English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 644
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 646
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV EILAND

replies: 11
views: 303
25 Aug 2020 @ 12:53:52 pm
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 06 May 2015

Goeiedag mense wie het onlangs by ATKV Eiland gekamp en wat is toestand van die oord. Dankir

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2020 @ 14:02:51 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 809
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ons het onlangs daar gekamp.  Ek gee n paar indrukke

01   Uiters netjiese geriewe-blokke

02   Pragtige swembaddens, binne en buite

03   Heerlik gestaan teenaan die bruggie na die swembad-area

04   Uiters lekker winkel

05   Maar : Ek moet noem dat daar twee of meer busse was met skoolkinders (sommiges lyk of hulle al ouer as normaal-skool kan wees) wat in die huisies geslaap het. Hulle het somtyds so in die swembad geraas dat die vrede ontstig is. Ek gee nie om dat daar ander kuture in ons land is nie, maar net soos EK ander kulture respekteer behoort hulle ook respek te hê vir mense wat nie hou van onnodige geskree en hard pratery nie.  Dit was soooo duidelik dat daar te alle tye TWEE groepe in die swembad was, die een groep aan die een ent, die ander groep aan die ander ent, elkeen by sy eie keuse van kultuur. 

Maar as n oord = 100%

Onthou bietjie, die Kaap het kampe, julle in die Noorde het OORDE. Groot verskil.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 12:39:22 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

ATKV Eiland die beste oord in die noorde

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2020 @ 16:10:37 pm
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 06 May 2015

Ons het onlangs daar gekamp.  Ek gee n paar indrukke

01   Uiters netjiese geriewe-blokke

02   Pragtige swembaddens, binne en buite

03   Heerlik gestaan teenaan die bruggie na die swembad-area

04   Uiters lekker winkel

05   Maar : Ek moet noem dat daar twee of meer busse was met skoolkinders (sommiges lyk of hulle al ouer as normaal-skool kan wees) wat in die huisies geslaap het. Hulle het somtyds so in die swembad geraas dat die vrede ontstig is. Ek gee nie om dat daar ander kuture in ons land is nie, maar net soos EK ander kulture respekteer behoort hulle ook respek te hê vir mense wat nie hou van onnodige geskree en hard pratery nie.  Dit was soooo duidelik dat daar te alle tye TWEE groepe in die swembad was, die een groep aan die een ent, die ander groep aan die ander ent, elkeen by sy eie keuse van kultuur. 

Maar as n oord = 100%

Onthou bietjie, die Kaap het kampe, julle in die Noorde het OORDE. Groot verskil.

Baie dankie 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2020 @ 06:48:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17416
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het onlangs daar gekamp.  Ek gee n paar indrukke

01   Uiters netjiese geriewe-blokke

02   Pragtige swembaddens, binne en buite

03   Heerlik gestaan teenaan die bruggie na die swembad-area

04   Uiters lekker winkel

05   Maar : Ek moet noem dat daar twee of meer busse was met skoolkinders (sommiges lyk of hulle al ouer as normaal-skool kan wees) wat in die huisies geslaap het. Hulle het somtyds so in die swembad geraas dat die vrede ontstig is. Ek gee nie om dat daar ander kuture in ons land is nie, maar net soos EK ander kulture respekteer behoort hulle ook respek te hê vir mense wat nie hou van onnodige geskree en hard pratery nie.  Dit was soooo duidelik dat daar te alle tye TWEE groepe in die swembad was, die een groep aan die een ent, die ander groep aan die ander ent, elkeen by sy eie keuse van kultuur. 

Maar as n oord = 100%

Onthou bietjie, die Kaap het kampe, julle in die Noorde het OORDE. Groot verskil.

Dis jammer....lyk my die dagbesoekers wat via busse aangery word raak n gewoonte by ander ATKV oorde ook. Lyk my daai reel dat jy ATKV lid moet wees om n dagbesoek te doen bestaan nie meer nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 10:11:42 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons is tans by die Eiland en dis rustig.

Alles werk en jy staan met elke plek weerskante van jou oop.

Ablusies afgebaken vir afstand tussen gebruikers. Elke tweede wasbak is oop vir gebruik. Word gereëld skoongemaak.

Vind sommige mense roekeloos wat tussen ander ingaan sonder maskers. Ek is nie paranoïes oor die virus nie, maar dit is realiteit en mens neem ander in ag. Meeste mense hier is in die risiko groep op grond van ouderdom.

Restaurant is 'toe' maar oop vir basiese spyskaart wegneemetes.

Oorhoofs is die Eiland gees teenwoordig.

..........en die rolbal ouens begin Saterdag ernstig speel.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 11:55:54 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Sommige mense is lyk dit my, net te dom om te verstaan.  Kyk bietjie na die mense wat die gesigmasker simbolies oor hulle kenne drapeer terwyl hulle neuse en soms ook die mond, oop is.  Wat dink hulle, of dink hulle enigsins?  Dit sal interessant wees om te weet hoeveel van die mense wat wel die virus opgedoen het, hulle self voldoende beskerm het.  Ek vermoed in baie gevalle is hulle die produk van hulle eie onnoselheid en dwarstrekkerigheid.  Hulle moet maar maak soos hulle wil, maar wat my kwaad maak, is dat hulle ook my in gevaarstel.  Deskundiges sê immers die masker beskerm ander mense meer (teen jou moontlike virusse) as wat dit jou beskerm.  Winkel en sentrumpersoneel lyk dit my verstaan dit ook nie altyd nie wat ek sien gevalle waar mense met oop neuse toegelaat word, solank hulle maar 'n masker êrens in die omgewing van hulle gesigte het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2020 @ 15:57:09 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Dis jammer....lyk my die dagbesoekers wat via busse aangery word raak n gewoonte by ander ATKV oorde ook. Lyk my daai reel dat jy ATKV lid moet wees om n dagbesoek te doen bestaan nie meer nie. 

Dit is 'n ooreenkoms wat die ATKV se plaaslike bestuur met die gemeenskap het.

Skole word per vooraf reëling gedurende die week in die oord akommodeer.

Dit is hoekom daar nog nie (wat ek van weet) 'n plaaslike toeloop tot die oord was nie.

Uiteraard word oordtoegang streng beheer oor naweke en skoolvakansie tyd.

Daar is ook soms skole van ander dorpe soos Pietersburg Hoërskool wat ook die oord besoek met skool ontwikkelingsprogramme. Hulle gil en jil ook maar wanneer hulle by die waterglybaan afrits of in die swembad speel.

So dit is nie net 'ander skole' se kinders nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2020 @ 22:56:08 pm
Malan
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 26 Apr 2007
Experience: 28 years

Watter roete word aanbeveel van Tzaneen na Die Eiland, en, Vanaf Phalaborwa hek na Die Eiland?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 08:50:12 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is maar net een roete.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 12:44:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Watter roete word aanbeveel van Tzaneen na Die Eiland, en, Vanaf Phalaborwa hek na Die Eiland?

Daar is 4 roetes.

1 van Phalaborwa direk by Eiland verby (Phalaborwa/Giyani pad) is slegte grondpad heel pad. Nie vir 'n wa sleep nie.

2 van Phalaborwa na Gravelotte R71, dan teerpad tot die eerste Eiland afdraai na regs (8,6 km vanaf Gravelotte). 15km grondpad, nie te sleg nie maar ek sal nie pad wa daaroor sleep nie.

3 van Phalaborwa na Gravelotte R71, regs by T na Letsitele/Tzaneen op R71. Eiland uitdraai na regs net voor die Letsitele pad links uitdraai 25km vanaf Gravelotte. Teerpad tot in die oord, maar.....die boere het sitrus aangery pakhuise toe en daar is heelwat slaggate. Van dit is in die week reggemaak, maar die pad stamp maar en daar was Sondag nog heelwat slaggate.

4 van Phalaborwa na Gravelotte, draai regs op die Tzaneen pad R71. Ry by eerste twee Eiland afdraaie verby, oor die 3 rigting stop en oor die Letaba rivier. Neem die R529 na Giyani (regs uit die R71, 27km uit Gravelotte). Ry tot by die Caltex garage en draai daar regs om oor die Letaba rivier te ry. Daar is 'n bordjie wat Eiland aandui na regs. By vier rigting stop draai links in die Hans Merensky nature reserve road tot by Eiland se ingang. Alles goeie teerpad.

Die keuse is tussen roete 3 en 4. Ek gebruik roete 4. Dit is goeie teerpad tot by die oord en net 2km verder, sonder slaggate.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 15:11:45 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die beste en kortste pad is die pad wat jy ken.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za