English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 227
Total Replies: 248 643
Total Views: 83 108 954
topics: 4 483
replies: 30 551
views: 17 427 029
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 429
replies: 29
views: 17 353 137

Aanbevole roete na Phalaborwa-hek vanaf Jo'bu

replies: 2
views: 10793
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
05 Jul 2007 @ 08:45:52 am
Deon
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 16 Apr 2007
Hallo kampers. Wil net gou hoor ... Kortste, vinnigste roete van Kempton Park na Phlaborwa-hek van die Kruger. My ouers ry soontoe en gaan tuis by Olifants. O ja, dis sonder 'n woonwa of sleepwa. Dankie solank! Deon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
05 Jul 2007 @ 09:40:34 am
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Hi Deon, My aanbeveling sal wees met die N1 noord na Polokwane (Pietersburg), dan verby Morea en Haenertsburg. Dan kan die keuse tussen Magoebaskloof of Georges Valley gemaak word. Georges valley is platter, en klein bietjie korter, maar daar is gewoonlik volop vragmotors. Magoebaskloof het baie steiltes, met minder vragmotors. Van Tzaneen af is dit dan verby Letsitele tot by Gravelotte. Dan is daar 52km oor tot by Phalaborwa. Die ander nadeel van die pad is al die tolhekke. Dit gaan so by die R80 wees. Alternatief kan hulle Belfast, Lydenburg om ry. Maar daar is ook baie vragmotors op die pad, omdat daar nie tolhekke is nie. Die Abel Erasmus pas is ook gewoonlik mooi, met die JG Strydom tonnel 'n lekker stopplek, veral met al die beeldjies wat hulle nou daar verkoop. Vanaf die tonnel, kan hulle reguit aanhou tot by Hoedspruit, Hulle kan dan van daar of Orpen hek of Phalaborwa hek toe ry. Die twede roete is korter in km, maar baie meer vragmotors op die pad. Veral die tyd van die jaar is daar ook baie mis vanaf Belfast tot Dullstroom, wat dit ook stadiger gaan maak. My aanbeveling is Pietersburg om. Ek gaan self volgende naweek Phalaborwa toe, maar ek gaan sleep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
05 Jul 2007 @ 15:28:31 pm
Deon
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 16 Apr 2007
OK, Baie dankie vir die terugvoer. Hulle het besluit om jou N1 pad te ry. Nogmaals baie dankie en veilig sleep volgende week. Deon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za