eendag met 'n bejaarde oom gesels wat 'n 3.0L auto gery het. Terloops, daar het ek agtergekom dat die meerderheid sleepvoertuie automaties was, ongeag die maak van voertuig.

Vind toe uit oor al die voordele versus nadele van automaties, ry 'n paar van hulle, en vandag sou ek sê dis die beste besluit wat ek ooit gemaak het.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2018 @ 15:37:40 pm
Goose
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 07 Nov 2016
Experience: 31 years

Stem saam met Auto as die voorkeur keuse. Het van manual Hilux 3.0 D4D oorgegaan na Ford 3.2 Auto. Sleep is baie geriefliker in auto. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required