English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 648
Total Replies: 236 948
Total Views: 82 693 517
topics: 11 039
replies: 129 069
views: 39 034 268
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Aardbewing in KZN

replies: 11
views: 170
01 Nov 2019 @ 11:34:30 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Gistermiddag net na 1 het ons n sterk aardbewing hier in Uvongo beleef. Ons was besig met middagete toe borde koppies en vensters begin ratel. Dit was nie n lekker ondervinding nie en onverwags vir hierdie deel van die land.

My skoonseun werk by Telkom se rekenaarsentrum en volgens hulle inligting was dit n skudding van 4.2 wat so 44km van hier na die binneland sy kern gehad het. Dit was ook glo 10km diep. Ou inwoners van hierdie streek se ook die skudding is onbekend hier. Ons kom van die witwatersrand en het soortgelyke skuddings daar beleef. n Mens vergeet maar gou maar dit het my gevoel hierdie was die ergste wat ek nog beleef het. Gelukkig blyk dit asof hier geen skade was nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 11:50:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sjoe....ja dit is ongewoond vir suidkus. Ek het nog net 1x regtig n aardskudding ervaar...het ook groot geskrik. Mens besef dan hoe vinnig n ramp mens kan tref en lewe maar dag tot dag uit genade

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 12:48:57 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 557
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Piet, 'n kennis van my wat in Howick woon het op 'n whattsApp groep vertel van die aardbewing. Sy het nie geweet wat aangaan nie. Hulle het hom nie so erg beleef soos julle nie. Die vloer het glo geskud en die koppies op die Tafel het geratel.

'n Ander kennis van my wat in Thabazimbi woon, het so 2 weke terug vertel dat hulle 'n aardbewing gehad het wat 3,8 gemeet het. Dit is ook ongewoon vir daardie gebied.

Dit wat aan die Rand voorkom is nie aardbewings nie, maar wel skuddings wat deur mynaktiwiteite veroorsaak word. Het as kind in Stilfontein gewoon en dit het ook gereeld daar voorgekom. 

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 13:52:03 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis n aardige gevoel.

Het al een deur gegaan baie jare terug in Potch.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 15:46:48 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Mense hier in Ballito het dit ook gevoel. Vriende van ons in Pennington was midde die aardbewing. Hulle het hul boeglam geskrik toe alles begin bewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 16:07:37 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

hoor op die draadloos dit was 4 op die rigterskaal nogal groot maar het nie lank geduur nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 17:44:24 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ja Swanie ek hoor wat jy se maar ek kan jou verseker in daardie klompie sekondes gaan daar baie gedagtes deur jou brein. Snaaks genoeg ons is almal uit om na die see te kyk......almal was bang vir n Tsoenami.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2019 @ 14:42:40 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2137
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink die suidkus skud homself reg vir die Desember stormloop. Hoop net niemand het seer gekry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2019 @ 13:33:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk hier in Gauteng is dit seker makliker om te glo dat 'n aardbewing plaasgevind het.  Helfte van Gauteng se grond is seker tot bo grond uitgemyn.

So vir die mense daaraan die kus was dit seker 'n groot verrasing.  Ek wil net nie naby groot geboue wees as dit gebeur nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2019 @ 13:57:50 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ekt ook een aand so sit en wip op my stoel en eers lekker gesit en wip en toe dit my tref dis 'n aardskudding toe is dit verby......

Het al so paar gehad, maar darem nie so erg.

Volgens wat ek oplees oor aardskuddings sal dit nie regtig ongewone ding wees nie, want Natal en verder dieper in die see is daar risiko vir aardskuddings. Ons was net nog baie gelukkig dat min werklik hier voorgekom het in die laaste 100+ jaar.

net soos wat mense reken hul het nog nie tsumanis beleef aan die kus nie en eendag strike een en dan wil hul reken dis ongewoon ;-) Ons leef net nie lank genoeg om die patrone te sien nie. ;-)

Maar ja, mens wonder dan of dit impak sal he op golwe aan suidkus of effek op die see. Mens weet nooit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2019 @ 14:09:29 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Pieter ek gaan nie jou opmerking vir Ma wys nie. Ek bly lekker en het nie lus vir weer trek nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2019 @ 16:10:33 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Pieter ek gaan nie jou opmerking vir Ma wys nie. Ek bly lekker en het nie lus vir weer trek nie.

Hehehe... Neewat, ek hou ook nog lekker vakansie daarso.. Maar ja mens is skrikkerig veral as jy die laaste paar weke die verhale van al die tsunamis ens gekyk het......... Dis maar hartseer jong, die ergste is die ouers wat oorleef het en in daai oomblikke nie hul kinders kon red nie.. Erg..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required