Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Aanbevole oorde oppad Stormsrivier toe
Watter oorde sal julle aanbeveel om te besoek oppad Stormsrivier toe....vanaf Pretoria? Dit hoef nie noodwendig net oornag oorde te wees nie....as oord aanbeveelbaar is wil ek sommer 2-3 nagte daar staan
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert kyk in die caravan en outdoor boek. Daar is also wat jy soek.
Al weer oppad iewers heen.

Vanaf Pretoria sal ek waarskynlik mik vir Orania, pragtige kamp langs die rivier, heerlike eetplek ook. Dan waarskynlik Karoo Nasionale park en dan Stormsrivier. Jy sal beslis meer as twee nagte wil staan by Orania.
You'll never never know if you never never go
Bietjie van 'n reuse draai oor Orania, maar lekker as jy lus het vir 'n lang pad. Jy kan ook oorweeg om N1 langs te ry tot by Graaf Reinette en dan Port Elizabeth toe te draai. Die Forever Resort by Gariepdam is 'n lekker oorstaan en seker so ses uur se ry vanaf Gauteng. Die Bergzebra park by Cradock is baie mooi en jy kan dan ook by Addo oorbly. Vandaar is dit ook 'n gemaklike rit na Stormsrivier.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Het jy 'n roete ingedagte? N1, N12, N9 of N10? Daarvolgens kan mens oorstaanplekke/parke/oorde aanbeveel. En wat is jou afstand per dag wat jou gemaklik pas?


Het jy 'n roete ingedagte? N1, N12, N9 of N10? Daarvolgens kan mens oorstaanplekke/parke/oorde aanbeveel. En wat is jou afstand per dag wat jou gemaklik pas?

Sal verkies om op die kortste roete (blou) te bly....behalwe as daar iets besonders is wat dit die moeite werd sal maak om ompad te ry

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert, Jy kan steeds die kortste roete ry, wat ek dink die een is wat ek voorgestel het, en by minstens die twee nasionale parke oorstaan vir twee dae of so. Beide is heel interessant. Die oord by die Gariepdam se ablusies is baie goed en kort gelede oorgedoen. Ons hou van hulle goeie put-putbaan maar ek het nou nie juis erg aan visvang nie. Die karavaanpark is reg teen die dam. Wat wel baie interessant is, is 'n toer deur die wal van die dam. Jy moet daarvoor bespreek by Waterwese maar dis gratis. Dis regtig 'n ondervinding.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die tyd van die jaar om daardie pad te vat is 'n groot faktor as gevolg van die weer.
My persoonlike keuse sou wees Pretoria, Bloemfontein (aandete in die dorp), Gariep Dam (ons was al in die wal, dus een nag) Berg Kwagga by Cradock (twee nagte), Jefferies Baai (twee nagte) en dan Storms Rivier.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Die tyd van die jaar om daardie pad te vat is 'n groot faktor as gevolg van die weer.
My persoonlike keuse sou wees Pretoria, Bloemfontein (aandete in die dorp), Gariep Dam (ons was al in die wal, dus een nag) Berg Kwagga by Cradock (twee nagte), Jefferies Baai (twee nagte) en dan Storms Rivier.

Watter tyd van die jaar wil jy die pad aandurf? Ek sal môre gou reageer met my inset.

Ek praat vanuit 'n persoonlike perspektief t.o.v. verskeie voorkeure. Vir my persoonlik is afstand per dag een van die grootste enkele faktore wat 'n rol speel in reisbeplanning. En dit verskil uiteraard van persoon tot persoon. As ek kyk na jou inset op 'n ander draad wat jy geskep het, blyk dit dat jy verkies om so vinnig moontlik by jou eindbestemming aan te kom. En ek het ook daar gesien dat jou 'trip' in Desember sal plaasvind.
Ek hou nie daarvan om op die pad te wees nie....my vakansie begin as my setup klaar staan en ek agteroor kan sit en n koue kan geniet. Ander sien sy vakansie begin sodra hy sy sleutel draai tuis....ek het al probeer daai houding laat werk by my, maar onsuksesvol.
Ek hou persoonlik daarvan om my daaglikse skofte tot 'n maksimum van 500km te beperk. Die roete wat jy hierbo aandui is net meer as 1 300km, wat ek (indien ek in jou skoene gestaan het) in drie skofte sou probeer indeel.
Vanaf Pretoria tot Bloemfontein is 460km+. Tot Cradock is 'n verdere 400km+ en vandaar weer 400km+ tot Stormsriviermond. Ek sou beslis oorweging gee aan Reynekepark by Bloemfontein vir my eerste dag se skof - 'n heel netjiese oornagplek met o.a. privaat-ablusies. En dan die Bergkwagga Nasionale Park by Cradock - waar mens meer as een nag kan oorweeg. Die enigste keer wat ek by laasgenoemde was met my karavaan (in 2016) was die stukkie gruispad vanaf die ingangshek net so goed soos 'n teerpad. Dalk ken jy reeds die park, maar dit is ongetwyfeld een van Sanparke se lekkerder bestemmings. Ek was inderwaarheid spyt dat ek slegs een aand tot my beskikking gehad het, want ons was vanaf die volgende dag by Addo bespreek - en die oorstaan by Bergkwagga was eintlik onbepland. Maar sedertdien bly dit op my "bucket list" om langer tyd daar te gaan spandeer.


Dankie vir almal se voorstelle sover....waardeer dit. Ja Chris, dis my groot jammerte dat ek die reis so haat. Dis die rede hoekom ek laasjaar ook Stormsrivier gekanseleer het.....afstand. Om net by n oord te gaan staan om te oornag, gaan die pad steeds lank voel, maar om uit te sien na n kort verblyf op die roete, maak dit soveel beter. Ek hou van die Bergkwagga nasionale park idee....dis iets wat ek glo ons gesin sal geniet. Selfs Natal is vir my n onaagename vooruitsig om na te sleep, maar ons het nou die afgelope 3 jaar dit onderbreek met n stop in die Drakensberge vir so 2-3 dae wat die reis baie makliker gemaak het...wil dieselfde probeer met Stormsrivier reis
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek sleep max 600 km jy moet jou beplanning geniet Geert ja ek wil ook graag Stormsrivier ook doen daai kamp teen aan die see kan net lekke wees
Haak daai wa kamp bly koning
Geert, En is onder die indruk dat jy nog klein kinders in die huis het? Indien wel, kan hulle ongeduldigheid dalk een van die redes wees dat jy nie hou van lang afstande ry oppad vakansiebestemming toe nie. Ons het van ons kinders klein was, as die geleentheid hom voorgedoen het, getoer en kinders is maar kinders. Een van die dinge wat ons gedoen het om hulle gelukkig te hou, was om 'n toerboek van TV Bulpin saam te neem. (Discovering Southern Afrika as jy dit kan kry- ek meen dis ook nou in Afrikaans beskikbaar). Die een van ons wat nie bestuur het nie, het dan as ons 'n dorp of 'n besienswaardigheid nader, vir hulle daaroor voorgelees. Dit het baie gehelp maar hulle het ook hulself besig gehou met lees, slaap of by die venster uitkyk. Ons het ook interessante storieboeke saamgeneem om vir hulle oppad te lees. Later kon hulle self hardop vir ons en mekaar lees. Ek dink kinders moet ook maar geleer word om dinge te waardeer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Geert, En is onder die indruk dat jy nog klein kinders in die huis het? Indien wel, kan hulle ongeduldigheid dalk een van die redes wees dat jy nie hou van lang afstande ry oppad vakansiebestemming toe nie. Ons het van ons kinders klein was, as die geleentheid hom voorgedoen het, getoer en kinders is maar kinders. Een van die dinge wat ons gedoen het om hulle gelukkig te hou, was om 'n toerboek van TV Bulpin saam te neem. (Discovering Southern Afrika as jy dit kan kry- ek meen dis ook nou in Afrikaans beskikbaar). Die een van ons wat nie bestuur het nie, het dan as ons 'n dorp of 'n besienswaardigheid nader, vir hulle daaroor voorgelees. Dit het baie gehelp maar hulle het ook hulself besig gehou met lees, slaap of by die venster uitkyk. Ons het ook interessante storieboeke saamgeneem om vir hulle oppad te lees. Later kon hulle self hardop vir ons en mekaar lees. Ek dink kinders moet ook maar geleer word om dinge te waardeer.

Nee Fred.....my seun maak hierdie jaar matriek klaar. Een van die oorsake kan onder andere wees dat my vrou vreeslik op haar senuwees is op die pad....iets van jongs af. Maar aan die ander kant as ek alleen ry, haat ek ook lang pad. My vriende nooi my ook jaarliks uit om saam te kom jag naby Thabazimbi....ek laat maar gewoonlik verby gaan, want dis te ver vir n naweek.....sit ek daar, sien ek heeltyd daarteen op aan die "lang" pad terug. Dieselfde met Pilanesberg toe.....ek sal nooit soontoe ry vir die dag nie.
Die teenoorgestelde van dit is....as ek in Pilanesberg of KNP rond ry, is dit n plesier en geen probleem om van 6-6, 12 ure lank rond te rits nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert, ek is jammer vir jou. Jy mis een van die groot plesiere (myns insiens) om die lang pad te vat en dit te geniet. Toe ons nog Desembers getoer het, was ek telkens spyt dat die pad by die Kaap ophou, en sou nog baie verder wou toer. Ons besoek ook al wat 'n museum of besienswaardigheid is, op ons pad, nou nog steeds. Ons het met die toere ook beurte gemaak om te bestuur en die een wat nie voor die stuurwiel was nie, het baiekeer agter in die Kombi gaan sit gesellig saammet die kinders. My oudste dogter het nog 'n lisensies wat haar toelaat om karavaan te sleep, en toe sy as student nog saammet ons gaan toer het, het sy ook haar beurt gekry. Maar dit eintlik meer van 'n 'guns' wat ek hulle bewys het- ek gee nie om om die hele dag alleen te bestuur nie, trouens, ek verkies dit. Ons ken 'n ou omie van 94 in Mosselbaai wat saammet sy 83 jarige vriendig gereeld die lang pad vat tot selfs in Keepmanshoop of Pretoria. Hulle maak beurte om te bestuur maar die oom bestuur meestal want hy sê hy word nie moeg nie en hy geniet dit. Daarenteeen het ek 'n plaaslike vriend (in Pietersburg) wat nog nie 60 is nie, wat opsien om Natal toe te bestuur want dis ' darem baie ver'. So verskil ons maar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred - in vele opsigte stem ek saam met jou sienswyse t.o.v. reis (net nie besoeke aan museums nie - "not my cup of tea"). Maar lekker kuier-kuier of rus-rus ry - dit is ek en my wederhelfte daardie.
Verlede Maart gaan ons saam met my seun en sy gesin Namibië. Ons het 2 dae voor die tyd vertrek (en in Kamieskroon en Keetmanshoop oornag) om hulle op hulle vertrekdag uit die Kaap in Windhoek te ontmoet. Dieselfde met die terugkeer. Ons het nog saam met hulle oorgebly by Noordoewer, vanwaar hulle die volgende dag huistoe gery het. Ons het nog eers in Clanwilliam oorgeslaap.
Ek ry 5 dae tot bo in die wildtuin en 5 dae terug Boland toe.

Ek is self nie juis 'n museammens nie, maar as ons oppad is, vind ek dit heel aangenaam, miskien omdat ons dan so heeltemal ontspanne is. Twee bietjie van die gebaande weë af wat ons besonder geniet het, is die museum op Calvinia en die Gereformeerde Kerk se ou kweekskool op Burgersdorp asook die skeepswrakmuseum op Bredasdorp.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie vir almal se voorstelle. Ons het besluit om dit hierdie jaar te los aangesien my seun in matriek is en hulle steeds nie weet wanneer hulle gaan klaarmaak nie. Van die gerugte was die 10de.....ander weer die 16de en die ander weer die 23ste. My bespreking was vanaf die 20ste, maar met die datums wat so verskil van tyd tot tyd kan mens nie vas maak nie.....ook nie besprekings maak vir oornag op pad soontoe nie. Volgende jaar sal ons weer loer.....darem dan nie meer afhanklik van skool vakansies nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Desember besprekings het vanoggend oopgemaak. Toe ons 7h36 deurkom, is hul reeds vol vir Desember
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

