English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 411
Total Replies: 232 671
Total Views: 82 440 760
topics: 4 417
replies: 29 732
views: 17 352 439
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 124
replies: 74
views: 9 225
Aldam Holiday Resort & Conference Centre
Free State, Aldam
18
Total Ratings: 18
17   
1
Rated: 16 Sep 2019
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Aldam Vakansie-Oord Gekose Oord

replies: 7
views: 165
21 Aug 2019 @ 13:07:13 pm
CaravanParks.com
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2758
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 46 years

Aldam Vakansie-Oord - Aldam, Vrystaat
Kamp & Leef Gekose Oord

Ervaar die rustigheid van die Vrystaat op sy beste by Aldam Vakansie-Oord! Die oord bied nie slegs die geleenthede vir ontspanning en herstel nie, maar sal ook jou adrenalien vining laat pomp met al die uitstekende watersport-geriewe. Hierdie 3-ster oord, reg langs die Allemanskraaldam, beskik oor geriewe vir ontspanning soos: mini-gholf, ‘n waterglybaan, ‘n swembad, tennisbane, visvang en watersport.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:03:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het laas in die tagtiger jare met 'n tent en my boot by die oord gekamp.  Daai tyd het ons dit baie geniet.

Hoe lyk die geriewe deesdae daar????

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 06:03:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Toe was dit genoem Allemanskraal Dam.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 07:52:51 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 867
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons gebruik Aldam relatief gereeld as oornagstop. Beplan om weer op 10 Sep daar te oornag oppad terug Boland toe na ons 5 maande ekskursie hier in die Laeveld (tans nog by ATKV Eiland Spa). Die ablusies vertoon beslis nie van 5-ster gehalte nie, maar is dienlik vir 'n oornagstop. Ons het ook al by geleentheid in die rondawels oornag - baie netjies. Ons het nog altyd veilig gevoel by Aldam, ten spyte dat ons al by geleentheid die enigste kampeerders was. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 13:24:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Het daar water geski dat dit voel of my arms afval.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 19:05:56 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 867
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons is 'n week vroeër (as wat ek hierbo genoem het) by Aldam. Ons is weereens, soos meermale in die verlede, die enigste kampeerders in 'n andersins stil oord. Maar ai - die ablusiegeriewe gaan jaar na jaar net al hoe meer agteruit. Hier word letterlik niks t.o.v. onderhoud gedoen nie.

Die res van die oord vertoon netjies. Maar die kampeerders suig beslis aan die spreekwoordelike agterspeen. Ek is geneig om my opinie van Aldam se kampeergeriewe, en my voortgesette gebruik van dié oord, in heroorweging te neem.

Teen R315 vir die nag is dit inderwaarheid 'n skande as ek dit vergelyk met gisteraand se R117 by 'n puik Klein Kariba.

Aldam sal waaragtig sy sokkies moet optrek. Ek hoop Gonnie bring hierdie inset onder Aldam se aandag. Ek gaan buitendien 'n e-pos aan Aldam rig om my ongelukkigheid met die toedrag van sake oor te dra.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2019 @ 09:13:12 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Chris, Ek stem saam met jou.  Ek hou die draad dop want dis nie goed om te kla as 'n advertensie uitkom oor 'n oord nie maar na jou brief sal ek my opinie graag gee.

Die kampeerder word net gemelk en niks van die geld word teruggeploeg om kamp - en ablusiegeriewe te verbeter nie.   Jaar na jaar gaan alles meer en meer agteruit.   Waterpype, krane, grasperk, ablisies, gate in pad, ens

Baie Bloemfontein kampers ondersteun nie meer Aldam nie.  Gariep is 'n beter skoner opsie net 'n paar km's verder as wat Aldam is van Bloem.  Daar is baie meer dinge om te doen en ook 'n groot supermark, drank - en visvang winkeltjie as jy iets nodig het.  

Aldam sal beslis iets meer moet doen vir die kamper wat hom wil ondersteun.  

Chris, ek hoop jou brief werk want ek het so twee jaar terug dit mondeliks oorgedra aan bestuur.   Dis waarom ek ander kamp opsies geniet en vir eers Aldam op sy skuif. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 19:21:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14186
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lyk of hulle n lekker program het vir Desember 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required