English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 834
Total Views: 82 286 561
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 097
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Age old

replies: 9
views: 365
15 Feb 2019 @ 10:52:31 am
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Hallo Almal,

Ek het 'n 1985 Jurgens Fleetline gekoop en wonder of ek dalk stabilizer moet opsit. Indien wel watter een is die beste opsie? Die trek voertuig is 'n Ford Ranger wat tog "sway assist" het maar eerder bang jan as dooie jan.

Nog 'n punt is die karavaan het nie jou standaard "A-raam" nie maar reguit voorkant (foto onder hopenlik as ek kon uitfigure hoe om te post)

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 10:56:50 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek is van mening dat die stabiliseerder juis jou motor stabiel hou as die was deur 'n dwarswind heen en weer geruk word. Ek is nie 'n kundige nie maar ek dink nie jou motor se funksionaliteit sal so iets neutraliseer nie. Dit is maar net veiliger om met 'n stabiliseerder te sleep.

Miskien kan ons ander forumlede wat meer tegnies is vir ons hiermee help. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 12:55:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed Hentie, jou karavaan het 'n disselboom en die dag toe dit uitgekom het was hy toegerus met twee stabilisers.

Daar was onlangs 'n gesprek hier op die forum wat spesifiek gehandel het oor die tipe stabiliseerders en die sleep haak wat spesifiek saam met dit gebruik is.

Ek sou voorstel dat jy na daai tipe stabiliseerders soek want wanneer gemonteer skep dit die werking van 'n amperse A-raam, dit doen die werk van 'n stabiliseerder en deur dit te gebruik lig dit die voorkant van jou wa en agterkant van jou seleep voertuig ook.

Weens die swart voorkant van jou wa kan ek nie sien of jou karavaan nog aan die voorkant die groot U bracket op het waaraan die stabiliseerders haak nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 13:03:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hentie lees die onderwerp Old Jurgens stabilizer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 13:38:07 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Hi Leon,

Ek het op KAMP-MAL gesien oor daai stabilizer maar die foto bo was toe die vorige eienaar die daktent vervang het. Die wa het nou aircon daarvoor en die U-bracket was nie meer daar nie. Het ook gelees op FB daai ou stabilizer kan gevaar inhou as hy omval. 

Nie my pos klaar geskryf nie maar gewonder of die nuwe stabilizers sal werk op die tipe stang.

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 14:49:21 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Lyk baie netjies vir ‘n wa wat oor die dertig jaar oud is...!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 21:33:06 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1853
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek het baie jare met so n 1984 model gery. Steeds my lekkerste wa gewees. My kinders het hom by my oorgeneem en hom gery tot verlede jaar. Hy was toe nog in n puik kondisie en sy nuwe eienaar hoog in sy skik. Daardie ou stabiliseerders het baie goed gewerk dit sal jammer wees as jy dit nie weer kan gebruik nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2019 @ 13:33:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dalk pak ek reg of is my sleep spoed ook van belang..

Het jare laas n stabilizer gebruik. 

Het n dubbele tando wat in die garage le. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2019 @ 14:28:43 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Dalk pak ek reg of is my sleep spoed ook van belang..

Het jare laas n stabilizer gebruik. 

Het n dubbele tando wat in die garage le. 

 

Hi Oom Chuck,

 

Sien jy is om die hoek van my, ek is in Wieda Glen. As dit dalk kan werk jy wil verkoop skree asb

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2019 @ 17:24:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hi Oom Chuck,

 

Sien jy is om die hoek van my, ek is in Wieda Glen. As dit dalk kan werk jy wil verkoop skree asb

0agt2 vyf vyf drie sewe agt viervier

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required