English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 663
Total Replies: 237 215
Total Views: 82 704 521
topics: 4 438
replies: 30 071
views: 17 392 396
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Antoniesvlei

replies: 13
views: 271
17 Nov 2019 @ 12:02:55 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

On het pas teruggekeer na 'n kort toer na die Kaapse Weskus.  Na ons van Ceres se kant die asemrowende mooi Bainskloofpas gery het, het ons die Antoniesvlei karavaanpark aan die Wellington-kant van die pas gesien en daar ingedraai om die nag te kampeer.  Dit is 'n munisipale kamp wat deur die Drakenstein munisipaliteit (Wellington) bedryf word en die ingang lyk heel goed.  Ons het die bedrag van R250 per kredietkaart betaal en ingery, en watter teleurstelling!  Daar is geen gelyk staanplek nie, die bossies groei onbeheersd oral, die ablusies is vieslik en word duidelik nie gediens nie en in die vroue ablusies was daar 'n toilet wat oorgeloop het sodat jy nie die stank kon verduur nie.  Daar was 'n hele aantal werkers in en om die ontvangskantoor maar dit lyk nie of hulle juis daar is om te werk nie.  Ons het teruggekeer na Ontvangs en aangedring op terugbetaling van ons kampeergeld want ons het net eenvoudig nie kans gesien om in die gemors te kampeer nie.   Die dame by Ontvangs was bereid om ons tegemoed te kom hoewel sy uitgewys het dat daar 'n kennisgewing op die venster is dat geen terugbetalings gedoen word nie en dat hulle kaartfasiliteit nie die vermoë het om 'n krediet te doen nie. Ons was bereid om eerder die geld te verloor as om ons aan die toestande te onderwerp. Daar was ook geen ander kampeerders nie hoewel dit Vrydagmiddag was, en ek vermoed niemand sal dit waag om daar te kampeer nie.   Dis so jammer want die omgewing is regtig mooi. 

Hierdie is dus ook een van die munisipale kampeerterreine wat vermy behoort te word.  Ons hst jare gelede soortgelyke swak toestande by die Vryburg karavaanpark gevind.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 14:12:46 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1676
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Dankie Fred.

Het hom nogal op die lys gehad vir eendag. Dit het goed gelyk van die pad af.

Sal jy hom rate op die sisteem?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 15:29:33 pm
jacni
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 09 Apr 2018
Experience: 25 years

On het pas teruggekeer na 'n kort toer na die Kaapse Weskus.  Na ons van Ceres se kant die asemrowende mooi Bainskloofpas gery het, het ons die Antoniesvlei karavaanpark aan die Wellington-kant van die pas gesien en daar ingedraai om die nag te kampeer.  Dit is 'n munisipale kamp wat deur die Drakenstein munisipaliteit (Wellington) bedryf word en die ingang lyk heel goed.  Ons het die bedrag van R250 per kredietkaart betaal en ingery, en watter teleurstelling!  Daar is geen gelyk staanplek nie, die bossies groei onbeheersd oral, die ablusies is vieslik en word duidelik nie gediens nie en in die vroue ablusies was daar 'n toilet wat oorgeloop het sodat jy nie die stank kon verduur nie.  Daar was 'n hele aantal werkers in en om die ontvangskantoor maar dit lyk nie of hulle juis daar is om te werk nie.  Ons het teruggekeer na Ontvangs en aangedring op terugbetaling van ons kampeergeld want ons het net eenvoudig nie kans gesien om in die gemors te kampeer nie.   Die dame by Ontvangs was bereid om ons tegemoed te kom hoewel sy uitgewys het dat daar 'n kennisgewing op die venster is dat geen terugbetalings gedoen word nie en dat hulle kaartfasiliteit nie die vermoë het om 'n krediet te doen nie. Ons was bereid om eerder die geld te verloor as om ons aan die toestande te onderwerp. Daar was ook geen ander kampeerders nie hoewel dit Vrydagmiddag was, en ek vermoed niemand sal dit waag om daar te kampeer nie.   Dis so jammer want die omgewing is regtig mooi. 

Hierdie is dus ook een van die munisipale kampeerterreine wat vermy behoort te word.  Ons hst jare gelede soortgelyke swak toestande by die Vryburg karavaanpark gevind.

Ons vermy maar oor die algemeen die munisipale karavaanparke. Hulle glorie dae is, myns insiens, verby. 

Ons het 'n soortgelyke teleurstelling verlede jaar Nov by die Tweede Tol (Cape Nature) karavaanpark binne Bainskloof gehad. Alhoewel die fasiliteite goed was, was die staanplekke afgeskeep met duidelik geen onderhoud wat plaasvind nie: ongelyk/verspoel, bome te laag/nie gesnoei nie, ens. Gelukkig met die boswa is dit nie so 'n groot probleem nie, maar dit behoort nie so te wees nie en 'n mens verwag meer. Veral in seisoen tyd.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 16:43:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het by Tweede Tol ingeloer maar omdat die plek nie krag het nie, kon ons nie daar oorbly nie. Die ablusies waar ek ingeloer het, was ook nie juis onderhou nie.

Oor Antoniesvlei het ons ook nou 'n les geleer: tensy jy die plek ken, gaan kyk eers voor jy betaal.

Oor die rating: Ek het nog nooit 'n nuwe oord gerate nie en dit lyk my ek kan nie 'n nuwe een skep nie.  Kan iemand dalk help?

Moenie summier munisipale alle oorde in die Weskaap afskryf nie, sommiges van hulle is puik, onder andere Jongensfontein, Yzerfontein en Die Punt by Mosselbaai.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 16:55:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Regtig swak en dan voel hulle niks.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2019 @ 20:32:23 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Fred, Ek wou se, ons vra altyd om te kyk voor ons hand in sak steek. Ons is met min tevrede, maar daar is ook 'n lyn wat ons in die sand trek.                                Met geen geriewe, kan ons verniet in die veld camp...                                               Het julle miskien enige plaas kampe met geel lind om die hkpale ontdek ?

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:07:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het by Tweede Tol ingeloer maar omdat die plek nie krag het nie, kon ons nie daar oorbly nie. Die ablusies waar ek ingeloer het, was ook nie juis onderhou nie.

Oor Antoniesvlei het ons ook nou 'n les geleer: tensy jy die plek ken, gaan kyk eers voor jy betaal.

Oor die rating: Ek het nog nooit 'n nuwe oord gerate nie en dit lyk my ek kan nie 'n nuwe een skep nie.  Kan iemand dalk help?

Moenie summier munisipale alle oorde in die Weskaap afskryf nie, sommiges van hulle is puik, onder andere Jongensfontein, Yzerfontein en Die Punt by Mosselbaai.

Admin moet eers die oord kontak en hoor of hulle deel van die rating stelsel wil wees. As hulle instem sal jy hulle kan rate.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:54:47 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14721
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het by Tweede Tol ingeloer maar omdat die plek nie krag het nie, kon ons nie daar oorbly nie. Die ablusies waar ek ingeloer het, was ook nie juis onderhou nie.

Oor Antoniesvlei het ons ook nou 'n les geleer: tensy jy die plek ken, gaan kyk eers voor jy betaal.

Oor die rating: Ek het nog nooit 'n nuwe oord gerate nie en dit lyk my ek kan nie 'n nuwe een skep nie.  Kan iemand dalk help?

Moenie summier munisipale alle oorde in die Weskaap afskryf nie, sommiges van hulle is puik, onder andere Jongensfontein, Yzerfontein en Die Punt by Mosselbaai.

Admin moet eers die oord kontak en hoor of hulle deel van die rating stelsel wil wees. As hulle instem sal jy hulle kan rate.

Ek glo nie daar gaan n probleem wees om munispale oord te lys nie

{Ek dink solank daar nie verwag word van munisipale werkers om vinger te roer nie, is alles in orde}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:57:43 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

[quote]1020,250063631[/quote]

Ek glo nie daar gaan n probleem wees om munispale oord te lys nie

{Ek dink solank daar nie verwag word van munisipale werkers om vinger te roer nie, is alles in orde}

Hulle vat dan jou geld sonder dat hulle werk.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 08:05:32 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Edge, Ek het nie sulke geel linte opgemerk nie.  Wat beteken dit?

Ons het beslis ons les geleer en sal nie weer by 'n onbekende oord inboek voor ons gekyk het nie.  Dis 'n goeie gbeleid wat ek dink alle karavaanmense behoort te volg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 08:37:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gedurende die jare wat ons by Balito gekamp het in April, het ons ongure weers dae gebruik om onder andere ander oorde te gaan besoek.  Dit was om te kyk of ons 'n ander oord sal wil besoek die volgende jaar.

Kyk daar het ons geleer jy loop eers deur die oord voordat jy 'n bespreking maak.

Gee daai oord vir my en ek maak van hom 'n prag oord binne 'n jaar.  Ek glo meeste forum lede sal kan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 09:31:42 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek sal nooit goesmoeds by n oord inry en inboek en opslaan nie.

Ek doen eers my huiswerkies baie deeglik, veral wat die veiligheid by die oord betref.

As ons reis en daar waar ons wil oornag is daar nie n oord nie, dan sal ek n gastehuis boek.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 14:03:39 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 682
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek het reeds genoem dat daar 'n verskil is tussen die Kaapse karavaanPARKE en die Gauteng se OORDE.

Aiii, ek onthou dat ons jare gelede (ons was toe nog lede van SAWA) gereeld by Antoniesvlei gekamp het, maar toe was dit nog in die dae toe munisipaliteite BEGROTINGS gehad het en nie salaris-pakette nie. Dit was 'n lekker en mooi kamp en dit was netjies onderhou omdat die tipe mense wat daar gekamp het ordentlike mense was.

Maar so moet ons Kaapenaars maar bloemin vêr ry om julle Valies se mooi plekke te gaan geniet.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 17:36:38 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Neewat, ons het 'n voet in beide provinsies en ons weet dat sommige Kaapse munisipale oorde steeds tops is.  Ek weet egter nie van 'n enkele munisipale oord in die noordelike deel van die land waar daar nog 'n gangbare munispale oord is nie.  Daar is wel verskeie privaat oorde in die noordelike dele wat baie goed is, maar so is daar ook in die Kaap.  En dan wil dit vir my voorkom asof die privaat noordelike oorde dalk ietwat duurder as die Kaapses is.  Ek vat hier 'n wilde raai gegrond op min feite, so dis net my indruk.

ATKV oorde se standaard oral in die land is ook heel aanvaarbaar. 

Ons het in ons pasafgelope toer Lientjiesklip en Yzerfontein heel aanvaarbaar gevind, veral gesien die pryse wat ons as pensionarisse betaal het. En beide is munisipaal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required