English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 571
Total Views: 82 435 485
topics: 10 888
replies: 126 376
views: 38 910 078
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV Klein-kariba πŸ‘ of πŸ‘Ž

replies: 36
views: 495
07 Oct 2019 @ 10:17:27 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Waarvoor staan die afkorting ATKV. Volgens my was dit Afrikaanse Taal en Kultuur Vereeniging. Nie meer ? Na my onlangse besoek wonder ek regtig waar dinge heen gaan. Ek skryf die draad nie omdat n voorval by klein Kariba nie die eerste was maar my tweede en onaanvaarbaar.

Eerste ongelukkigheid was n voorval waar n volwasse senior vrou gestaan het, haar  klere weg trek stroompie maak binne in die swembad. Sekuriteit was teenwoordig maar maar het dit nie gesien, wou dit dit nie sien of was dalk te besig om dit te sien. So n saak kan jy nie rapporteer want dit sal internasionaal uit perporsie geruk word.

Met my onlangse besoek het n groep mense hul self deur n mik gesuip en geraas en gesels in n woonstel tot na twee die volgende oggend. Die aand daarna trek hulle los met klipharde onsmaaklike musiek en raas asof dit geen keer het. In beide geval kan jy vra nou waar is die sekuriteit wat die oord se reels en veiligheid moet toesien.

Na n tyd lank skakel ek bestuur en kla. Daar word gesê daar is reeds mense wat kla, sekuriteit is op pad om stil te maak. 

Dit is toe so en die mense was stil gemaak. Ons vra as n groep mense om die bestuur te sien en ons soek n verduideliking. Verskoning hulle was nie bewus van dit wat nonsense is want die klank trek helder deur die oord se kloof. Ek het reguit gesê hulle doen nie hulle werk en waarom moet gaste as ware saamtrek om bestuur te nader om ongewenste gedrag van besoekers te hanteer. Behoort die oord se personeel nie op hul tone te wees om orde en veiligheid vir gaste te verseker. Klein Kariba die naweek het jul weereens n toets gedop. 

Bo en behalwe dit was my bespreking gevat my laat betaal daarvoor en my nooit ingelig die onderdak swembad is gesluit. By aankoms bevestig die swembad is gesluit maar net om te sien die swembad is eientlik oop. Linkerhand weet nie wat die regterhand doen. 

Ek is geweldig erg oor Klein Kariba, was nog altyd. Maar hoe de duiwel sal jy in die minste kan oorweeg n lid te word van n plek wat in my oë sy visie en beleid verloor het. Atkv het my laat verstaan dat die organisasie se fondse is vir die bevordering van Afrikaanse kultuur ongeag ras en kleur. Vir my eerder soos n shebeen buite be geklink. Hier is n naweek wat opgevoeter was op my onkoste deur n oord wat nie dissipline kan handhaaf of dalk van sy besoekers se behoeftes vergeet. 

Sal ek die oord aanbeveel. Soos dit die naweek gegaan het, NEE. As jy bereid is om vir die nonsense te staan gaan jy n vrek mooi oord besoek, ablusies is ook na wense by die karavaan park. Die woonstelle het n opgadering jare terug al nodig gehad. Die meubels is oud en eerlik gesproke wou ek nie sonder n hemp op die sitkamer banke sit en het net nie skoon gevoel. Geen vadoeke in die kombuisie net n flinters lappie wat erger as n skroplap lyk. Jy kan nie jou skottelgoed was met dit net te gross. Die tv hang teen die muur asof dit enige tyd grond toe gaan val. Die plek is donker en voel nie skoon.

Hierdie is my opsomming van verskeie besoeke aan die woonstelle. Die karavaan park word stelselmatig verbeter meeste stands baie stowwerig en het ook meeste nou nette oor die staanplek. 

Ek se vir die geld wat jy betaal vir die woonstelle kan jy n 4 ster akkomodasie gaan boek en nog ontbyt ingesluit kry. 

Klein kariba is eers van my lys af. n Jammerte maar die is nie n ge-isoleerde geval nie en ek hoop Klien Kariba bestuur lees die draad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 10:55:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Uiters swak.

Dis regtig n skande om te lees hoe julle naweek was.

Sou positiewe terug voer my nie geprik het om dalk ook daar te gaan kamp nie.

Nee die negatiewe terugvoer gaan my weg hou toe iemand oor 6 of 12 maande weer positiewe terugvoer lewer.

En met die swak bywooning raak kampe leeg en tot niet berklaar.

Dankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 11:12:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die enigste probleem wat hier ter sprake is, is reels wat nie afgedwing word nie. Ek weet Klein Kariba het streng reels in plek wat hierdie tipe gedrag verbied, maar as dit nie afgedwing word nie, help dit niks. 

Dan kry jy mense wat n oord afskiet as hulle streng reels toepas. Al paar keer gehoor van mense wat byvoorbeeld nie Bosveld Oase toe wil gaan nie, want hulle laaik nie hulle reels nie. Bosveld Oase se reels verskil nie eintlik van ander oorde se reels nie.....is net hulle pas dit toe.

Ek sê altyd.....as jy na n oord toe gaan en jy gedra jouself en neem jou mede kampeerder in ag, hoef reels jou glad nie te pla nie.....jy hoef dan nie eers te weet wat die reels is nie, want met jou bedagsaamheid sal jy dit reeds gehoorsaam

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:22:28 pm
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 06 May 2015

Gaan gerus Weesgerus toe buite Nylstroom, daai sekuriteit vat geen nonsens van niemand nie. By die swem area en kampeer area.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:43:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14521
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die enigste probleem wat hier ter sprake is, is reels wat nie afgedwing word nie. Ek weet Klein Kariba het streng reels in plek wat hierdie tipe gedrag verbied, maar as dit nie afgedwing word nie, help dit niks. 

Dan kry jy mense wat n oord afskiet as hulle streng reels toepas. Al paar keer gehoor van mense wat byvoorbeeld nie Bosveld Oase toe wil gaan nie, want hulle laaik nie hulle reels nie. Bosveld Oase se reels verskil nie eintlik van ander oorde se reels nie.....is net hulle pas dit toe.

Ek sê altyd.....as jy na n oord toe gaan en jy gedra jouself en neem jou mede kampeerder in ag, hoef reels jou glad nie te pla nie.....jy hoef dan nie eers te weet wat die reels is nie, want met jou bedagsaamheid sal jy dit reeds gehoorsaam

Stem saam met die een.  Toe ons begin Augustus hier gekamp het was die skrif aan die muur.  Dis grotendeels ander taal groepe wat van die woonstelle gebruik maak en dit het baie luidrugtig begin raak hier teen die Saterdag middag.

En net minder as  twee maande toe kom die terugvoer negatiewe terugvoer.

Ek het langs die groot pad in Klein kariba gestaan en kamp en gesien hoe die Taxis die mense aan ry daai naweek.

 

 

Klein Kariba kry vir julle, as jy nie die reels wil afdwing nie is jou voorland dieselfde as Omaramba oorkant Buffelspoort Dam.  Net die lawaai gatte gaan daar by jou kom kamp

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:45:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14521
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Bak oor ek sou aanraai dat jy die oord gaan "rate".  Op daai manier raak die oord bewus dat hulle onvermoë om reels af te dwing op baie meer as net die paar mense wat daar was se ore geval het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:59:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Bak oor ek sou aanraai dat jy die oord gaan "rate".  Op daai manier raak die oord bewus dat hulle onvermoë om reels af te dwing op baie meer as net die paar mense wat daar was se ore geval het.

Goeie idee. Daar word n afskrif van rating na oord gestuur en jou mede kampeerder baat deur te weet wat te wagte is. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:14:52 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4148
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Bak oor ek sou aanraai dat jy die oord gaan "rate".  Op daai manier raak die oord bewus dat hulle onvermoë om reels af te dwing op baie meer as net die paar mense wat daar was se ore geval het.

I would also e-mail them your complaint and include a link to this page.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:17:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het hierdie gedrag al meer as 2 jaar terug by Buffelspoort persoonlik ervaar, daarom sal jy my nie meer daar sien nie. Vroeer vanjaar my besoek aan Drakensville.....ook n klomp wat net ingekom het vir die dag en die plek gebruik het om te kom suip en lawaai. Toe lees ek dat die probleem by Die Eiland ook gebeur en nou Klein Kariba ook!!! Hulle naam sal ek ook maar skraap van my lys tot ek hoor hul doen iets daar omtrent. Klink of hulle kompetisie raak vir Forever Warmbad. 

Ek het het al op vorige drade gevra wat ATKV doen met die miljoene rande se lede gelde wat die mense so goedhartig en pligsgetrou betaal. Daar word nie veel aan die oord gedoen nie....al wat ek dan aan kan dink waar die geld heengaan is miskien gee hulle subsidie aan hierdie lawaaimakers en dagbesoekers?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:46:04 pm
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ek het ook gewonder toe ek , ook by AFRIKAANSE taal en k v oord was, dat die een by die wegneem ete plek my nie verstaan toe ek sê ek soek 'n Hoender mayonaise broodjie nie?

maar net gelag binne my.  Het toe maar ingels gepraat, maar ja, net beginsel saak.  Lyk of geld maar taal en kultuur se baas raak

As ek no 2 op die foon druk om in afrkaans gehelp te word, gaan dit swak wees as die een aan die ander kant net engels kan praat en verstaan.  Wat is dan die punt van die opsie?

Sal dit help as mens al die tipe klagtes direk rig aan die ATKV? of sal dit op dowe ore val

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 13:59:28 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1011
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Ek wil net weet voor ek al my geld betaal, hoe is dit in die week by Klein Kariba, gaan van sondag tot donderdag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:06:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wil net weet voor ek al my geld betaal, hoe is dit in die week by Klein Kariba, gaan van sondag tot donderdag

Ek het laasjaar op n klomp busse afgekom in Hatfield Pretoria.  Helfte van hulle het plakaat op voorvenster gehad gemerk Buffelspoort en die ander helfte van busse Klein Kariba. Miskien maar skakel en hoor of daar sulke groepe gaan inkom. Ek persoonlik sal nie die kans vat nie en iets anders soek.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:08:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek wil net weet voor ek al my geld betaal, hoe is dit in die week by Klein Kariba, gaan van sondag tot donderdag

Dink jy moet die kans waag en nie jou geld verloor nie.

Vat die stampe en gee ons terugvoer.

Meer skiet goed kan hulle dalk laat bloei.

Sterkte

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:28:47 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1011
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Dankie sal maar gaan kyk dit sal my eerste keer wees sal  terugvoering gee, hoop vir beste , daar is tog al baie positiewe dinge voorheen gese oor die plek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:58:40 pm
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 06 May 2015

Sondae tot Vrydag baie stil maar as die naweek kom dan is dit n ander storie ek sal nie weer oor n naweek daar kamp nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 15:37:29 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4148
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ek het hierdie gedrag al meer as 2 jaar terug by Buffelspoort persoonlik ervaar, daarom sal jy my nie meer daar sien nie. Vroeer vanjaar my besoek aan Drakensville.....ook n klomp wat net ingekom het vir die dag en die plek gebruik het om te kom suip en lawaai. Toe lees ek dat die probleem by Die Eiland ook gebeur en nou Klein Kariba ook!!! Hulle naam sal ek ook maar skraap van my lys tot ek hoor hul doen iets daar omtrent. Klink of hulle kompetisie raak vir Forever Warmbad. 

Ek het het al op vorige drade gevra wat ATKV doen met die miljoene rande se lede gelde wat die mense so goedhartig en pligsgetrou betaal. Daar word nie veel aan die oord gedoen nie....al wat ek dan aan kan dink waar die geld heengaan is miskien gee hulle subsidie aan hierdie lawaaimakers en dagbesoekers?

I've heard the same about ATKV Goudini. Hope this does not spill over to Hartenbos, I'm booked in there for a month early next year 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 19:07:48 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Bak oor ek sou aanraai dat jy die oord gaan "rate".  Op daai manier raak die oord bewus dat hulle onvermoë om reels af te dwing op baie meer as net die paar mense wat daar was se ore geval het.

Leon ek was in gesprek met die algehele top bestuur vandag en presies verduidelik hoe erg die ondervinding ding was.  Daarna met hoof van sekuriteit gesels en dieselfde gedoen eerlik gesproke en niks terug gehou. Ook verduidelik watter gaste wat daar was die naweek kan geskakel kan word vir bevestiging van die probleem.

Ek wil net weet voor ek al my geld betaal, hoe is dit in die week by Klein Kariba, gaan van sondag tot donderdag

. Hannes. My ouers was daar deur die week en reken dit was rustig en het dit geniet.

Hoof van sekuriteit het my verseker daar sal nie weer do n voorval wees. Sou iemand so probleem ondervind sal hul dadelik optree. Reel is drie waarskuwings dan moet jy vertrek.

Alles goed en wel verskonings is gegee maar my ouers  (80 jaar oud) het reg langs die trawante gebly en in vrees gebly vir twee dae. Wat my ma se verjaarsdag weg breek was het in n gemors ontaard. Hulle verblyf is in goedertrou betaal. Wie betaal nou vir die ongerief.

Die man klink opreg. Maar vergoed hulle vir  verlore onkoste

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 19:53:09 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Ek so 22 jaar lid van ATKV en die ding gaan maak dat lede sal begin besin oor of dit nog die moeite werd is om lid te wees ek persoonlik hou glad nie van buffelspoort nie maar my keuse ons ook n stel afgetrap by Natalia maar hulle is later daar weg wat n jammerte die dinge word toegelaat 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 22:09:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Leon ek was in gesprek met die algehele top bestuur vandag en presies verduidelik hoe erg die ondervinding ding was.  Daarna met hoof van sekuriteit gesels en dieselfde gedoen eerlik gesproke en niks terug gehou. Ook verduidelik watter gaste wat daar was die naweek kan geskakel kan word vir bevestiging van die probleem.[quote]1012,250177450[/quote]. Hannes. My ouers was daar deur die week en reken dit was rustig en het dit geniet.

Hoof van sekuriteit het my verseker daar sal nie weer do n voorval wees. Sou iemand so probleem ondervind sal hul dadelik optree. Reel is drie waarskuwings dan moet jy vertrek.

Alles goed en wel verskonings is gegee maar my ouers  (80 jaar oud) het reg langs die trawante gebly en in vrees gebly vir twee dae. Wat my ma se verjaarsdag weg breek was het in n gemors ontaard. Hulle verblyf is in goedertrou betaal. Wie betaal nou vir die ongerief.

Die man klink opreg. Maar vergoed hulle vir  verlore onkoste

Die belofte van sekuriteit sal nou nie my besluit verander nie.  Hy sê dit seker om kontrak te behou. Soos dit vir my klink is dit maar n gereelde probleem daar.....en dan ook nie  beperk tot een ATKV oord nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 22:38:44 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1577
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Díe negatiewe terugvoer het my aptyd vir Klein Kariba nou net mooi geblus.

Het dit van "ons moet besoek" lysie afgehaal.

Dankie vir die terugvoer.

Sal, soos Jin sê, oor 'n jaar weer sien of daar positiewe terugvoer is, dan besluit heroorweeg.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 06:59:59 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 772
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Gedurende die weke is daar ook dan skoolgroepe of werk groepe vir konferensies wat ook probleme veroorsaak. Het dit Maart ervaar by Buffelspoort. Die karavaanpark was stil maar by al die geriewe soos swembaddens ens.......ja.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 07:34:07 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Dis regtig jammer. Ek is n lit van ATKV vir oor die 20 jaar. Toe die kinders klein was en nog in die skool het ek jaar na jaar by Natalia gaan kamp vir die jaarlikse see vakansie. Dit was die beste vakansies vir die kinders en die sekuriteit (veiligheid vir kinders op die strand) was een van die eerste oorwegings om by Natalia te kamp.  

Dit was dieselfde by  Buffelspoort en Klienkariba waar ons langnaweke gaan kamp het.  Soos wat die kinders begin werk het en ek en vroulief begin om sonder die kinders te gaan kamp. Ons het agter gekom ons behoefte begin verander. Die rede is dat dit net te besig en woelig is oor langnaweke / skoolvakansies omdat daar min kans is vir stilte met soeveel mense en kinders.  Sal nie omgee vir die gewoel as die kinders wil saam gaan kamp, maar as dit net ek en vroulif is soek ons nou eerder die stiller plekke (soos Matamba en n paar ander boskampleke. 

Wat ek hierbo noem oor die gewoel en die geraas (gespeel van die kinders) is normaal  en dit is soos dit moet wees by n ATKV oord geduurende n skool vakansie. 

Maar wat julle bespreek in die draad is net dood eenvoudig nie hoe dit moet wees nie. Reels is daar om orde te handhaf. Wat gee hierdie elemente die reg om dit vir die ander 99.9% so onplesirig te maak.  Gedurende Desember 2018  het ons dieselde voorval gehad by McDougle Caravaan Park op Port Noloth. Dit het so geraas (musiek) heeldag tot laat in die nag  en die volgende oggend voor 6 uur word ons wakker met n kar lang ons, deure  oop, en dis n gedoef doef dat al die venster vibreer. Dit is nou een plek waar jy dit nie kan waag om in die hutte / huisies te bly, selfs al is dit net om te oornag.  

N mens vermy sulke plekke. Jy maak n lys van plekke waar jy dit nie kan waag om te gaan kamp nie. Dit sal jammer wees as van die ATKV oorde ook op so n lys beland. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 09:13:50 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1335
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Daar was altyd 'n reël dat slegs ATKV lede as dagbesoekers toegelaat word? En selfs dan was die getalle beperk tot 'n sekere limiet waarna geen dagbesoekers meer verder toegelaat was nie, selfs al is hulle lede. Klink of die reël nie meer geld nie? 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 11:44:33 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1744
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit hang baie af van hoe die oordbestuurder sy eie reëls toepas en afdwing. Ek het al gesien hoe oordbestuurders kampeerders help om op te pak en spore te maak. Saak seker bietjie moeiliker as dit groot groepe is. Dit is egter so so belangrik dat ons as besoekers nie by sulke issues betrokke sal raak nie want jy word maklik as die rassis of die moeilikheidmaker gebrandmerk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 14:19:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar was altyd 'n reël dat slegs ATKV lede as dagbesoekers toegelaat word? En selfs dan was die getalle beperk tot 'n sekere limiet waarna geen dagbesoekers meer verder toegelaat was nie, selfs al is hulle lede. Klink of die reël nie meer geld nie? 

 

Presies....maar sekeres kry mos alles mahala. Te hel met sy lede wat getrou ledegeld moet betaal om n sekere voordeel te mag geniet.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 07:06:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14521
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En so gaan alles maar net stadig verder agter uit.  En dit is ons eie mense wat dit aan ons doen.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 20:33:21 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Magtag maar waars die manne wat altyd so ATKV! ATKV! nou??

Ek sê al hoe lank die ATKV storie val ek lankal nie voor nie, jy betaal juis deur jou ore in die naam van ATKV.. Geniet hom. Word sleg geroof deur jou "eie mense".. Interessant dat mense steeds sal betaal vir die bespreking... Dit bly my vang as ek dit hoor, mens moet betaal vir jou bespreking voor jy kan betaal vir jou vakansie.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 06:33:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14521
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis maar hoe meeste oorde werk.  Ek is tans besig om ons Des trippie te reel.  Het nou by 'n paar oorde klaar 'n bloutjie geloop van geen plek beskikbaar nie.

So dis betaal die deposito of die volgende ou vat die kamp plek.  Want die tariewe is nie so laf soos die van die Natal se kus nie.  Daar is deesdae binne seisoen altyd plek vir 'n laat bespreking weens die hoë tariewe.

Dan was ek altyd 'n voorstander van die ATKV totdat daai vroumens wat aanbeheer gekom het "AFRIKAANSE" geld wou gebruik het vir die bevordering van ander taal kulture. Toe alreeds hulle "GEPOS".  Soos ek verstaan het sy nie 9maande daar gehou nie.

Sedert besoek ek steeds die oorde.  Maar die terugvoer wat mens deesdae kry lyk dit nie meer goed nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:15:53 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1216
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Ek glo  dit is eerder die uitsondering as die reel. Daar was ook op n ander draad gepraat van hoe vinnig sekuriteit opgetree het en kampers is verwyder. Daar was maar min insette oor die sekuriteit se goeie optrede maar die betrokke kampers is sleg gese. So fokus ons maar altyd op die negatiewe en kyk die positiewe skoon mis. Vinnig om die eerste klip te gooi.

Net verbasend dat die ATKV oorde altyd vol bespreek is oor naweke. Maar nou ja soos Leon Schuster se "hoe bome vang die meeste wind" 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:57:00 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Wat ek nie van Klein Kariba hou nie, is die stof en grond om die staanplekke.. En dan kom blaas hul kamma die stof en blare weg en meer stof in die lug om jou wa...

Die skadu nette help seker maar as dit reen is dit onaangenaam sekerlik en modder?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 08:25:25 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer. Ek het daar gekamp oor Desember. Erg gereën en om my was net modder. By gesê het ek van die duurder stands geboek heel bo nader aan swembad. Net gatvol geraak en twee dae vroeër huis toe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 11:51:10 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Brommer. Ek het daar gekamp oor Desember. Erg gereën en om my was net modder. By gesê het ek van die duurder stands geboek heel bo nader aan swembad. Net gatvol geraak en twee dae vroeër huis toe.

Soms kan n mens nie anders nie as om te ry.

Wat eintlik verkeerd is.

Het dit ook al gedoen.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:14:52 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk, as klein kariba mooi gras om daai plaveisel staanplekke het is dit sekerlik lekker. Maar ek wil nie my tent onder daai seile opslaan nie... Ons het wa net onder die seil getrek ver agtertoe en maar so gekuier en is steeds maar vrek warm onder daai seil.

Dis vir my baie moeilik om soveel geld te betaal vir wat mens kry, ek betaal eerder selfs meer maar gee my ordentlike grasperk en netjiese oord, dan is ek baie gelukkig.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 21:48:49 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Soms kan n mens nie anders nie as om te ry.

Wat eintlik verkeerd is.

Het dit ook al gedoen.

 

Het op daardie stadium na die weer voorspelling gekyk en dit sou nog so reen vir ongeveer 4 dae. Liewer pak en ry. Met daardie gietende reën kan jy elk geval niks meer doen as om alles nog meer vuil te maak.

Dit bly n mooi kamp, n lekker kamp en ek vertrou bestuur gaan dinge bietjie opskerp. Sal moet want ATKV raak verouderd en ander kampe lyk baie meer aanloklik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 07:55:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14175
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Op die ou einde is dit seker maar soos Ford ry......baie kla oor hom, maar op die ou einde geniet/ry die oormeerderheid kampeerders hom nog steeds. Selfde met KK....baie kla, maar die meeste mense geniet dit nog steeds daar. Elkeen het seker maar sy griewe en voorkeure en moet seker maar self besluit of hy met sulke toestande lekker kan kamp of nie.  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 08:39:08 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 772
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Op die ou einde is dit seker maar soos Ford ry......baie kla oor hom, maar op die ou einde geniet/ry die oormeerderheid kampeerders hom nog steeds. Selfde met KK....baie kla, maar die meeste mense geniet dit nog steeds daar. Elkeen het seker maar sy griewe en voorkeure en moet seker maar self besluit of hy met sulke toestande lekker kan kamp of nie.  

Geert, dit is absoluut die waarheid. My kinders geniet weer Buffelspoort, aangesien daar soveel vir die kleinkinders is om te doen. Ek hou natuurlik nie van die "besige" plekke nie. Die standplase is ook opmekaar en as dit vol is dan is dit chaos. Gelukkig kan ek buite skoolvakansies gaan kamp.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 17:41:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het op daardie stadium na die weer voorspelling gekyk en dit sou nog so reen vir ongeveer 4 dae. Liewer pak en ry. Met daardie gietende reën kan jy elk geval niks meer doen as om alles nog meer vuil te maak.

Dit bly n mooi kamp, n lekker kamp en ek vertrou bestuur gaan dinge bietjie opskerp. Sal moet want ATKV raak verouderd en ander kampe lyk baie meer aanloklik.

Dan sou ek dit ook gedoen het.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required