English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 133
topics: 379
replies: 5 384
views: 142 220
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Aluminium & Fiberglass Caravan

replies: 2
views: 251
07 Jan, 2022 @ 08:59:44 am
Chops
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 20 years

Goeie more almal.

Ons het nou die afgelope paar jaar gekamp met ons Skipper, en intussen het ons familie gegoei en ons gaan binnekort 5 wees in Maart. Ons het alhoewel geweet dat ons net tot op n punt toe almal in die Skipper kan huisves tot my seuns groot genoeg is om in die tent te gaan slaap so ons het van die begin af die skipper gekoop met die multi-room want die laaities gaan een of ander tyd nie meer in die skipper wil slaap nie want dis nie 'cool' nie.

Wat ek die laaste paar kampe gesien het is met n klein karavaan kom daar ook n klein tent wat mens nie altyd agterkom nie. Vir n gesin van 4 en nou amper 5 met al die goed wat moet saam vir kinders en vernaam kleiner kinders is dat ons tent is nou net te klein en daar is beter opsies daar buite.

Dis hartseer maar ons seisoen vir die Skipper is nou daarmee heen en my huiswerk begin nou vir die volgende seisoen begin nou met iets anders.

Ek dink aan n next gen karavaan wat van aluminium en fiberglass gemaak is. My begroting se dadelik vir my dat nuut by die deur uit is maar sal n 2de handse een kan finansier. Ek weet ook dat kamp saam met n nuwe karavaan by die deur uit is agv ons nuweling wat eers bietjie sterker moet word, maar dit gee my maklik 6 maande om die regte karavaan te soek.

Ek wil graag bietjie hoor by ander mense watse karavane om na te kyk wat aluminium en fiberglass is en wat hulle sal aanbeveel. Ek hou van die Sensation en n 2012 Sensation Vee sal die plafon van my begroting wees (Min of meer R320k). Ek het ook al gehoor van Destination maar ek kyk nie eers daar nie agv die prys. Dan het ek ook al gaan kyk na die Quantum Connect, Checkmate Knight en die Okto maar sien nie veel 2de handse karavane daar nie. Ek vermoed die nuwe Gen Jurgens, Gypsy en Sprite mag ook teen die tyd oorgeswaai het na alimunium toe maar n 2012 Sensation is goedkoper as 2020 Jurgens.

Ek het ook al gehoor van klagtes gehoor van omdat die nuwe Gen karavane so flexible is dat die seelwerk begin loskom. Maar dis nou hulle se en is bietjie moeg van hulle se want niemand weet wie hierdie hulle is nie. Ek wil hoor by die mense wat lank al kamp met die name hier bo.

Die laaste paar dae het ek deur die forums gelees en van wat ek lees hoor ek nie mense kla nie en dit was n baie nat Desember, vernaam in Warmbad se wereld waar ons was so dis miskien ook n goeie tyd om die post nou te begin na so vakansie.

Ongelukkig omdat ek nie nuut koop nie, kan ek nie kies en keer oor wat ek saamkry nie so sal dit maar moet custom soos ek aangaan. Daar is darem tyd en dis tog lekker om die karavaan op te slaan in die erf dat die kinders dink ons kamp terwyl jy so bietjie tweak hier en daar.

Baie dankie by voorbaart.

Groete.

Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan, 2022 @ 12:49:50 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 619
Joined: 23 Oct, 2017
Experience: 59 years

Surprised you cannot manage with the Skipper and a seperate tent for the kids. Skipper has been the best thing since we sold our Sherpa, and you can add extra awnings to make the living space bigger.

What about a Sherpa Rambler, its all fibreglass and the tent will be better than the Tinys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan, 2022 @ 16:10:01 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 619
Joined: 23 Oct, 2017
Experience: 59 years
Owning a Skipper you are probably aware you can add on 2 or 3 awnings with sides so you end up with a tent bigger than most large caravan tents, and what is more they are much sturdier than other caravan tents because of all the extra poles to brace the tents.
How old are your present 2 kids? As you can see this couple put their add a room far away from the main Skipper van which also gives the kids and adults some space.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za