Goeie more almal,
Die van julle wat dalk nog vir Arie kan onthou. Hy het vroeer vanoggend laat weet dat sy Petra vanoggend oorlede is.
Ons innige simpatie en Baie sterkte Arie, vir jou en die familie.
Ai dit is nie lekker nuus om te hoor nie. Sterkte Arie ek bid dat die liewe Vader jou en die gesin sal by staan in die tyd van hartseer.
Jammer om van jou verlies te hoor Arie. Ons Bid jou die sterkte en seen van ons Hemelse Vader toe. Dit is darem nou n hele paar jaar wat sy moes stry teen die gevreesde siekte.
Sterkte met die verlies Arie
RIV Petra
Was hulle nie besig om permanent te kamp nie?
Arrie, ons kyk na BO,waar ons krag vandaan kom,wees sterk my vriend.
Sterkte oom Arie.
Ons gaan tannie Petra mis.
Geert ja, hulle is permanente kampers. vir n paar jaar al.
Baie jammer om te verneem van julle groot verlies Arie. Baie seen en vertroosting word julle toe gebid in hierdie moeilike tyd.
Alle sterkte in hierdie hartseer tyd.
Sterkte Arie.
Geert, dit is korrek. Petra was egter in 'n hospitaal in Warmbad tentyde van haar afsterwe. Sy sou gisteroggend oorgeplaas geword het na Die Wilgers toe in PTA, en terwyl hulle haar reggemaak het vir die vervoer per ambulans is sy toe oorlede.
Ek het sopas met Arie gepraat en hy is tans in PTA by sy kinders. Hy is BAIE gebroke.
RIP Petra. Sterkte to Arie, family and friends, our sincere condolences.
Dis hartseer het hulle nog nie self ontmoet nie maar gesels so op die forum saam sterkte Arie
Ek het so rukkie terug hul stories gelees, die begin van Lang kamp, die probleme van lang Kamp, die lekker van Lang kamp en die hartseer van lang Kamp.
Die mense wat hulle gehelp het en almal wat hulle ontmoet het op hul Lang Kamp.
Dat daar mense is wat regtig die lang kamp geniet ongeag wat hul als moes prys gee en deur maak.
Dit het regtig my hart geroer van hoe Tanie Petra net wou vorentoe, ongeag haar siekte.
En sy het dit tot die einde lang kamp volgehou. Sy het nie eers op die einde omgedraai nie.
Oom Arrive sterkte ek ek w jy gaan n raakvat vrou wat Petra was mis.
Sterkte en voorspoed.
Lekker om sulke lewens verhale te lees.
Die dag van haar begrafnis was ek toevallig n draer by n werks kolega van my se begrafnis.