English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 130
Total Replies: 227 684
Total Views: 82 279 146
topics: 777
replies: 12 446
views: 4 973 661
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Addisionele sleephaak vir fietse?

replies: 7
views: 403
22 Aug 2018 @ 14:10:39 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek soek raad asb.

Ek het 'n spesiale haak (G4 Outdoor) op my Disco met 'n 6 gat dropplate om die Penta effens nosedown te sleep.

Ek oorweeg om op die boonste gate waar die dropplate aan die haakmeganisme vas is, nog 'n sleephaak op te sit om my Thule fietsrak (2 fietse) wat op die bol van die haak vasklou, te gebruik vir die fietse.

Dit beteken die boonste haak is op die dropplate en beide met dieselfde boute in die kaakmeganisme (staal blok) vasgebout.

Op die oog af is daar plek vir karavaan haak met die boonste haak in plek.

Wat sê die wat weet?

Watter sterkte boute?

Gevaarlik?

Probleme wat voorsien word?

Wettig/onwettig?

Die G4 haakmeganisme is vir meer as 3,5 ton goedgekeur.

Hier is 'n foto van die haakplek.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 15:47:33 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het presies dit gedoen wat jy wil doen. Het twee hakke agter opgesit. Die onderste vir karavaan en boonste vir "4 fiets" Thuli rak. Ons sit egter net twee fietse op. Maak net seker dat die fietsrak nie die karavaan se hak op enige manier raak nie. Sit dan ook jou jockeywiel se slinger sodanig dat dit nie aan jou fietse raak as jy skerp draai nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 15:49:39 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Net so terloops.....ons is al paar keer deur provinsiale verkeerspolisie afgetrek vir sogenaamde roetine inspeksies, en ons het nog nooit enige klagtes daaroor gehad nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 16:59:42 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie Heindrich.

Waardeer die terugvoer.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 20:14:01 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie Heindrich.

Waardeer die terugvoer.

Kamp jy nie nou by die Eiland nie? Ons staan by staanplek 95 as jy 'n draai wil kom maak  

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 21:14:04 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Kamp jy nie nou by die Eiland nie? Ons staan by staanplek 95 as jy 'n draai wil kom maak  

 

Ja. Staan op B144. My motorfiets staan op die tentstoep onder 'n lap. Kan ons nie mis nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 08:21:55 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Ek het presies dit gedoen wat jy wil doen. Het twee hakke agter opgesit. Die onderste vir karavaan en boonste vir "4 fiets" Thuli rak. Ons sit egter net twee fietse op. Maak net seker dat die fietsrak nie die karavaan se hak op enige manier raak nie. Sit dan ook jou jockeywiel se slinger sodanig dat dit nie aan jou fietse raak as jy skerp draai nie. 

 

Ja, ek het gedink daar was genoeg speling, maar my jockeywiel se slinger het veroorsaak dat die boonste bracket van die fietsrak gebreek toe ek agteruit stoot by die karavaanpark.

So maak maar doodseker.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 17:37:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie vir almal se raad. Ek het toe die haak opgesit en vandag getoets terug huistoe van Eiland af. Lekker rustig deur Kruger gery tot by Biyamiti rivier waar 'n olifant koei met twee kleuters ons op die brug gestop het.

Ons was voor en kon nie agteruit nie. Te veel karre agter my en te veel olifant voor my. Sy het ons op ons plek gehou en na so 5 minute het sy die wal af en die twee jonges agterna. Die olifant het so 5 tree voor ons gestaan, baie rustig maar duidelik gewapen en reg om te baklei as dit moet.

Ek plaas foto's van my haak vir die fiets wat werk!

Dankie Heindrich en Max vir die raad.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required