English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 139
Total Replies: 227 869
Total Views: 82 289 246
topics: 10 759
replies: 123 588
views: 38 812 628
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

After market rims

replies: 10
views: 264
28 Jun 2019 @ 07:03:58 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

More, Ek sien baie bakkies met van hierdie "swart rims" op. Het al baie verskillende soorte gesien en ek neem dan ook aan dat dit natuurlik verskillende name (brands) is. Ek kan nie sien watse verskil dit eintlik maak nie, behalwe dat dit verondestel is om beter te  lyk?

Het nuwe bande op my bakkie gesit so n maand terug en daar was n man wat bereid was om R20,000 te betaal, en dit sonder die nuwe bande wat seker nog R12,000 sou wees. Die bande op sy bakkie het nog nuut gelyk. 

Ek wonder net of daar van julle is wat van die rims opgesit het vir ander redes as net mooi lyk, en wat daardie redes is?  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 10:27:56 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1650
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self dink mooi rims en tyre's is beslis die moeite werd. Maar mens moet baie oordeelkundig koop. Van daai rims is nie vir vandag se potholes.

n Stel mooi rims en tyres is die regte medisyne as jou oe begin rond dwaal vir iets mooier om te ry.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 10:31:36 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 867
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Sommige mense het net te veel geld....

Ek kan verstaan as jy breer bande wil opsit, maar nie as jy standard grootte bande wil hou nie. Sommige van hierdie “mag” wiele break ook maklik was jy ‘n slaggaat tref.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 11:06:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hou maar by standard soos ek hom gekoop het. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 11:10:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hy is tog so getoets en goed geskeur. 

Wat sê jou voertuig versekering en waarborg indien jy veranderings maak soos groter bande en ander rims en kom in n ongeluk.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 11:13:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dus hou ek by Toyota goed gekeurde onderdele tov sleep stang en buffer. 

Spotlights is addisioneel op by versekering.

Hoe maak julle met groter bande en ander rims. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 13:44:09 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die swart wiele is vir my gladnie mooi nie.  Veral op luukse motors soos BMW en MB, lyk dit vir my regtig lelik.  'n Ander ding wat ek nie kan verstaan nie, is om jou luukse motor met dowwe verf te spuit.  Ek het so 'n donkergrys BMW serie 3 hier gesien, en dit lyk eenvoudig onafgewerk.  Hoekom so 'n mooi voertuig so mismaak?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 21:28:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het my Tippers se mags vervang  na ongeveer 2000km. Die redes as volg:

  • Looks.  Ek wou he dat die wiele effe verby die tipper se bakwerk staan.
  • Die swart lyk heel Chapperig by die wit tipper of altans ek dink so.
  • Die rim groote was 18" gewees met 65 profiel band.  Nou is dit 'n 17" rim met n 70 profiel en effe brieer band.  
  • Ek ry 95% sand duine vir 4x4 trippies en die terrein vaardigheid in die sand is 110% beter met die 17" wiele.  Spoor is langer as jy die wiel afblaas.
  • Dan verskil die speedo so 1,5 tot 2km/h met die GPS spoed.  So my brandstof verbruik is nader aan die ware jakop as met die oor spronklike rims se 7 tot 8km/h verkil.

Dit kos my gewoonlik nie ekstra geld vir die verandering nie want hoe gouer ek die swap doen met nuwe Tipper hoe beter.  Ek koop die nuwe 17" Mags.  Gaan dan na n Maat van my se besigheid en hy vat die 18" bande vir 17's van my keuse.  Dan verkoop ek die 18" Mags om my geld op te maak vir die uitgawe van die 17" rims.

After market Mags kos my so R6 tot R8k. Een rim van Wildtrak is nou R8500.  Ek laat gaan hele stel vir daai prys. Dit vat minder as 2 dae na advertensie op OLX geplaas is, dan is hulle weg. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2019 @ 21:34:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So score die arm gat om iets chapperig en funksioneel te he.  En ek help weer 'n ander armgat wat nie R8500 per wiel kan bekostig nie maar wel dit het vir n stel.

Want 'n ou wat Wildtrak rims soek weet wat dit kos by Ford handelaar

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 06:49:58 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Leon, as jy die Wildtrak se rims verkoop is jy nie bekommerd as jy die Wildtrak will verkoop dat jy dit noodig sal he vir die inruil op n ander voertuig nie?

Ek het die nuwe 2L bi diesel Wildtrak vir n baie goeie prys gekry. Sal hom volgende week kry. Ek het Saterdag ons Suzuki Sx4 se windskerm vervang en geloer na die rims terwyl ek gewag het. Ek begin nou ook daaraan kou om vir die nuwe Wildtrak ander rims op te sit.  Maar, ek moet se, het nooit gedink dat dit so moeilik kan wees om te besluit watse rims nie. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 07:06:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My broer maak nes ek met die rims.  Hy trek tans by sy 4de Ranger Wildtrak.  En die ruil met die ander Mags loop soos stroop.  Jy moet net seker maak dat die rims wat jy op sit regtig 'n verskil maak op die "looks" van die tipper.  Hy moet regtig anders lyk.

Het 'n week of wat terug net vir interesantheid inruil quote gekry vir die nuwe Bi-turbo Wildtrak.  Eerste vraag was bly die rims op die voertuig?  

Ek het 'n baie goeie inruil vir my vorige Wildtrak gekry.  Net onder die R300 000.  Mens moet maar net rond shop.  Dit was wel in Lydenburg.  Het die beste prys vir die nuwe Tipper ook daar gekry.

Ek self koop nie sommer 'n voertuig hier in Pretoria of Johannesburg omgewing nie.  Navara in Tzaneen gekoop byvoorbeeld. Mense kry beter deals op die kleiner dorpe.

R40 000 verskil in prys op my dogter se FIAT 500 tussen Middelburg en Pretoria handelaars.  Dan ry ek met 'n smile Middelburg toe.  Want ek gaan nie R500 se brandstof soontoe en terug uitry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required