English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 999
Total Replies: 243 613
Total Views: 82 965 996
topics: 11 238
replies: 133 039
views: 39 181 729
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Aanspreekvorme

replies: 23
views: 369
09 Feb 2020 @ 19:45:28 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Nou die dag sit 'n paar vriende saam met ons en gesels sommer hieroor en daaroor. Die onderwerp van aanspreekvorme word toe geopper.

Vroulief, wat al self in die sewentig is sê toe mense maak haar altoos bewus van haar ouderdom wanneer hulle haar tannie noem, en dat sy die engelsprekendes se gewoonte verkies waar selfs ouer persone deur mense wat goed aan hulle bekend is op hulle voorname genoem word. Sy verpes dit as iemand haar "antie" noem.

My inset was dat nadat ek afgetree het en vir nog tien jaar kontrakwerk gedoen het waar daar hoofsaaklik jonger mense betrokke was - jonk soos in tussen 25 en 40 - het ek dit op my beurt weer verpes wanneer hulle my "oom" genoem het, want dit het my weer laat voel asof ek 'n buitestaander in die groep was. Wanneeer ek bv. saam met my seun en sy vriende krieket toe gaan en ek word op my voornaam genoem besef ek nie daar is so 'n groot ouderdomsverskil nie en voel ek absoluut tuis.  Miskien is dit weer op hulle beurt meer natuurlik omdat die meeste van hulle van engelspekende agtergronde kom.

My vrou se huishulp spreek my egter aan as "oupa", en dit hinder my glad nie.

Terloops, my skoonkinders noem my op my naam. Ek is in der waarheid mos nie hulle pa nie, Ek het 'n stiefpa gehad, en het self 'n renons daarin gehad om vir hom pa te sê. Vir my skoonpa het ek oom Jan gesê totdat ons eersteling gebore is, waarna ek hom oupa genoem het.

Ek het al baie hieroor gewonder. Toon 'n formele aanspreekvorm respek, en indien wel, hoe dan gemaak met respek verdien, of is 'n formele aanspreekvorm bloot 'n hoflikheids gebaar? 

Ek hoor graag die menings oor hierdie kontroversiële onderwerp.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb 2020 @ 20:10:44 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2884
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As hy of sy fyftien na twintag jaar ouer as ek is is dit oom of tannie tot hulle my vra om hul op jul name te noem. Anders gee ek nie n duit om of hulle aanstoot vat. As hulle nie respek en aanvaarding het Vir hul eie self en ouderdom Kan hullegaan vlieg solank ek as persoon respek bewys. 

As my skoon kinders my nie will pa noem verdien hulle ook nie my respek nie. Maar hulle doen want ek gee genoeg liefde aan hulle

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb 2020 @ 21:04:24 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek baklei nie met my 73-jarige ouderdom nie, gelukkig ook nie my annerhelfte nie.  Dit laat my geensins ouer voel as iemand my "Oom" noem nie, maar ek gee ook glad nie om om op my voornaam genoem te word nie.

Dus,  nie een van die twee aanspreekvorme is vir my 'n probleem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 00:02:23 am
Riaan
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 06 May 2011

Iemand het my eendag gevra, "wanneer is iemand oud"? Wel, om die storie kort te hou, ek antwoord toe die kant toe en daai kant toe. Ek was volgens die persoon (Engels sprekend) verkeerd. Die antwoord is toe eintlik baie eenvoudig, as daar niemand meer oor is vir wie jy "oom" of "tannie" kan se nie, dan is jy oud! Dit maak vir my baie sin, stem julle saam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 04:50:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vir my om n ouer persoon oom of tannie te noem is net pure respek wat ek geleer is om te gee.....dit weerspiel net die opvoeding wat hy/sy gekry het om ouer mense te respekteer. Een van my vriende noem sy skoonpa op sy naam.....ek kan nie gewoond raak daaraan nie en glo ook nie ek sal in die toekoms verkies dat my skoondogter my op my naam noem nie.

Hier op die forum is ook klomp mense wat ek hier miskien sal verwys op die forum naam soos byvoorbeeld PietG en Lennie, maar ek weet as ek hul persoonlik sal ontmoet sal ek hulle oom noem. Nie omdat hulle oud wil laat voel nie, dit sal pure maniere wees en dat ek hulle respekteer. Ek kan nie eers daaraan dink dat ek my skoonpa op sy naam moet noem nie....al sou hy vra, sou ek nie.

 

Maar so sal elkeen van mekaar verskil, nie almal voel dieselfde nie.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 07:29:25 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 382
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 42 years

Vir my om n ouer persoon oom of tannie te noem is net pure respek wat ek geleer is om te gee.....dit weerspiel net die opvoeding wat hy/sy gekry het om ouer mense te respekteer. Een van my vriende noem sy skoonpa op sy naam.....ek kan nie gewoond raak daaraan nie en glo ook nie ek sal in die toekoms verkies dat my skoondogter my op my naam noem nie.

Hier op die forum is ook klomp mense wat ek hier miskien sal verwys op die forum naam soos byvoorbeeld PietG en Lennie, maar ek weet as ek hul persoonlik sal ontmoet sal ek hulle oom noem. Nie omdat hulle oud wil laat voel nie, dit sal pure maniere wees en dat ek hulle respekteer. Ek kan nie eers daaraan dink dat ek my skoonpa op sy naam moet noem nie....al sou hy vra, sou ek nie.

 

Maar so sal elkeen van mekaar verskil, nie almal voel dieselfde nie.......

Ek voel 100% net soos jy oor hierdie onderwerp Geert, dis hoe ek grootgemaak is en dis hoe ek sal bly. Dis 'n manier van respek betoon aan ouer mense as jy, of hulle nou daarvan hou of nie. Ek het self geen probleem daarmee om "oom" genoem te word nie, en ek beskou dit nou weer as respek van die jonger klomp se kant af. Ek is die Zulu taal ook magtig, en selfs die swartes hier noem my "Umkhulu".

 

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 07:57:45 am
Anonymous

Geert is 10 teen een sekerlik maklik 10-15 jaar ouer as ek.. Moet ek maar oom Geert noem?

Dit beteken nie daar is nie respek nie, maar in baie gevalle het ek gesien selfs in my werk wil baie mense nie noodwendig he ek moet oom of tannie nie, tensy dit nou regte boeremense is ens. Dan lyk my verstaan hulle waar dit vandaan kom en gee nie om nie, ander het my (veral toe ek net klaar geswot het) altyd gesê ons is almal nou grootmense noem my op my naam.. Dan wat moet mens doen, so ongemaklik soos dit was moet mens maar aanpas..

Nou is sekere mense direk op hul naam en ander is oom of tannie maar hulle is dieselfde ouderdom..

Iemand wie se kinders my ouderdom is raak dit moeilik om hul op die naam te noem, maar weereens beweeg jy nou in die wereld van volwassenes en weereens is dit meeste net die boeremense wat jy kan sien dinge gaan nog met respek aanvaar word.

Eintlik is hier meeste mense seker meer as 15 (wel sommige selfs 40) jaar ouer as ek, as ekbv met Lennie sou gesels hier is die Len/Lennie en oor epos sou dit ook so wees, maar dalk aangesig tot aangesig dalk anders. Ek dink ook dit gaan baie oor hoe so persoon met jou as jonger persoon praat, praat hy met jou asof jy nog kind in sy oë is of praat hy met jou asof jy op sy vlak is.?? 

Ek dink baie dinge beinvloed dit maar...

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 08:15:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Vir my om n ouer persoon oom of tannie te noem is net pure respek wat ek geleer is om te gee.....dit weerspiel net die opvoeding wat hy/sy gekry het om ouer mense te respekteer. Een van my vriende noem sy skoonpa op sy naam.....ek kan nie gewoond raak daaraan nie en glo ook nie ek sal in die toekoms verkies dat my skoondogter my op my naam noem nie.

Hier op die forum is ook klomp mense wat ek hier miskien sal verwys op die forum naam soos byvoorbeeld PietG en Lennie, maar ek weet as ek hul persoonlik sal ontmoet sal ek hulle oom noem. Nie omdat hulle oud wil laat voel nie, dit sal pure maniere wees en dat ek hulle respekteer. Ek kan nie eers daaraan dink dat ek my skoonpa op sy naam moet noem nie....al sou hy vra, sou ek nie.

 

Maar so sal elkeen van mekaar verskil, nie almal voel dieselfde nie.......

Ek voel 100% dieselfde.  Ek is grootgemaak met die reel dat as iemand 10jaar ouer is as jy gebruik jy Oom en Tannie totdat hulle jou vrae om hul ander aan te spreek.

Dit is my manier van respek betoon.  My kinders is so groot gemaak en hulle sal seker hulle kiddies eendag so groot maak.

Hier op die Forum gebruik ek jou naam totdat ek jou persoonlik ontmoet het.  Dan sal ek vir jou sê

"Oom"

of 

op jou naam noem

of

"Knop-gat"

of

"boetietjie"

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 08:18:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal sukkel om 'n persoon wat 10 jaar ouer as ek is net op sy naam te noem.

Dit sal maar altyd Oom Johan of Tannie Sannie bly.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 08:46:38 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink die situasie het in die onlangse verlede baie verander.  Ek is ook maar van die ouer generasie wat mense wat tien jaar ouer as jy is, Oom of Tannie genoem het.  In die organisasie waar ek gewerk het, was almal op voornaamterme behalwe miskien die ou heel bo. Baie van die mense wat my op my voornaam genoem het, was jong mense en meeste van hulle goedopgeleide swart kollegas.  Dit het my gladnie gepla nie.  Ek dink jy kan iemand met groot minagting Meneer noem, maar jy kan ook iemand met groot respek op sy/haar voornaam noem. Respek is iets wat jy verdien, jy kan dit nie afdwing nie, ook nie deur aan te dring op 'n spesifieke aanspreekvorm nie.  Deur te verwag dat iemand jou op 'n titel aanspreek, beteken geensins hy/sy respekteer jou nie.  Dit is ook maar 'n persoonlike ding.  Selfs in ons organisasie het enkele mense my op my titel aangespreek omdat hulle so wou doen en ek het dit ook so aanvaar.  Wat ek egter haat is dat ek op my van aangespreek word.  Dit voel vir my soos minagting.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 09:03:39 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2884
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Brommer. Ek stem met jou voorbeeld van Geert. Ek dink nie Geert sal wil he jy moet hom oom noem en ek dink ook Hy verstaan as jy doen. Ek is ook so.

Ek is op hierdie stadium van my ouderdom op n kruispad waar op my ouderdom van 58 is ek bang om Vir iemand oom te se want ek is self n toppie. Ek het darem algenoeg dinge in die lewe gesien om saam die ooms te gesels. Dan pas ek baie goed Saam met die jong klomp verstaan hulle taal en ek praat ook hulle taal.

Ek het byvoorbeeld nog n kamper vriend wat in my kompleks woon wat ek vermoed amper net so oud soos ek is maar Hy noem my oom John. Eers het ek dit vreemd gevind maar vrede gemaak met dit. As hy my oom noem, so what ek weet Hy doen dit uit respek en hyself is n baie goeie mens.

As ek n vreemde persoon Nader en Hy is merkbaar ouer as ek sal ek hom eers oom noem. Dan vat ons dit van daar af. As hy my se eks nie jou oom Dan smile ek en noem hom op sy naam. Sal hom natuurlik Antwoord met "dit is nie wat my tannie se"

Noem my op my naam, oom net nie meneer nie. As jy my nou n pyn wil gee Dan doen jy dit. n Meneer is of n skool onderwyser wat ek nie is, of Hy is n klein goggatjie wat as dit volmaan is by jou boude uitkruip en blaf vir die maan. 

Eks nie n Meneer en voel dadadelik omgekrap. Dan weer as n Ingilsman my sir noem Kan dit nog ok wees want baie ingilsmanne is anners Groot gemaak en is nie hulle skuld.

So het ek ook maar my giere rondom die onderwerp.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 09:18:23 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, Ek stem saam, om iemand Meneer te noem, klink darem baie onderdanig.  Dis natuurlik anders as om hom Meneer Botha te noem. Elkeen sien maar die saak op sy eie manier, wat dit moeilik maak.  Wat algemene gebruik in een geselskap is, mag dalk ernstig aanstoot gee in 'n ander geselskap.  En dit gaan besis nie oor verskillende kultuurgroepe nie.  In ons eie kultuurgroep is daar duidelik botsende gevoelens oor die onderwerp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 09:23:25 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, Ek stem saam, om iemand Meneer te noem, klink darem baie onderdanig.  Dis natuurlik anders as om hom Meneer Botha te noem.

Elkeen sien maar die saak op sy eie manier, wat dit moeilik maak.  Wat algemene gebruik in een geselskap is, mag dalk ernstig aanstoot gee in 'n ander geselskap.  En dit gaan besis nie net oor verskillende kultuurgroepe nie.  In ons eie kultuurgroep is daar duidelik botsende gevoelens oor die onderwerp. 

My kinders maak hulle kinders groot deur 'n volwassene Oom of Tannie te noem, ongeag van die velkleur.  Hulle voel dis darem baie minagtend vir 'n kleuter om 'n volwassene op sy/haar naam te noem en ek stem daarmee saam.  Deur voorname vir een volwassene en Oom of Tannie vir 'n ander te gebruik, skep die indruk by die kind dat sommige mense minder reg op respek het as ander.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 09:26:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink die situasie het in die onlangse verlede baie verander.  Ek is ook maar van die ouer generasie wat mense wat tien jaar ouer as jy is, Oom of Tannie genoem het.  In die organisasie waar ek gewerk het, was almal op voornaamterme behalwe miskien die ou heel bo. Baie van die mense wat my op my voornaam genoem het, was jong mense en meeste van hulle goedopgeleide swart kollegas.  Dit het my gladnie gepla nie.  Ek dink jy kan iemand met groot minagting Meneer noem, maar jy kan ook iemand met groot respek op sy/haar voornaam noem. Respek is iets wat jy verdien, jy kan dit nie afdwing nie, ook nie deur aan te dring op 'n spesifieke aanspreekvorm nie.  Deur te verwag dat iemand jou op 'n titel aanspreek, beteken geensins hy/sy respekteer jou nie.  Dit is ook maar 'n persoonlike ding.  Selfs in ons organisasie het enkele mense my op my titel aangespreek omdat hulle so wou doen en ek het dit ook so aanvaar.  Wat ek egter haat is dat ek op my van aangespreek word.  Dit voel vir my soos minagting.

In die weermag word mens mos maar op jou rang aangespreek behalwe as jy 'n troepie was. Dan was jou rank saam met jou Van, van 'n naam lys afgelees.

Verder was die Koekemoer, Coetzee, Meyer "KOM HIER"

Ha ha ha ha ha ha.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 09:30:11 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2114
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Hoe iemand my aanspreek pla my nie ek kan gewoonlik agterkom hoe die gesindheid van daardie persoon is. 

Het al iemand wat 10 jaar jonger as ek is as oom aangespreek toe ek hom ontmoet het. 

Wat opmerklik is by die werk die wat afrikaans groot geword het spreek my aan as oom en die engelsprekende mense op my naam. Pla my nie. 

Moet noem dat Mr Jan my nie juis geval nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 10:17:15 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek is nog van die ouer garde wat in respek glo. Het by vorige co die direkteur Meneer genoem. Gevra hoekom ek dit doen as manne en vroue baie jonger as wat ek is hom op sy naam noem?

Wel, my verduideliking is maklik. Ek respekteer sy posisie. Die dag wat ek hom en sy posisie nie meer respekteer nie sal ek hom op sy naam noem. Die laaste 3 jaar noem ek hom op sy naam.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 10:42:31 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 384
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Ek is nog van die ouer garde wat in respek glo. Het by vorige co die direkteur Meneer genoem. Gevra hoekom ek dit doen as manne en vroue baie jonger as wat ek is hom op sy naam noem?

Wel, my verduideliking is maklik. Ek respekteer sy posisie. Die dag wat ek hom en sy posisie nie meer respekteer nie sal ek hom op sy naam noem. Die laaste 3 jaar noem ek hom op sy naam.

Fully agree. What irks me the most is when a stranger greets or addresses me as 'pa'. I always reply with 'Ken ek jou ma?'. Mostly that person seems  taken aback and would rectify himself.

 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 10:56:24 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As twee mense ontmoet, moet daar op 'n aanspreekprotokol ooreengekom word. Dis nie 'n formele proses nie- ons doen dit instinkmatig.  As 'n persoon hom as 'van Zyl' voorstel, beteken dit hy is Meneer van Zyl.  As hy homself Jan van Zyl voorstel, beteken dit jy kan hom Jan noem.  As daar geen aanduiding is nie, noem jy hom Meneer van Zyl en hy noem jou Meneer xxx tot hy of jy iets anders versoek.  En as jy hom formeel aanspreek, moet hy dieselfde teenoor jou doen.  As hy jou egter op jou voornaam noem, doen jy dieselfde, al is hy ook hoe belangrik.  Dit is ietwat arrogant van hom en hy praat af na jou toe om jou sonder verlof op jou voornaam te noem.

'n Tyd gelede bel 'n jong dametjie wat ek van geen kant af ken nie, om te hoor of ons huis te koop is.  Ek weet nie waar sy aan my voornaam gekom het nie, maar sy spreek my onmiddelik op my voornaam aan.  Dit blote onopgevoedheid en ek wys haar daarop.  Ek is seker vyftig jaar ouer as sy en die hoflike sou wees om my Meneer ..... te noem tot ek iets anders versoek het, wat ek nie sou doen nie, want ek ken haar gladnie. Ek sou ook nie gemaklik wees met 'Oom' nie, maar sou dit aanvaar het, dis immers nie arrogant en voorbarig nie.

Interessant voorval: 'n dokter stuur my sy rekening en op die dokument word genoem dat sy ontvangsdame tweede gekom het in een of ander Mevrou so en so kompetisie!  Is dit nou nie ongehoort en verwaand nie?  Dis tog die dokter se rekening en nie hare nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 11:06:18 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4023
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Alhoewel uit 'n Afrikaanse huis het ek Engels skool gegaan. Vakansies het ek in 'n klerewinkel gewerk wat aan 'n Mnr. Morris behoort het. En dis hoe ek hom aangespreek het.

Engelse kliente was "sir / madam" of Mr. / Mrs. wienogal". Niks van "uncle / auntie" nie.

Afrikaanse kliente was "meneer / mevrou / dame".

Uit 'n besigheids oogpunt glo ek "oom / tannie' is nie aanvaarbaar nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 11:21:36 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2884
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

In die weermag word mens mos maar op jou rang aangespreek behalwe as jy 'n troepie was. Dan was jou rank saam met jou Van, van 'n naam lys afgelees.

Verder was die Koekemoer, Coetzee, Meyer "KOM HIER"

Ha ha ha ha ha ha.

As dit die geval was Leon het ek by die weermag ingestap met een hengse rang. Ek probeer alles onthou wat my rang was, van dit klink so.

Jou slegte, stuk gemors, jy is so laag jy Kan n kite onder n mat vlieg. Jou skuim van die aarde, jou ma het jou as baba weg gegooi en die nageboorte Groot gemaak. 

Daar was nog baie meer maar wil nie alles noem, my rang was te groot en het al hoe meer verander en dit gaan klink of ek wil spog. Net my mags nommer het dieselfde gebly. Die oomblik daardie tyd was te groot en ek spring toe oor die draad en hardloop weg. Vang my n 100 km verder en land op in wits komando se selle. Daar ontsnap en ek word 20 kilometer verder vasgetrek. Terug by 4 SAI het Samjoor Holiday my nog n beter rang gegee en beloof Hy gaan my vrek maak. 

Myself daar uitgewerk en kon kies tussen Bats en Berede. Berede nader aan die huis en daar het ek fresh begin as n troep en die rang ding beter verstaan.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 11:43:33 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Of ek Shaun of ou top genome word pla dit my nie maar is n ou kom en se hi my tjomma draai ek om en loop weg

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2020 @ 17:43:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9002
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek dink die situasie het in die onlangse verlede baie verander.  Ek is ook maar van die ouer generasie wat mense wat tien jaar ouer as jy is, Oom of Tannie genoem het.  In die organisasie waar ek gewerk het, was almal op voornaamterme behalwe miskien die ou heel bo. Baie van die mense wat my op my voornaam genoem het, was jong mense en meeste van hulle goedopgeleide swart kollegas.  Dit het my gladnie gepla nie.  Ek dink jy kan iemand met groot minagting Meneer noem, maar jy kan ook iemand met groot respek op sy/haar voornaam noem. Respek is iets wat jy verdien, jy kan dit nie afdwing nie, ook nie deur aan te dring op 'n spesifieke aanspreekvorm nie.  Deur te verwag dat iemand jou op 'n titel aanspreek, beteken geensins hy/sy respekteer jou nie.  Dit is ook maar 'n persoonlike ding.  Selfs in ons organisasie het enkele mense my op my titel aangespreek omdat hulle so wou doen en ek het dit ook so aanvaar.  Wat ek egter haat is dat ek op my van aangespreek word.  Dit voel vir my soos minagting.

Sal maar by hom bly.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Feb 2020 @ 08:19:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Of ek Shaun of ou top genome word pla dit my nie maar is n ou kom en se hi my tjomma draai ek om en loop weg

Ja kyk.  Ons almal weet wat is 'n tjommie.

Ek draai ook eerder om.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 18:16:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9002
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As twee mense ontmoet, moet daar op 'n aanspreekprotokol ooreengekom word. Dis nie 'n formele proses nie- ons doen dit instinkmatig.  As 'n persoon hom as 'van Zyl' voorstel, beteken dit hy is Meneer van Zyl.  As hy homself Jan van Zyl voorstel, beteken dit jy kan hom Jan noem.  As daar geen aanduiding is nie, noem jy hom Meneer van Zyl en hy noem jou Meneer xxx tot hy of jy iets anders versoek.  En as jy hom formeel aanspreek, moet hy dieselfde teenoor jou doen.  As hy jou egter op jou voornaam noem, doen jy dieselfde, al is hy ook hoe belangrik.  Dit is ietwat arrogant van hom en hy praat af na jou toe om jou sonder verlof op jou voornaam te noem.

'n Tyd gelede bel 'n jong dametjie wat ek van geen kant af ken nie, om te hoor of ons huis te koop is.  Ek weet nie waar sy aan my voornaam gekom het nie, maar sy spreek my onmiddelik op my voornaam aan.  Dit blote onopgevoedheid en ek wys haar daarop.  Ek is seker vyftig jaar ouer as sy en die hoflike sou wees om my Meneer ..... te noem tot ek iets anders versoek het, wat ek nie sou doen nie, want ek ken haar gladnie. Ek sou ook nie gemaklik wees met 'Oom' nie, maar sou dit aanvaar het, dis immers nie arrogant en voorbarig nie.

Interessant voorval: 'n dokter stuur my sy rekening en op die dokument word genoem dat sy ontvangsdame tweede gekom het in een of ander Mevrou so en so kompetisie!  Is dit nou nie ongehoort en verwaand nie?  Dis tog die dokter se rekening en nie hare nie!

Solank sy net sê Ja Oom en nie Nee Oom nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za