English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 495
topics: 104
replies: 3 734
views: 1 210 477
In this section we discuss caravan & camping clubs.

Arendsnes Saamtrek

replies: 6
views: 8562
10 Jul 2014 @ 10:27:01 am
Bosvelder
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 86
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 21 years

Hi Almal

Ek het maar net gevoel ek moet maar so bietjie terugvoering gee oor ons naweek by Arendsnes. (27-29 Junie 2014)

Ons het 'n veldskool tema naweek daar gehad.

Van ons lede het alreeds van die Donderdag af daar gestaan en ander het al vroeg-vroeg Vrydag oggend hul waens al opgeslaan. 

Daar was 'n skoolgroep ook by die oord, maar het glad nie gepla by die kampeer area nie.

Ons het die hele oord vir ons self gehad.

Vrydag aand moes die span kapteine saam met een van hul span lede 'n lantern gaan soek het in die veld. Daar was vir hulle 'n leidraad gegee oor hoe om by die lantern uit te kom, en later ook koordinate aan hulle gestuur. Nie eers dit het gehelp nie, want toe ons 3 ure later gaan ondersoek instel oor waar hulle en die lantern is, het ons niks gekry nie.

Die volgende dag toe ons navrae doen oor die lantern, kom dit uit dat van die kinders die lig gesien het, en gedink dat dit een van hul maats s'n is. Hulle het dit toe by die kantoor gaan inhandig...

Oorspronklik sou ons die normale lanterbekruip gedoen het, maar die blouwildebeeste het besluit hulle geniet die oop vlaktes meer, en moes ons toe 'n ander plan maak.

Na daar toe maar so bietjie geskaaf was aan die reels het ons toe uiteindelik 'n wenspan gehad en die verloorders moes toe vroeg Saterdag-oggend ontbyt maak. Van die ander span se lede het ook toe selfs kom hand bysit en dit was 'n reuse sukses.

Daarna was daar blikkies geskiet, en wie sou nou ooit kon raai dat dit so groot tydverdryf kon wees...

Daarna het die eerste SAWA Bosveld oorlog uitgebreek, en die twee spanne het in die middel van die oord bymekaar gekom. Die reels is verduidelik en van daar af het die twee spanne na twee verkillende hekke toe beweeg wat in die veld ingaan. Daar het hulle in mekaar se rigting gedraai en in die bosse verdwyn...

Gewapen met 50 balletjies (Paintballs) en ketties was dit regtig amper soos 'n grens-oorlog.

Verbeel jou nou jy stap in die bosse, skielik hoor jy net iets gaan verby jou en dan besef jy HKGK...

Ten spyte van die ketties wat so maklik gebreek het, die pyn en lyding en van die uitdrukkings wat beklemtoon hoe seer dit is as jy raakgeskiet word, was dit BAIE LEKKER!!!!

Ons sal dit beslis weer doen!!!

Daar is nie woorde om te beskryf hoe dit voel as jy sien hier is iemand reg voor jou, reg om jou te skiet nie... Jy weet dit gaan kom, maar jy troos jouself, dat sodra die ander persoon klaar geskiet het, moet hy weer laai, en dan is jou balletjie al reg...

Die span wat die meeste punte hier gekry het, het lekker rustig agteroor gesit en gekyk hoe die ander span vir hulle boerewors-rolle maak...

'n Ander aktiwiteit wat alreeds Saterdag-oggend begin het was die Skattejag.

Daar was 48 papiertjies weggesteek op die oord en die span wat die meeste kaartjies bymekaar gemaak het, het gewen...

Dit is nogals 'n baie effektiewe manier om mense te kry om op 'n oord rond te loop...

Die oord self kort 'n bietjie werk, maar vir wat ons die oord voor nodig gehad het was dit 100%...

Ons het wel Vrydag-aand so bietjie gesukkel met warm water, maar dit was alle reg Saterdag.

Ek het probeer om fotos op te laai, maar vir een of ander rede wil dit nie oplaai nie.

Gaan loer maar gerus op ons facebook bladsy vir die foto's

Soek maar net vir SAWA Bosveld.

Ek sal die oord aanbeveel as julle so iets wil doen soos ons gedoen het, of as julle net 'n rustige naweek in die bos wil he, maar as julle geriewe wil he, kyk maar eerder rond vir 'n ander plek.

Saam met ons was Obie, Millie en "Kampkat" Oberholzer. 

Baie dankie dat julle saam met ons kom kamp het, ons hoop julle het dit so baie soos ons geniet.

Bosveldgroete, 

Bosvelder

Altyd Kamptyd, Heeltyd Sleeptyd...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2014 @ 13:49:35 pm
Gyfie
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 10 Jun 2014
Experience: 14 years

Klink na pret.

Was self nog nie daar gewees nie, so die terugvoer word waardeur

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2014 @ 15:13:39 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Roelf,

Ek steek my kop dalk hier uit!

As julle weer saamtrek hoe, plaas asb. uitnodiging namens SAWA op die forum, natuurlik as julle lede dit goed keur.

Ek weet hier is ander lede wat ook lede is van ander klubs en dalk pas so 'n saamtrek hulle.

(In my geval, probeer ek elke maand weg breek - omdat ek redelik sentraal is, kies ek die plek wat mees interesant lyk. My streek kamp die laaste tyd daar in Australia of daar naby en maak ek dus gebruik van verskei streke wat nader is).

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2014 @ 20:59:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lekker kinder pret.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2014 @ 14:55:03 pm
Bosvelder
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 86
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 21 years

Weereens wys dit jou net, die naweek is wat jy van dit maak...

DR DRAKE, ek het nie beswaar om ons kampe te plaas nie, ek sal, as dit reg is met die die forum manne sal ek dit met graagte plaas, enige-iemand is welkom om saam met ons te kamp.

Ons volgende saamtrek is by Manyane vanaf 25 tot 27 Julie, maar ongelukkig het ons alreeds die besprekings gedoen, daar is wel staanplekke wat ons weer aan die oor terug gegee het.

Dan in Augustus kamp ons by Klein Paradys, Brits vir ons AJV.

Ons kamp die naweek van die 22ste daar.

Indien iemand belang stel, laat weet my maar dan stuur ek vir julle die inligting deur.

My email adres is: rbrewis.rio@gmail.com 

Altyd Kamptyd, Heeltyd Sleeptyd...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2014 @ 15:02:16 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Thanks Roelf - Ek het nie sê nie, maar voel gemaklik as jy so iets hier plaas, solank as dit niks wegsteek nie, bv as jy namens SAWA hier plaas. Dit gaan tog oor kamp.

Die probleem kan kom as die forum gebruik word vir 'n verkeerde doel.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2014 @ 18:59:32 pm
Obie
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 13 Jul 2012
Experience: 11 years
Ons het die kans gevat en saam gaan kamp en was dit n heerlike naweek. Millie was vrot van die verkoue en moes n lae profiel handhaaf maar veral Saterdaand se braai was baie aangenaam
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required