English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 891
topics: 4 048
replies: 28 014
views: 17 129 389
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 395
replies: 10
views: 1 708

ATKV Klein Kariba - Desember

replies: 12
views: 5716
01 Oct 2015 @ 11:11:19 am
Anonymous

Ek wil graag hoor wie was al by ATKV Klein Kariba vir die Desember vskool vakansie ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 11:32:27 am
Hennie
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 28 Feb 2013
Experience: 18 years
Wilsur ek was jare gelede tussen kersfees en nuwejaar daar. Dit was 'n malhuis maar die kinders het dit geniet. Swembaddens was altyd vol en le plek langsaan swemplek was maar baie skraal. Baie mens het al baie vroeg hul sambrele en gazibos op die grasperk opgeslaan dus as jy gewone tyd daar kom was daar net hier en daar plek oop
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 12:49:50 pm
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 41 years

Hi Willem,

Gereeld Desember daar gekamp en Hennie som dit goed op. Die kinders het dit egter ongelooflik geniet en ja, dit was nooit sooo vol dat jou "lebensraum" betree word nie.

Die ablusies kan dit hanteer en ons het nie daar probleme gehad nie.

Volop vermaak word aangebied, vertonings deur baie goeie kunstenaars tot 3 x 'n week en tog is daar bo en behalwe die swembaddens genoeg ander goed waarmee mens jou kan vermaak.

Ons het ook gevind dat die samedromming meestal om die Lou swembad plaasvind maar daar is genoeg plek om die ergste crowd te vermy.

Bestuur het ook nie enige stront van gesuiptes en raasgatte gevat nie en 'n Bende 18-20's is binne minute met tente, drankbottels en Jukebox buite die hek afgelaai en hulle ouers gebel om hulle daar langs die pad te kom haal.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 12:52:20 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
My swaer gaan gereeld daai tyd soontoe of Buffelspoort....hy s dis goed aan die gang, maar hy geniet dit nog elke keer. Sommige mense verpes dit en ander geniet dit. Ek reken dit kan lekker wees....almal is in n vakansie mood en geniet hulself. Voordeel daar is natuurlik geen ongewenste gaste wat hul misdra nie en onaangenaam maak nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 12:56:56 pm
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 27 years
Ons het lanklaas daar gestaan oor Desember maar toe die kinders op huis was elke jaar vir twee weke staanplek bespreek. Hulle kinder aktiwiteite oor Desember is uit die boonste rake gewees.
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 14:27:29 pm
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 41 years

Hi Maters,

Ek is ook maar vol stront wat betref "overcrowding" en knaende bure maar het nog nooit rêrig beswaard geraak daar by Klein Kariba nie.

Geen rede om vir iemand met klein of skoolgaande kids af te raai om nie te gaan nie.

As jy en Ma egter stilte en rus en Vrede soek -- nie heeltemaal Klein Kariba in Desember.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 14:44:38 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6324
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Was jare terug daar, weens die toe trappery en baie mense nie weer die plek besoek nie.
Sal eerder in n mid week gaan sodra ek tyd het, maar vir kinders is dit n jol.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 15:04:02 pm
Anonymous

Ons was nou vir 2 jaar Desember by die Eiland Spa en hierdie jaar gaan ons Desember Hartenbos toe.

Van laas Woensdag tot Maandag het ons by Klein  Kariba gestaan en dit baie geniet, so het ons 'n paar kamp staanplekke aan geteken want November moet die ATKV lede vir Desember 2016 bespreek, daarom die vraag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 18:24:53 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4303
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Was ook al daar vir vakansie oor Dese,ber tot net voor Kersfees.. was nie so erg nie, besig ja, maar almal geniet hulself.. joeg, om so lank vooraf te bespreek is maar vir my baie snaaks.. maar ja, as jy moet, dan moet jy..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 19:09:53 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
November word gewoonlik alles bespteek al vir die volgende jaar se Desember
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 20:27:00 pm
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 122
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 11 years

Wilsur kyk na weesgerus

WEES POSITIEF EN DINGE SAL GEBEUR
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 20:50:14 pm
Anonymous

Wilsur kyk na weesgerus

Naand

Het julle uitgevind ?

Wat is die koste daar en wat se aktiwiteite bied hulle ?

Wat nog ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2015 @ 09:13:38 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Willem, ek neem aan jy,s ATKV lid dan moet mens maar jou afslaggie gebruik. Al die plekke het net biekie ver ve my geword.. ve di jaar. Sal weer vorentoe kyk. Elma moet eers verlof opbou want sy moes verlede jaar verlof vooruit vat omdat ons bespreek en betaal was.
Ons is ook baie mal oor ATKV se oorde, jammer hulle is so flippen duur oor desember. Ons sal nie dit kan bybring na verlede jaar se fiasko nie. Het al by al hulle oorde gekamp behalwe goudini. Hulle was elke jaar as ons kaap toe moes gaan volbespreek, dan het ons by die Holland se molen gekamp. Ook n nice plek. Slegs ve ou europeers.
Persoonlik hou ons die meeste van Natalia en binneland van klien kariba.
Enigdte probleem met klein kariba, daars te veel blou bulle wat daar kamp.... hehehehe
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First