Johan, Ons het so twee jaar gelede om dieselfde rede as jy, van 'n Sprite Supersport oorgeslaan na 'n tent-trailer. Ek ken nie jou nuwe karavaan nie, maar dit lyk vir my baie soortgelyk aan ons Skipper Oyster, hoewel on s'n nie presies 'n 4X4 is nie. Ons ervaring is ook soortgelyk aan julle s'n. Ons vind dat ons nou baie meer geredelik gaan kamp omdat dit soveel makliker is. Oor die baie penne stem ek saam- dieselfde as met ons, maar as ons nie minstens twee aande oorslaap nie, slaan ons ook nie eers die tent op nie. Geniet dit!
Ons het 'n karavaan nodig gehad wat in 'n standaard garage pas want dit was 'n probleem om die Sprite in ons garage op Stilbaai te kry. En die karavaan moes maklik en ekonomies sleep want ons ry gereeld tussen Pietersburg en Stilbaai en wou hom aan beide kante ook hê om kort toere te onderneem en het nie kans gesien om dit gereeld met die groter karavaan te doen nie. Ons is heeltemal gemaklik in die Oyster. 'n Mens kan nie beweer jy mis nie die groter spasie nie, maar na alles, jy slaap eintlik maar net in die karavaan. Dit hang maar dink ek, af van hoe jy die karavaanlewe sien. Ons het selfs nie die Sprite as 'n mobiele woonstel beskou nie- ons voel ons kamp uit. Dis maar dieselfe as kamp met 'n tent, wat baie lekker en avontuurvol is, met net 'n bietjie eksta gerief. Ons het 'n paar jaar gelede Brittanje met 'n klein tweeman tentjie getoer. Dit was natuurlik goedkoper as om in gastehuise te bly maar die groot oorweging was dat dit vir ons meer na 'n avontuur gelyk het, wat dit ook was.
Ek hoor wat julle sê: Maar ek luister nie. Ek geniet my Sensation ter dee en sal nie maklik van hom ontslae raak nie. Dalk net as ek die geld heel vir iets anders nodig het en dan glad nie meer gaan kamp nie.
Ek dink ek en Leon is voëls van eenderse vere. Ek is baie bly die boswa ouens geniet hulle waens netsoos wat ek my ou teerpad-waentjie geniet ! Ek ken boswaens goed, veral die Echo 3 & 4 asook die Bushlapas. Drie van ons vriende wat elk 'n Bushlapa het, kamp gereeld saam met ons, juis nou oor twee weke weer in die Kruger Wildtuin en ook twee maande gelede by Hartenbos.
Ons ou Exclusive is nou al 13 jaar deel van ons kamplewe (die langste wat ons nog 'n karavaan gehou het) en ek verruil hom vir niks nie, net miskien oor 10 jaar vir die ouetehuis ! Die "movers" maak die hantering sommer baie makliker en die sleep self is 'n droom omdat ons ons lang ritte afbreek in seksies van nie langer as 500km per dag nie. En seker ook omdat ons met 'n Nissan Pathfinder sleep !
Die boswaens is egter baie oulik, doelmatig en sterk ontwerp, maar daardie beknopte binneruim gee my engtevrees.

Ditto
So as ons oornag op 'n lang trip af Kaap toe stop ek net, laatsak die pote, prop die wa in en haal 'n stoel en braai goete uit.
Die hoekstutte neem 'n minuut vir al vier. Die krag koppeling dalk twee en die stoele en braai goete dalk 3.
Ons is geset in minder as 6min. Lekker
Presies ! Hier oornag ons by Riverside net duskant Kimberley, ons tweede oornag oppad van Kaapstad af Kruger Wildtuin toe. Oornag-slapery is deel van die vakansie en beslis geen pyn nie, of dit nou koud is, warm of reën - daardie goed toegeruste, altyd onmiddellik gereed slaapkamer, eethoekie, kombuisie en badkamer het geen gelyke nie !
Neem net kennis ek skiet nie 'n boswa of offroad wa af nie. Dit bly ook 'n lekker vakansie maar.......................... nou dis die maar waar die ding in kom.
As jy gaan kamp, kamp vir goud mense, die langnaweek einde van die maand is oppad.
Daar is nie 'n algehele reg of verkeerd met karavane nie (netsoos maar met meeste dinge) Daar is net 'n reg of verkeerd vir jou op 'n sekere tydstip. As ons leefwyse was om langer tye op 'n plek te staan, sou ons sekerlik 'n konvensionele karavaan gekies het of eerder ons ou Supersport gehou het. Ek raak te lief vir bekende dinge en het 'n probleem om van hulle afskeid te neem. Ons het 'n tydjie gelede vanaf Witsand na De Hoop en daarna na Struisbaai gery- met die Oyster, die hele ent grondpad langs. Met 'n gewone karavaan sou ons dit beslis nie doen nie en beslis ook nie by de Hoop kon uitkom nie aangesien daar net grondpaaie daarheen is. Dit was nou wel nie juis 'n belangrike rede vir ons keuse van die Oyster nie, maar dis 'n baie welkome aspek. Soos hulle sê: Different strokes for different folks.

Soek ook nou n boswa klein gaan S WES toer Phalaborwa Buffelspoort,Redsands Kurman,Aurabies Waterval,Kgalagdi,NossobKamp,Mata Mata Windhoek.Henties,Sesriem,Shark island,Ais Ais,Augrabies, gaan met Jimney en Jurgens boswa opgegradeer
WJ ek weet nie of jy die Jurgens reeks boswaens ken maar wou net vir jou noem dat hulle is glad nie lig nie. Vir al as jy met 'n Jimny gaan sleep. Ons het self 'n XT120 met howling moon tent gehad en hy was glad nie lig nie. Wou net noem dat jy bewus is en in ag neem.
As ek reg onthou sonder tent (iaw wa alleen) was die wa 750kg en dan met die tent was dit nog 150kg en dan kom jou goeders nog by. Ons het nou 'n Namib en hy is 950kg en ek kan die verskil voel met 'n Pajero 3.2.