English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 001
Total Replies: 259 190
Total Views: 83 465 289
topics: 11 849
replies: 143 164
views: 39 460 920
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Al weer my tru-kamera

replies: 11
views: 256
06 Nov 2020 @ 12:48:57 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ha ha, julle is seker al moeg hiervan. Ek het reeds hiervan vertel, net n biekie meer detail. Dis hoe my nuwe installasie lyk. Netjies. Die skerm is nou groter, dalk effen TE groot, maar uiters helder. Die kamera het vier helder liggies wat in die aand help met agteruit ry. Die kar agter jou kan ook SIEN dat jy bewus is van hom.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2020 @ 13:10:31 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

dit kan vir my ook werk baie duidelik..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2020 @ 13:34:04 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Twee goed wat ek op my wa het wat 100% die moeite werd is:

  • Mover om die wa gemaklik te skuif
  • Tru kamera wat die sleep 200% gemakliker maak net omdat jy deeglik agter jou kan sien.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2020 @ 15:41:46 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Twee goed wat ek op my wa het wat 100% die moeite werd is:

  • Mover om die wa gemaklik te skuif
  • Tru kamera wat die sleep 200% gemakliker maak net omdat jy deeglik agter jou kan sien.

Dit kan jy weer sê.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 11:12:33 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Danie dankie dat jy jou installasie wys. Ek het presies dieselfde stelsel. Hoe het jy die skerm se "bracket" vasgemaak op die paneelbord? Ek het my Fortuner bekyk om presies daardie bracket daar vas te sit maar kry nog die regte manier nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 11:58:18 am
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 622
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Danie dankie dat jy jou installasie wys. Ek het presies dieselfde stelsel. Hoe het jy die skerm se "bracket" vasgemaak op die paneelbord? Ek het my Fortuner bekyk om presies daardie bracket daar vas te sit maar kry nog die regte manier nie.

Piet is daar nie 'double sided tape' onder nie?

 

Nice set up Danie.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 12:30:44 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Oor die vassit van die bracket: Ek het die probleem gehad met my Garmin se seekatvoet.  Dit wou net nie bly vassit op die Kuga se paneelbord nie en ek wou nie gom gebruik nie.  Ek dink amper ek het "double sided tape" ook probeer. Ek het toe rubber (latex) gebruik om 'n goeie seël vir die seekatvoet te bewerkstellig na ek ook ander stowwe so probeer het,  en dit sit al jare daar.  Ek het geëksperimenteer want ek wou nie permanente merke agterlaat nie.  As ek die GPS se voet verwyde kom die latex maklik af-dit klou nie soos gom aan die plastiek nie,- en laat geen merk nie. 

Latex kan onder andere verkry word as sogenaamde "sew-simple", van Bostic of "sew-easy" van 'n ander vervaardiger.  Dames gebruik dit in plaas van gare om lap op sekere plekke vas te heg.  Julle monitors het wel nie 'n seekatvoet nie, maar hierdie kan dalk net werk. Maak net seker julle hou die monitor in posisie vir 'n dag of selfs langer tot die rubber geset het. In die ope lug set die rubber amper binne minute maar dit neem langer as dit nie direk aan die lug blootgestel is nie.

Dit kan dalk ook suksesvol gebruik word by natuurlike vesel tente om nate was lostrek, te herstel, sommer daar by die kampplek, want dis waarvoor dit eintlik bemark word, maar ek het dit nog nie so gebruik nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 12:44:14 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 622
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Just as a matter of interest 'Meths' removes glue and old melted/sticky/tacky rubber.

 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 14:57:21 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Good to know, thanks Richard.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 19:16:40 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2268
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Het dieselfde skerm en gebruik PRESTIK. Het nog nooit losgekom nie en los nie merke as jy die skerm afhaal nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2020 @ 19:42:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Die monitor wat ek gebruik knip oor die middel truspieel vas.  Die kabel is al langs die venster gelei tot onder by die voete van pasasier sitplek.

Die truspieel is tog in elkgeval waarna toe ek wil kyk as ek na agter wil sien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2020 @ 10:49:25 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

My kar se kamera-tru-spieël is ook een wat oor my tru-spieël pas. Dis n aparte kamera wat laag, reg agter my tou-haak sit sodat ek kan haak met die grootste gemak. Ek weet dat ander kameras hoog sit en af kyk na die touhaak en die karavaan. 

Die karavaan se kamera werk deur die dashboard kamera.

Die vassit van die monitor is n probleem. Ek het agressiewe valcro gebruik maar dit kom af. Toe het ek die valcro vas ge-epoksie. Ek het ook die monitor se verstellings (vertikaal en horisontaal draaie) permanent vas ge-opoksie. Die epoksie wat ek op die dashboard gesit het is klein kolletjies en ek glo ek sal dit kan afkry met Meths of selfs eter. 

As jy wil kan jy die vier pootjies met klein skroefies in die dashboard vasskroef. Maar ek sal dit nie sommer doen nie. Jy kan dan weer die klein gaatjies met n klein bietjie silikoon toemaak.

Die monitor het lig-intensiteit verstellings en n knoppie wat van die een kamera kan oorskakel na n ander een toe, ingeval jy vier of meer kameras het, soos sommige motorhomes.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za