English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 603
Total Replies: 253 763
Total Views: 83 280 536
topics: 1 157
replies: 12 199
views: 4 836 119
Jokes and everything else that makes you laugh

As ouers eensaam raak....

replies: 9
views: 3991
14 Jan 2016 @ 15:19:54 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

'n Pa bel sy een seun die dag voor Oukersaand.   "Seun, ek wil jou net vertel dat ek en jou Ma gaan skei."

Die seun is skoon oorbluf.  "Wat praat Pa nou?   Na 45 jaar?   Vir WAT wil julle dit doen???"

Pa bly ewe bedaard.   "Ons kan mekaar nie meer verdra nie.  Hou nooit op met stry nie, dit raak onuithoudbaar.  Ek wil in elk geval nie verder hieroor praat nie.  Jy moet maar jou broer en suster laat weet."

Die broer bel sy suster.  Sy raak histeries.  "WAT??   Dit kan nie WAAR wees nie.   Ons moet al drie môre soontoe gaan en met hulle gaan praat, dit moet DADELIK stop gesit word."

Die suster bel haar Pa.    "Pa, die is 'n klomp TWAK.   Ons sal dit NIE toelaat nie en kom almal môre huis toe om dit stop te sit."

Pa kyk na Ma, waar sy langs hom in die bed lê.   "Probleem opgelos.   Hulle sal almal hier wees vir Kersfees en hul betaal hul eie petrolgeld."

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 15:24:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17516
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Eish...hartseer as dit so ver moet gaan😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 15:51:05 pm
Anonymous

laughing Baie slim Pa daailaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 17:33:36 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Gaan die een onthou, vir eendag as ons weer so afgeskeep voel.
My ou moeder was hier oor die groot dae. Toe se sy dat sy bietjie nader aan die kinders wil kom bly, die oord in Pretoria is darem ver, en sy gaan een van die dae hulp nodig kry vir haar dagtakies.
Wel, toe antwoord ek haar dat ons "kinders" nou al self moet begin rondloer vir n aftree oord, en dalk maar eerder moet plek bespreek daar by haar. Sy het my so snaaks aangekyk asof ek lekker simpel is. Toe verduidelik ek haar, ma, jy is 78 ek nou 58, oor 12 jaar is jy negentig, en ek dan 70. Sy was geskok.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 19:40:08 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, ek het die wel onder comedy gepos, maar daar is eintlik 'n hartseer kant aan dit.  Ek wonder hoeveel ou mense, met kinders, was weer eensaam en alleen die afgelope Kersfees.  As mens nog jouself kan besig hou en jou eie ding doen, pla dit nie.  Maar, ek glo, as jy oud raak en afhanklik is van ander om te sorg vir 'n bietjie plesier in die lewe en om die alleenheid weg te neem, is dit 'n ander storie.   Dis waar wat jy van jou Ma sê, vir haar bly jy haar kind, sy dink jy gaan altyd kind wees en jonk wees.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 19:57:14 pm
Anonymous

Dit is so twee rigting straat, ons een dogter met haar pragtige gesin bly in Australia, dalk moet ek en ma daai triek op hulle trek, maar ons gaan darem Mei maand soontoe.laughinglaughing

Ons jongste dogter bly klipgooi van ons af, en as ons hulle een dag nie sien nie, dan dink mens dis vreemd, want sy kom kyk elke dag inloer, en natuurlik, Adriaan soek sy oupa en ouma. Die mannetjie slaap amper meer by ons as by sy huislaughing 

Hy bel my ook as hy sien dit raak laat, en sy ma-hulle het nog nie aanstaltes gemaak om te kuier nie, met "oupa kom haal my"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 06:06:14 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Baie goeie idee. Miskien s hulle amen ????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 06:48:56 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Aaaaa yes..... Pension & pension planning......

1) Pension hobby: - Sorted.. Camping rig 99.9999% complete fully functional, just needs a tiny bit-O-finessingcool

2) Pension/ old age-dementure resorces: - Sorted..... Got mine lekker trapped. See I bought them a house, stay's mine, I live in the cottage in the back.

I "lock up & go", They do everything else... Garden / washing & iorning / cooking / maintenence / pool / lights & water / rates & taxes the lot.... AND AND AND, They ain't going anywhere.... They got's to look after me in my dotagecool cause he get's the bleeding lot when I donner in a hole... insurances / house / cars / investments / money / house... the lot. (So they kinda GOT to keep around)....wink

That's kinda why I get very nervous every time my son asks me:- "How you feeling"....undecided

3) enough money to do hobby: - EEK!surprisedsurprised

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 08:30:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het dmar lekker gekuier en sports gehad met ons Ouers oor die Kersseisoen.
Net te veel ge eet.
Die kinders was by hul skoon ouers die feestyd, miskien is ons gelukkig en kan almal die jaar onder die Lapa saam kuier.
Sal maar die petrol betaal.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 09:14:46 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Môre Maters,

Hartseer ondertoon aan hierdie post en ons sit nou in dieselfde tipe situasie.

My en Magda se ouers was in dieselfde tipe situasie maar net omdat my Broer en haar Broers en Suster nie by die "ou" mense gaan kuier het nie.

Ons was by ons eie Kinders en Kleinkinders oorsee, so ek troos my effens daaraan dat ons Broers en Susters by Ouma Grootjies en Oupa grootjie kon gaan kuier wat toe nie gebeur het nie.

Ek het ongelukkig nie 'n oplossing nie behalwe om my voor te berei dat ek eendag in dieselfde situasie mag opland as dit die Liewe Heer se plan met my is want ons kinders en Kleinkinders gaan ook nie elke Kersfees by ons hier in Zumaland kan/of wil  uitkom van die Buiteland af nie.

Hopelik sal ek nog kan Facetime, soos wat ons nou maar doen en ons sal op ons Oudag moet bybly by die tegnologie. Sien ons kinders elke week met tegnologie maar Ouma op Wakkkerstroom het nie eers 'n selfoon nie en op 93 stel sy nie rerig daarin belang nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za