Ons wil gedurende Mei die pad vanaf Aliwal na Barkley Oos ry . Is die pad in n goeie toestand met in aggenome die pas bygereken.On gaan n aand by Karnmelkspruit slaap en dan weer n paar aande by Tortoni Daarvandaan wil ons so paar dae na Rhodes gaan. Groete. Maurits
Dit wil voorkom of almal net op die N1 bly en nie die mooi afdraai paadjies ry nie!
Ek kan nie jou vraag beantwoord nie. Ons het jare gelede, seker meer as 30 jaar, die pad gery en ek onthou dit was heel skilderagtig. Daardie tyd was die sogenaamde omslagspoor nog in gebruik. Dit was n interessante trajek waar die trein vorentoe en agtertoe teen die berg af ge"zig zag" het. Ons sou graag die rit per trein wou doen- enkele passasiers kon wel saamry- maar die koste was te hoog en dit sou te lank neem.