Dit gebeur nie baie dat n mens kan se "ek het iets nuuts gesien wat ek nie al voorheen gesien het nie"
Ek het een van die gesien by Natalia laas week. Dit is iets nuuts en baie anders vir my.
Hy vou oop en dan druk jy n knoppie en die tent plaas op met lug. Baie slim en baie luuks.
Interesant
ek het al 'n opblaas tent gesien maar hulle is baie duur
Nice ek wonder met sterk winde hoe is daai tent dan
Dis mos nou ideaal! Druk net 'n knoppie en siedaar! Druk jy ook 'n knoppie om dit af te blaas?
Ek is maar skepties as dit kom by afblaas produkte.
Kyk mooi na die ontwerp. Die wind het nie vasgryp plek nie en gaan oor die tent waai. Maak nie saak van watter kant hy waai nie.
Ek sal egter baie versigtig wees om met hom onder 'n kameeldoring of koorsboom te kamp.
Het die gesien by Campworld Waterkloof verlede jaar.
Goed ontwerp en redelike dik lugbuise. Hy sal nie sommer 'n gaatjie kry nie. Weet nie van 'perish' in die Afrika son nie.
Pottie, ek is nie so seker dat hy sterk wind sal weerstaan nie. 'n koepeltent (dome tent) lyk ook aerodenamies maar ons het al in so kleintjie geslaap terwyl die wind hom gedruk het dat hy na binne buig. Ek hy het redelike stewige pale en is aansienlik kleiner as die een hierbo. Maar dit hang af waar jy gewoonlik kamp. In die binneland is die wind mos nie so 'n belangrike faktor nie maar die gerief van vinnig opslaan wel. Ek het al pryse van sulke losstaande tente gesien en dit was baie hoog, wat natuurlik negatief is.
Met die tipe tente asook 'n dome tent slaan jy hom so op dat die deur in die wind in kyk.
Dit maak dat die wind die tent uit pof en hy staan stewig as jy die basis netjies vas het.
Nadeel is mens weet nie ALTYD uit watter rigting die wind kom nie.
Daar was n paar dae wat die wind ons goed bygekom het by Natalie. Nie gelyk of die wind hom kan skade doen nie. Hy le net eenkant toe en is dan weer dadelik op sy pos. Geen palle wat kan uitwaai of breuk of buig nie. Die mense het wel op een van die onderste staanplekke gestaan waar die wind nie te sterk is nie.
Kyk mooi na die ontwerp. Die wind het nie vasgryp plek nie en gaan oor die tent waai. Maak nie saak van watter kant hy waai nie.
Ek sal egter baie versigtig wees om met hom onder 'n kameeldoring of koorsboom te kamp.
Het die gesien by Campworld Waterkloof verlede jaar.
Goed ontwerp en redelike dik lugbuise. Hy sal nie sommer 'n gaatjie kry nie. Weet nie van 'perish' in die Afrika son nie.
Het hom ook daar gesien.....was verbaas gewees om te voel hoe hard hy opgeblaas word. Sal graag wil sien hoe die hele afblaas en oppak proses plaasvind, kan glo dat opslaan slegs n minuut kan neem