English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 153
Total Views: 83 291 901
topics: 11 632
replies: 139 986
views: 39 364 684
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Afblaas matrasse

replies: 47
views: 11974
21 Apr 2016 @ 13:43:45 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Middag all kampers.
Ek is nuut op die blad, en het eers seker gemaak ek lees heelwat van julle forum stories en so aan om te sien waaroor julle almal gesels. Daar is egter so baie om te lees, dat as ek nie nou skryf nie, ek nooit gaan skryf nie.
Ek kamp al baie jare langs die viswater, motorfiets rallies en so aan, maar het so twee jaar terug regtig begin groot gaan met die kamp. Ek het ons stappers spons matrassies (ongemak op sy beste) verruil vir afblaas matrasse. Hehe. Wel, dis opblaas matrasse, maar die goed blaas af deur die aand en moet so drie keer elk deur die aand gepomp word. In kort, ek en die vrou slaap op een, die seun slaap op een en die dogter slaap op een. My problem is dat mens nie die goed wil opblaas deur die aand nie, want die ander kampeerders slaap dan al en elke drie uur pomp ek dat die byle huil. Hulle het nie gaatjies in nie. Getoets in die swembad. Die lug lek fisies by honderde plekkies uit deur die material waarvan dit gemaak is. Weet julle van enige manier hoe mens die goed kan seel? Miskien iets wat mens kan aanmaak en binne in gooi en dit skud dat dit seel van binne af. Of iets om hulle mee te verf om te seel? Enige raad iemand? Dankie vir julle tyd. Kamp groete van die tentkampers af.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 14:04:31 pm
Anonymous

Adriaan, welkom by die forum. Ek gaan raad gee, maar ander lede sal ook met baie goeie raad kom. 

Probeer die ''sealant'' wat hulle gebruik om tente te seel, dit word aan gespuit. Jy kry ook ''seam sealant'' om die tent dakke se nate te seel wat jy basies aan verf. 

My beste raad is om te gaan vir ''stretchers''

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 14:13:12 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Baie dankie vir die verwelkoming asook vir die raad. Ek het ook aan die tent sealer gedink. Op die forum het ek al die volgende name gekry. Canvas sealer, Nu-Seal, Nu-proof, Nikwax, Drip Lock en ook vier kerse opgelos in n' liter parafien. Hehe. Die problem met stretchers is die spasie wat dit vat. Ek het pak plek in die bakkie, en dan in n' karet sleepwa. As ek meer pakplek gehad het, het ek lankal in stretchers belę. Nie seker hoe ek en die vrou ook gaan slaap op die stretchers nie, tensy hulle dubbelbed stretchers maak. Dalk moet ek weer bietjie gaan kyk na die stretchers ook. As hulle nie te veel plek vat nie moet ek maar begin koop. Gaan oktober bietjie op vakansie en dan kamp ek weer lekker. Kan nie wag nie, maar sien nie uit na ongemaklik slaap op die grond nie, so ek moet of die matrasse geseel kry, of belę in die stretchers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 14:28:30 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Daar is nie `n gemaklike opblaas matras nie en nog minder een wat nie lek, ons het `n grand (en nogal duur) een die tipe  wat binne in `n sloop pas en op `n spinnekop raam pas. Agnee, ek sou liewer by daai dun spons stap tipe bly. As mens so deur `n kamp loop en die pompie hoor hardloop dan weet jy. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 14:39:52 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2248
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Adriaan welkom. As jy iets kry wat werk om daai matrasse te seel kan jy by my 4 verniet kry. 

Nog nooit een gekry wat nie afblaas nie.  Het dubbel spinnekopbed en het 6mm chipboard en spons matras wat ek vir kinders gebruik as ons kamp. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 14:58:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17549
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Welkom op die forum. Ons het die Air-o-Space opblaas beddens gehad. Was baie tevrede...was nodig om eers na 4-5 dae weer bietjie op te blaas.
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 15:17:44 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Sjoe, baie dankie vir al die terugvoerings. Ek dink ek moet dan belę in die aer-o-space matrasse. Sal twee enkel en een dubbel moet aanskaf. Intussen gaan ek in elk geval prober om my huidige matrasse geseel te kry. Ek dink ek moet die nu-seal aanskaf en smeer of spuit op hulle. Ek weet net nie of die nu-seal n' vetterige lagie gaan maak op die matrasse nie. Miskien kan iemand my sę. Help ook nie ek staan op in die oggend en lyk soos n' kers met die vet om my nie. hehe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 15:27:21 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Hi Adriaan...

Skuus maar ek gaan Engles antwoord... dis n bietjie complicated...

First welcome here...

Air matresses....

Yes they can stay inflated for long periods of time provided that: -

1) You don't collaps your body onto them when you get onto it. That forces the seams apart. Be gentle with it.

2) you protect under the matress with a blanket / newspaper or something thick & soft, even though you tent has a groundsheet, small items can cause them to leak

3) You get patches for them Pick & Pay has them. But finding the leak is difficult. You need to slowly run water over the matress with a jug, bit by bit until you find the hole. Patch it and go again. I've fixed a few in my time.

4) ALTERNATIVE

Don't throw those hiking matresses away. Get those "self inflating" hiking matresses and put it on-top of the sponge matress, you'll sleep like a baby....

Get those 3 division sponge matresses. Get some 22mm shutterboad, have it cut to the same size, get 4  Lengths of 16mm threaded rod +- 200 – 250mm long / nuts / washers. Drill 1 through hole in each corner then use the hardware to create adjustable legs so that you can “level” the bed if you pitch on a bit of a slope. (nothing worse than waking up all crunched up at the bottom of the bed)

The shutter-board will pack flat and the legs come apart and being flat are relatively easy to pack away

This scheme also works for the Air-mattress

Don’t waste your money buying stretcher’s they all collapse / break apart and are darn uncomfortable to lie on on your side with your knees drawn up. They are also darn space hungry...

Stay away from the disc-O-bed... only good for kiddies and costa plenty... Same problem as for the stretcher beds

my 3 zupta's worth

Shout if you need help

Regards

Warren

 

 

 

 

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 15:38:16 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5821
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Die goed wat hulle gebruik om tente mee te seël glo ek nie sal werk nie, want 'n ent het nie lugdruk van die binnekant nie.  As jy dit binne-in kan kry sal dit dalk kan werk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 15:42:13 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Hi Warren.
Thanks for your reply. Excuse my English, but will try my best.
Strange to hear everyone's opinions on this. One person believe in stretchers, and another don't. Easy to confuse this boitjie. Hehe. Anyway, It looks to me like the best way to actually find what you need is to testdrive all these options. From blow-up matrasses to stretchers. Does anyone know of a place to testdrive camping matrasses except in the tent nextdoor? Just joking. I am very happy to sleep on the blow-up matrasses as long as they stay inflated. Your idea of the sponge matrasses is also a good idea, and I also do a lot of woodwork in my spare time. So cutting the boards etc. will be fast and easy for me to do. Only problem, I know what wood weigh, and by the time I've loaded it all in the trailer to go to Durban, the trailer's wheel shaft will look like a piece of boerewors on the grill, all curled. I like the idea a lot as I do go camping a lot next to dams as well, and sleeping so close to the ground allows easy access to my skin for the spiders. I don't like spiders. So sleeping above the ground is definitely a bonus for me. Maybe I must make one and see what the weight is for it. Then decide from there if I am going to go that way. I do have two single bed matrasses, but they take up a lot of space. Roling them up and tying them with rope helps, but by the time I unrole them, they are not the same again.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 15:47:01 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Aan Wilsur.
Ek het dieselfde gedink. Ek wonder oor die storie van die vier kerse gemeng met parafien. Dit binne in die matras ingooi, die matras opblaas en dan skud vir die vale dat dit orals ingaan. Sodra ek dink dis orals in, dit dan laat uiloop en die parafien kans gee om te verdamp. Ek hoop egter nie dat die binnekante dan aan mekaar gaan vasplak die eerste keer wat ek dit oprol nie. Ook dat ek nie soos n' parafien lamp gaan ruik elke oggend nie. Die vrou sal glad nie gelukkig wees nie. Hehe.

Aan Warren.
Forgot to mention. The matrasses doesn't have any puncture wounds. It's more like the air is slowly escaping through microscopic holes in the material.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 16:03:35 pm
gellies
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 08 Apr 2016
Experience: 10 years
Hi Adriaan,
Net nog inligting om jou verder to konfuss :-)
Ons het vir die afgelope 4 jaar tent gekamp, aan die begin het ons by Outdoor Warehouse n Intex Qsize elevated airbed gekoop en ons is baie tevrede. Met ons laaste kamp vir 2 weke het ons so elke 3de dag maar bietjie die handpomp gebruik om hom mooi stewig te hou. Onthou, die materiaal rek so met die tyd en het dus so effe meer lug nodig. Wanneer die mattras weggebere is vir n ruk neem die voue vorm aan, wanneer by opgeblaas word rek die voue met tyd uit.. ek is seker jy ken al hierdie "tegniese" dingetjies.
Ons oplossing. Nadat jy die hele kamp laat weet het jy blaas nou jou matras op, die motorkies maak mos n hengse lawaai,gebruik ons daarna die handpomp.
Moet net nie die matras met ingeboude kussings koop nie, mens gly af in die nag. Ek dog ek het gegroei toe my voete die volgende oggend onder die kombers uitsteek. Lekker kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 16:06:40 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Hahaha. Dankie Gellies.
Dankie vir almal se raad. Ek moet ongelukkig eers gaan. Sal more weer kyk of iemand gesels het hier.
Praat more en lekker aand verder.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 17:01:40 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Hi Adriaan,
Net nog inligting om jou verder to konfuss :-)
Ons het vir die afgelope 4 jaar tent gekamp, aan die begin het ons by Outdoor Warehouse n Intex Qsize elevated airbed gekoop en ons is baie tevrede. Met ons laaste kamp vir 2 weke het ons so elke 3de dag maar bietjie die handpomp gebruik om hom mooi stewig te hou. Onthou, die materiaal rek so met die tyd en het dus so effe meer lug nodig. Wanneer die mattras weggebere is vir n ruk neem die voue vorm aan, wanneer by opgeblaas word rek die voue met tyd uit.. ek is seker jy ken al hierdie "tegniese" dingetjies.
Ons oplossing. Nadat jy die hele kamp laat weet het jy blaas nou jou matras op, die motorkies maak mos n hengse lawaai,gebruik ons daarna die handpomp.
Moet net nie die matras met ingeboude kussings koop nie, mens gly af in die nag. Ek dog ek het gegroei toe my voete die volgende oggend onder die kombers uitsteek. Lekker kamp.

Yip, that to. Also remember temptature variation... One pumps the matress stok-styf at night, then the next day it's in the hot tent, the next time the thing's as soft as wet spagettie.....

We use Colman brand (the beige ones) matresses when family sleep over. Got one Intek I was used for about 2 months, every night without having a problem...

Watch out for the pumps between brands... One pump does not fit all!

Don't tie a sponge mattres with chord, you will deform it.

Still think those self inflating jobbies on a hiking "spons" matress is a good bet. You can make them a bit harder by blowing them up by mouth.

The spons mattress with take up all the hard knocks putting less strain on the seams.

Yes, sleeping on the ground & outside.. Do that quite often actually, But for me, the tent must secure my sleep environment against goggas.... and other less desirable warmth / company seeker's..

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 17:08:59 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Sorry thought to post these... I definatly prefer the feeling of tenting to caravanning, here is my solution

A roof-top-tent on a trailer, never get's folded up. Off the ground but low enough not to have to contend with a ladder. Easy levelling, and expands into a pitch of note...

Then my sleep-outside-bivy bag.. EX weermag senior officer & officer issue....

Just passing some ideas along...

Jamer vir die hi-jack....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 17:57:55 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Adriaan probeer daai wit (snotterige goed) wat jy in die bergfiets se wiele pomp om papwiele te voorkom. Ja nee dis nie lekker om in die nag wakker te word en jy ry op die rims nie.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2016 @ 20:55:31 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Adriaan, welkom op dir forum.
Hier sal jy baie raad kry volgens almal se ervaaring, wat sal verskil soos die mense wat dit gee.
Ek stem saam met Warren. Die opblaas goed het tot nou nie vir jou gewerk nie, so jou skoolgelde is al reeds betaal en die geld is daarmee heen. Kyk na ander oplossings. Die Roof Top Tent (RTT) is 'n ander uitweg.
Gaan in op die Hilux Forum. Daar is 'n lang stuck geskryf "in members articles" oor, "Tips For Camping/Overlanding" of so iets. Daar is baie wenke aan verskillende opsies vir kamp en toer wat baie insegwekkend is.
Daar is baie opsies vir jou om uit te kies, alvoor jy baie geld spandeer op onnittige goed wat as skoolgeld kan vergelyk word.
Geniet die kamp en jul vakansie wat om die draai is.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 00:24:51 am
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
More mense. Kwart oor twaalf die aand, en ek sit alweer by die werk. Soos gewoonlik. Hier waar ek werk is daar nou nie genade nie hoor. Dag en nag gaan mens sommer maklik hier deur aaneen. Omdat ek nou al in die oggend ure is sal ek dalk nie more reply op enige iets nie. Hang maar af of die werk my more oggend ook weer bel om te kom. Naweke sal ek dalk net van die stadige BlackBettie (Blackberry) af probeer gesels, maar dis sal kort en bondig wees. Die fone tik maar moeilik.
Ja nee mense, hier het ek beslis op die regte internet site afgekom. Hier is glad nie n' tekort aan enige hulp, ondervinding of enige iets nie. En hier is die mense vriendelik, behulpsaam en goed getoë deur al die kampery se weer. Ja nee, hier is raad vir alles. Van olie sumps regmaak langs die pad tot Army Bivy's teen die koue. Hehe. Mense mense en mense. Baie dankie vir al julle vriendlike terugvoering, idees en raad. Ek gaan die naweek prober om in Nelspruit te kom (as die werk dit toelaat), en dan van daai tent seel goed koop en dit probeer. As ek dan nie regkom nie, sal ek oor twee weke van nou af (standby tussenin) gaan kyk na stretchers, die beter opblaas matrasse en so aan. Intussen as ek klaar is met die bedlampie en tafel wat ek maak, sal ek ook plan maak om een van Warren se tuisgemaakte bedjies te maak sodat ek die gewig kan bepaal as ek vier moet saam sleep Durban toe in Oktober. ATKV, hier kom ek. And if all else fails, moet ek belę in die roof top trailers waarvan almal my vertel. Lyk my dis op die ou end die beste as mens nie n' karavaan kan bekostig nie. Maar hulle kos al klaar amper n' karavaan se prys. Aan al die nuwe vriende wat ek gemaak het, lekker aand vir julle. Al julle terugvoerings word baie waardeer. Ek sal laat weet deur volgende week, of die week daarna of ek die matrasse geseel gekry het. Watch this space, al slap ons op trekker binnebande, kamp gaan ons kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 06:42:12 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 07:09:51 am
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 274
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years
Temtkamper,

Welkom hier.

when you find a opblaas that doesnt afblaas let me know please! Tried them long ago and they are a pain in the butt!!

Good luck in your quest!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 07:32:52 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 61 years
Adriaan probeer daai wit (snotterige goed) wat jy in die bergfiets se wiele pomp om papwiele te voorkom. Ja nee dis nie lekker om in die nag wakker te word en jy ry op die rims nie.


I see I was beaten to the idea of punture fix cannisters. You get the type of cannister you can buy at Midas for car punctures that inflate the tyre and seals holes, which I was thinking of but bicycle one would probably be better, depending on the type of nozzle they have. The car ones have that Piepie that needs to be pressed on the inside of the nozzle which could present a problem.

I think it goes about the quality air matress you buy if they leak a lot or not, and we bought Campworld brand of blow up matresses with the wide seams, and these lasted well.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 07:33:17 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Welkom Adriaan,

Daardie matrasse het twee probleme ---- wink

1) Hulle word opblaas genoem sodat jy weet jy moet altyd "OP BLAAS" (ek bedoel met polfstof nadat hulle pap geword het en joy M... gestrip het.

2) Hulle is juis afblaas omdat hulle vanself af blaas.

Almal wat ek nog van gehoor het wat tevrede was, was net in die begin gelukkig - met tyd het hulle van mening verander soos wat die matrasse ouer geword het en probleme opgetel - (dalk soos Warren sê a.g.v. die nate).

'n Regte matras is eerste opsie (soos in 'n karavaan of spons as jy plek in 'n sleepwa het.

Tweede opsie is 'n stretcher.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 07:53:11 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Ek hoop nie ek gaan so oud raak dat ek kla oor pomp in die nag nie. Lol ek moes net. Welkom hier. Ek het ook een van daai Air-o-Space goed en seker net 3 keer gebruik. Ons sin lek ook. Groete en lekker kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 08:20:05 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dagsę en welkom.
Probeer gerus die raat hierbo van die "paptyre" goete wat jy by midas of out door warehouse ook kan kry.
Ek sou voorstel spuit dit in in die oggend en draai matras so om en om asof dit n band is. Wag dan tot die aand aleer jy dit gebruik.
Dit mag dalk net die antwoord wees.
So nie moet jy n karavaan aanskaf.... lyk my jys due. Hehehehe
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 08:38:09 am
Agter-os
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 18 Apr 2016
Aangaande daai goed wat jy in die fiets wiele in pomp: Bly weg van daai goed wat jy by Midas koop of daai groen veselrige goed by die fiets winkels.
As jy daai rigting gaan koop die "latex based" een by fiets winkels.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 09:34:35 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Daar is net een manier om die goed op te pomp.

N Hand Pomp. Jy pomp hom totdat hy so meter in die lug in opstyg.

En netnou is hy weer pap. 

Tenminste gee dit jou iets om te doen as jy verveeld is

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:13:10 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Welkom ja die mattrase kan lol as hulle wil sien jy het raad gekry
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 13:03:34 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Hi daar almal.
Het toe n' draai gemaak by Camp World in Nelspruit en van daai Tent seel goed gekoop. Kan nie die presiese naam onthou nie. Ek moet erken, ek het met meer as net die tent seelaar uitgeloop. Natuurlik te danke aan die vriendelike hulp wat ek daar gekry het. In elk geval, ek gaan een of ander tyd eers een matras smeer met die seelaar en kyk of hy seel. Dan sal ek die ander doen. As hy dan nie seel nie, sal ek maar die seelaar op die tente gebruik. Mens kan nooit n' tent te veel seel nie, tensy hy al so styf is van al die seel dat hy homself opslaan as jy hom uit die sak uit haal. So daar by campworld stap ek toe uit met n' opvou tafel ook, asook een van daai opwas bak rake vir die skottelgoed. Nou sal die langhaar nie meer kla dat sy die skottelgoed moet loop was daar ver nie. Natuurlik sal ek die water moet gaan haal en weer gaan weggooi. Lol. Ek sal julle op datum hou of ek die matras geseel gekry het. Ek hoop die goed werk, want paar mense hierbo het my hulle matrasse geskenk as ek myne geseel kry. Lol. Ek spot net met julle. O ja, amper vergeet ek. Daar vra ek natuurlik uit oor die XT140 en XT160 sleepwaens by campworld. Sjoe, amper stap ek daar uit met groot skuld en n' nuwe sleepwa. Ook maar goed my seun was by om te keer.
Aan Michelin man, ek is nog nie so oud dat ek kla oor die pomp in die nag nie hoor.
Aan Grumpy Hannes, My matrasse is nie sulke goeie kwaliteit dat ek hulle n' meter hoog kan opblaas nie. Ek het op Badplaas lekker gelag vir ander mense wat hom so hard gepomp het, en toe skiet die prop af en slaan die ou se skoonpa voor teen die kop. Natuurlik het almal gesit en giggle by daardie kampterrein van hulle.
Aan oom Koos, ek is lankal due vir n' karavaan ja. Maar my ou erfie is so klein, hy sal in die pad moet staan. En dit sal nou nie deug nie.
Aan DR Drake GP, spasie is juis die problem wat ek het anders het ek lankal lekker geslaap op spons matrasse.
Aan CamperVan en al die ander mense, jip, skoolgeld betaal ek al jare lank. Die problem is ek het die goed gekoop, en wil nie skoolgeld verloor nie.
Aan almal, dankie vir die raad. Amper stap ek uit by campworld met n' paar stretchers te danke aan die vriendelike hulp daar. Gelukkig het ek weereens besef die spasie is nie daar nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 21:44:06 pm
Anonymous

Adriaan, baie welkom hier, lekker gegiggel al so in die deur lees van die gesprek,,,wink

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 08:24:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Iemand wat op afblaas matrasse slaap se belangrikste toebehoere moet wees Genkem of Contact Adhesive

 

As jy die gaatjie kry is die maklikste om dit toe te maak om net  bo oor te smeer. Hoef niks op te plak nie. As dit deeglike droog is kom geen lug daar deur nie.

Ek sou 'n blikkie daarvan koop die matrasse 95% opblaas en al die nate met dit verf. Indien heeltemal droog buig en vou dit net soos die matras se materiaal.

Wil amper sê jou afblaas probleme gaan iets van die verlede wees tensy jy 'n nuwe gaatjie iewers optel.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 10:21:10 am
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Hi Leon en Johann.
Jip, ek sal die blikkie Genkem saam ry see toe Oktober. Ek sal die nate nou al moet Genkem sodat ons nou nie op n' "plug" gaan met die gomreuk in die tent nie.
Ek hoop om more met die vakansie dag dalk die ene matras te doen en te kyk hoe dit gaan. Hopelik gee die kinders my bietjie tyd want op hierdie oomblik moet pa help met wiskunde voorbereiding met die kinders saam. (As hulle meer oplet in die klas sal ek dalk minder moet verduidelik.) Hehe. Dis maar n' pa se lot. Na ek die matras gedoen het gaan ek hom goed kans gee voor ek hom mooi opblaas. Nou ja, dan is daar net een manier om hom te toets. Uitslaap in die sitkamer. Gelukkig as ek dan grond raak, dan gaan klim ek net agter die vroutjie in. Geen seer skouers nie. Lol. Julle sal sien dat ek eers in Oktober see toe gaan, maar ek sorg nou al dat alles reg is. Moet nog die twee gazebos ook regmaak na die windstorm langs die dam van die vorige visvang trippie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 11:02:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17549
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ja...dis beter om vroegtydig met voorbereidings te begin as n gejaag kort voor die tyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 09:17:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy moet die oppie plak hou virrie vakansie. Dan kan dit ekstra lekker raak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 10:23:51 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Nee wat...na drie matrasse het ek campworld stretchers gekoop...hulle het 4kantige piping hou lewenslank en vou klein op in n sakkie..wat dit ook saam met katavaan om buite te le
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 10:08:02 am
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Willie,
Ek dink Oktober sal dalk my laaste vakansie wees met die afblaas matrasse. Sal maar sien hoe werk dinge uit.
Ek sal definitief in daai Campworld stretchers moet belę. Ongelukkig sal dit moet wag vir volgende jaar wanneer mens weer geld het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 13:34:30 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Update.
Middag almal. Nou ja, ek het die matrasse geverf met die tent seëlaar wat ek by Campworld Nelspruit gekoop het. Hulle is nou al twee dae so 60 % opgeblaas. Vanaand is die groot aand wat ek hulle styf opblaas en dan kyk of hulle more nog styf is. Indien hulle more nog styf is, slap ek more aand uit in die sitkamer op een van hulle. Hou styf duim vas mense, miskien werk dit. Ek moet erken dat ek twee blikke vol gespuit het met die compressor op drie matrasse. Twee enkel bed, en een dubbel bed matras. So as dit nie werk nie, sal hulle noiit seel nie. Hehe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 13:39:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17549
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
👍...sal draad dophou vir uitslag😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 21:06:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hoop dit werk. Maar ek dink steeds jy moes genkem gebruik het.

Sterkte met die slaap

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 12:51:37 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Update!!!
Hi almal.
Ek het die matrasse met die tent seel middle gesmeer. Twee van die drie matrasse is geseel en blaas nie meer af nie.
Ek sukkel egter nog met die derde een. Nie seker waar hy lek nie. Het hom seep water gespuit en geen lekplek gekry nie. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 12:59:44 pm
Tommie
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 17 May 2016
Experience: 34 years
Ek slaap liewers op die grond voor ek op n oplaas matras slaap. Blaas altyd af!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 13:03:19 pm
Tentkamper
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Apr 2016
Ja nee, ek hoor jou lied.
Maar met my skouers kan ek nie net op die grond slaap nie.
En as ek net op die grond slaap dan kry ek nie regtig rus in nie.
Twee van die matrasse is geseel. Sodra ek weer tyd het sal ek weer die derde een probeer seel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2016 @ 06:40:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Update!!!
Hi almal.
Ek het die matrasse met die tent seel middle gesmeer. Twee van die drie matrasse is geseel en blaas nie meer af nie.
Ek sukkel egter nog met die derde een. Nie seker waar hy lek nie. Het hom seep water gespuit en geen lekplek gekry nie. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.
Groete

Daai gaatjie is so klein hy gaan jou regtig bevoeter. Sterkte eerder jy as ekke.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2016 @ 06:51:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17549
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Daar het ons weer n lekker tip gekry om afblaas matrasse om te skakel in opblaas matrasse!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2016 @ 09:59:18 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

My ondervindinge met opblaasmatrasse is ook maar nie goed nie.laughing   Hulle het maar gereeld papper geword soos die nag vorder.  Ek onthou net een keer wat hy totaal afgeblaas het.  Toe het ons op 'n slag een gehad wat vreeslik geraas het.   As een van ons in die nag omdraai, word albei wakker.  Selfs mense wat in 'n tent langs ons was, het gesê hulle hoor ons matras in die nag.   Op daai matras moes jy so stil soos 'n muis lê.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2016 @ 12:58:07 pm
Heunis
New Member
81% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 21 May 2016
Experience: 18 years
Hello aan almal, Ons het 'n dubbel volume matras gekoop, en verlede jaar het een van die nate uit ge"pop" toe ons dit 'n bietjie stywer geblaas het. Het iemand enige raad vir ons? Kan dit weer reggemaak word? Ons was aanvanklik baie tevrede met dit en het heerlik daarop geslaap. Ons moes so elke 2de dag dit weer 'n bietjie oppomp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2016 @ 12:58:16 pm
Heunis
New Member
81% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 21 May 2016
Experience: 18 years
Hello aan almal, Ons het 'n dubbel volume matras gekoop, en verlede jaar het een van die nate uit ge"pop" toe ons dit 'n bietjie stywer geblaas het. Het iemand enige raad vir ons? Kan dit weer reggemaak word? Ons was aanvanklik baie tevrede met dit en het heerlik daarop geslaap. Ons moes so elke 2de dag dit weer 'n bietjie oppomp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2016 @ 18:02:44 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Heunis, ek hoop nie daai naat het van te veel pomp " ge pop " nie.... Miskien kort jy n tawwer matras.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2016 @ 12:20:58 pm
BIG AL
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 09 Jun 2015
Experience: 5 years
Hi,
I found that by using 2 or 3 mattresses one on top of the other,I need the height to get out of bed,you tend to take the pressure off all of them.They are held together by a cover that my wife sewed for me and I have found that I only need to top up air once every 4 days.If you locate the mattress holes strategically you can pump them up without having to remove them.I have even pumped them up through the material with my portable air pump!!!!!!!!!!!!!!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za